Koos Malan

Koos Malan is ’n konstitusionele juris van Pretoria en ’n genoot van Sakeliga.

Sy publikasies sluit in:

Politokrasie – ’n peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop. Pretoria: Pretoria University Law Press, 2012. (Die publikasie is vrylik op die internet beskikbaar, ook in Engels.)

There is no supreme constitution – a critique of statist-individualist constitutionalism Stellenbosch: African SUN Media, 2019.

Studente-inleiding tot die konstitusionele reg saam met Ilze Grobbelaar-Du Plessis, 2022.

Government transition under the Constitution without an outright party-political victor

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis Academic research 2024-08-15

"In consequence, the formation of a new government following a national election that fails to produce an outright victor might henceforth necessitate coalition governments with all its accompanying political and constitutional complexities."

Regeringsvorming kragtens die Grondwet sonder ’n volstrekte partypolitieke wenner

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-08-15

"Ofskoon die Suid-Afrikaanse Grondwet deeglik voorsiening maak vir ’n veelpartydemokrasie, het sterk politieke kragte meegebring dat die land vir die afgelope 30 jaar ’n tipiese eenparty-oorheerste stelsel onder aanvoering van die regerende African National Congress (ANC) was."

Die transformatiewe reis ná veragtering: vervangende regerings in die plek van die regime

Koos Malan Seminare en essays 2023-11-29

"Die huidige ANC-regime ly, soos in ’n vorige bespreking verduidelik, konstant verlies van regeermiddele en regeer gevolglik oor al hoe minder."

"Suid-Afrika" se bewindsveranderings – vervangende regerings in ’n ontbindende orde

Koos Malan Seminare en essays 2023-10-05

"Vanweë die agteruitgang van die sentrale regime groei daar ’n verskeidenheid van vervangende regerings, maar terselfdertyd ook talle streke waar daar geen regering en georganiseerde reg meer is nie. Die uitwerking hiervan is dat 'Suid-Afrika' al hoe meer ’n abstraksie word, en as ’n daadwerklike staat en konstitusionele bestel algaande vervaag."

Van ongelykheid tot nuwe ongelykheid – van wit minderheidsoorheersing na ’n swart oligargie

Koos Malan Seminare en essays 2023-08-31

"Hoe suksesvol was die ANC oor die afgelope bykans 30 jaar ooreenkomstig sy ideologie en op gesag van die Grondwet om die ongelykheid van die verlede met gelykheid te vervang?"

Vryheidsdag 2023: Die nuwe energie vir federalisme en selfregering

Koos Malan Seminare en essays 2023-04-26

"Veral federalisme kry besondere aandag. Dit spreek boekdele van die veranderende politieke klimaat in Suid-Afrika, en veral van die ANC wat sy hegemonie oor konstitusionele denke soos hy dit in die 1990’s gevestig het, verloor het."

Die gewaande Suid-Afrikaanse wonderwerk: tyd vir bestekopname

Koos Malan Seminare en essays 2023-04-04

"Al die redes vir die uitbundige uitgelatenheid van bykans 30 jaar gelede oor die Nuwe Suid-Afrika wat die wêreld so gaande gehad het, het verdwyn: die 'beste grondwet in die wêreld'; die reënboognasie; gelykheid; menseregte en demokrasie."

Regter Norman Davis se dapper uitspraak

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis Seminare en essays 2020-06-11

"Behalwe dat ’n regulasie vanweë irrasionaliteit ongrondwetlik mag wees, kan dit ook om ’n ander en trouens nog meer gewigtige rede ongrondwetlik wees. Dit is wanneer regulasies op enige van die regte kragtens die handves van regte inbreuk maak."

Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg

Koos Malan LitNet Akademies (Regte) 2015-03-26

Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.

'n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet

Koos Malan 2012-01-25 “Indien die Suid-Afrikaanse grondwet oor ’n taalklousule beskik het wat in besonderhede uiteengesit het op welke wyse die inheemse tale hanteer en bevorder moet word, kon dit ’n belangrike rol gespeel het om hierdie tale te ondersteun en verengelsing teen te werk.”
Top