
Vlughaikoe
Skoenlappervanger
vlugvoetige met sy net
reënboog vasgepen
Waaihaikoe
mannetjieswind, stout
gryp en ruk my klere rond
hy lag, en ek keer
Vleghaikoe
voetgevleg lê ons
lam in elke sin, verwoord
mekaar se lywe
Sorghaikoe
lyntjies langs jou oë
maak jou weerloosheid bekend
ek sal na jou kyk
Broodhaikoe
die slet op die hoek
se kinders is honger tuis
hulle wag vir brood
Skaamhaikoe
yin en yang gevleg
sy kop op haar sagte deel
hul skaamlê is soet
Hoophaikoe
laat in die nanag
vloei hartwoorde uit haar hand
en omskryf sy hoop
Hoophaikoe 2
daar is hoop sê hy
haar hart bokspring in haar bors
daar waar lewe is
Jaghaikoe
die jakkalsjagter
jag sy woorde elke nag
tot hy hulle vang
Alleenhaikoe
kyk hoe lyk alleen
een blaar aan die vyeboom
geen vrug hierdie jaar
Rookhaikoe
sy het eers gaan rook
toe koffie met melk gemaak
nou skryf sy oor hoop


