"Soos berge" deur Marlie Breet

  • 0

Soos berge

Ek skryf nie gedigte nie
net soms as die reën
harder is as die gif uit jou mond
en die natuur se geween

Ek skryf nie gedigte nie
net wanneer dit jou dag is
en ek niks anders wil gee
as iets wat jy nooit sal kan uitwis

Ek skryf nie gedigte nie
net as ek rêrig iets moet sê
soos ek hou van jou hart
en die plek waar jou drome
soos berge rondlê.

Ek dink nie aan jou nie
net soms met die laaste lugballon
terwyl die maan groter skyn
as die son.

Ek dink ook nie aan jou nie
net wanneer jou oë myne vang
en ek weet ek moet eintlik onthou
jou daar wees, jou weggaan
maak my bang.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top