SteedsDink met LitNet Akademies: Juanita M Pienaar oor haar akademiese navorsing
2025-02-27In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor onder meer Artikel 25 van die Grondwet en die Onteieningswet, onregmatige besetting van grond, en eiendomsreg en toegang tot grond. Sy lewer ook kommentaar oor inheemse reg teenoor ’n Westerse benadering, die multidimensionele aard van regstudies en of Afrikaans ’n toekoms in die reg het. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Juanita M Pienaar: grondhervorming
2025-02-27Grondhervorming is omstrede, kompleks en multidimensioneel. In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor die wat, hoekom en hoe van grondhervorming en die kardinale rol van ons howe. Artikel 25 van die Grondwet word onder die loep geneem. Juanita vertel ook meer oor haar loopbaan en haar jongste navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Staatsvoogdyskap van grond: ’n realistiese voorstel vir effektiewe grondhervorming?
2021-06-10"Behalwe dat dit teenstrydig is met basiese beginsels van investering in eiendom en in die land om individuele en kollektiewe vooruitgang en groei te bewerkstellig, om armoede te verlig en werkskepping te bevorder, herinner dit sterk aan die ou apartheidsbenadering waar grond dikwels in trust gehou is en privaateiendomsreg vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners ongeoorloof was."
LitNet Akademies Weerdink: Grondhervorming, onteiening en artikel 25 ‒ stand van sake
2020-10-24Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met aktuele sake. Juanita Pienaar bied ’n oorsig van die nuutste ontwikkelings met betrekking tot die grondhervormingsdomein, naamlik ’n gewysigde Onteieningswetsontwerp.
LitNet Akademies Weerdink: Grond
2019-12-09"Grondonteiening sonder vergoeding" in 2019. Kan grondhervorming buite die raamwerk van die Grondwet plaasvind? Wat is die kategorieë grond wat hier ter sprake is? Grondwetlik beskou, is "grond" dieselfde as eiendom?
Land reform: Is expropriation without compensation the magical “silver bullet” or is it a (calculated) shot in the dark?
2019-10-10“This contribution explores the recent developments in light of the land reform programme, in particular whether expropriation with nil compensation is indeed the solution so desperately needed.”
Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese “silwer koeël” of is dit ’n (berekende) skoot in die donker?
2019-10-09“Hierdie bydrae ondersoek die moontlikheid of die onlangse ontwikkelings, spesifiek onteiening sonder vergoeding, inderdaad grondhervorming gaan bevorder.”
Onteiening sonder vergoeding: voorvereiste vir suksesvolle grondhervorming of populisme?
2018-01-18"Wat behels onteiening? Wat is die wesenselemente daarvan? En wat is die grondwetlike en ander – verreikende – implikasies van so ’n stap?"
Een honderd jaar later: die Swart Grond Wet 27 van 1913
2013-05-21 "Wat was die impak van die Swart Grond Wet en hoe word die nalatenskap daarvan vandag in regstegniese sin aangespreek?"
Die betekenis van ’n ontneming weens ’n rasdiskriminerende wet of praktyk vir doeleindes van die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 – ’n oorsig van ontwikkelings in regspraak
2012-09-14"Behalwe die formele of drempelvereistes vir die instel van ’n suksesvolle grondeis, moet daar ook aan die regsvereistes voldoen word. Laasgenoemde behels dat ’n persoon geregtig op herstel van ’n reg in grond is indien hy of sy ’n persoon (of gemeenskap) is wat na 19 Junie 1913 van ’n reg in grond ontneem is 'as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het'."

