Marike van der Watt verwerf die grade B Rekeningkunde (US) en Hons B Compt (Unisa), waarna sy haar SAIGR-klerkskap voltooi. In 2014 ontvang sy ʼn meestersgraad in vertaling (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch, met haar tesis getiteld: Die Afrikaanse bestemming van CS Lewis se The Voyage of the Dawn Treader.
Sy is is tans besig met haar PhD in vertaling aan die Universiteit van Stellenbosch en die Katholieke Universiteit Leuven, met Nederlandse vertalings van Afrikaanse prosa as onderwerp.