Karin Prinsloo-Stuart

Karin Prinsloo is in 1967 in Ladysmith, Kwa-Zulu Natal, gebore. Sy het in 1985 by Ladysmith Hoërskool gematrikuleer, waarna sy Durbanse Onderwyskollege toe is omdat haar pa te suining was om haar universiteit toe te stuur waar sy Afrikaans/Nederlands wou gaan studeer het.

By die Onderwyskollege het sy meer gesing en ge-“perform” as geleer, maar kon darem slaag om ‘n werk by die destydse Republikeinse Pers (Perskor), in Durban, los te slaan, danksy haar liefde en natuurlike aanleg vir Afrikaans en ander tale.

Hier het sy gewerk tot en met 1999, met die Caxton-Perskor oorname. Haar laaste pos was Produksieredakteur by ‘n weeklikse vrouetydskrif. Sy is hierna ‘n geleentheid deur die Dept van Arbeid aangebied, om opgelei te word as een van die eerste Vaardigheidsontwikkeling-fasiliteerders en Assessors in Suid Afrika, waarna sy as konsultant by die Dept van Onderwys en die Dept van Ekonomiese Ontwikkeling, Vaardigheids-ontwikkelingprojekte dwarsoor Kwa-Zulu Natal bestuur het, as deel van die eerste 5 jaarplan in die NSDS – “National Skills Development Strategy.”

Na persoonlike trauma in 2007, trek sy haar Zoeloelandwortels uit en verhuis sy Kaap toe waar sy tans ‘n Opleidingskonsultant by ‘n groot lewensversekeraar is.

Karin woon in Milnerton, Kaapstad, saam met haar lover en haar vier honde.

Les

Karin Prinsloo-Stuart 2013-08-15

" ’n ode aan alles
skryf die bekende
lesbetariër
sy dig haar lyf
en geswelde oë toe
aan laat nagte, vroue
en wyn"

Haikoe-kompetisie: Haikoes deur Karin Prinsloo-Stuart

Karin Prinsloo-Stuart 2012-11-28 Karin Prinsloo-Stuart se haikoes vir ons haikoe-kompetisie.

Vryboer

Karin Prinsloo-Stuart 2012-07-10 Karin Prinsloo-Stuart se kort en kragtige waarskuwing vir 'n boerevryer wat 'n gevaarlike perd wil opsaal.

leibeurt

Karin Prinsloo-Stuart 2012-05-24 'n Treffende gedig deur die belowende digter Karin Prinsloo-Stuart

Domina

Karin Prinsloo-Stuart 2012-05-24 Karin Prinsloo-Stuart dig oor 'n domina

geil

Karin Prinsloo-Stuart 2012-05-14 die meisie agter die till by kwikspar is ’n pragtige rooibek-ding ...
Top