"Hart op my mou" deur Marlie Breet

  • 0

Hart op my mou

Al was jou hele hart vandag
in die duisend voue van jou mou
sou my oë
sag toegeknyp wees.

Want ek glo nie jy wil sien
as hartswater
van die ruite afdrup
en dit wat jy vrees reflekteer.

En ek glo nie ek wil hoor
wat die rigting van die ritme
aandui nie.
Soos ’n sielsverre dreuning.

Maar droom jy aan,
ek sal jou êrens raakloop.
Tussen dinge wat verby is

en melodieë met kommas.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top