Jo-Marie Claassen

Jo-Marie Claassen het in 2001 as medeprofessor by die Departement Antieke Studie, Universiteit Stellenbosch, uitgetree en is tans medeprofessor emerita in daardie Departement. Sy het in 1985 die DLitt-graad aan dié universiteit behaal, waar sy sedert 1979 as voltydse dosent gedien het. Sy is internasionaal bekend vir haar navorsing oor die ballingskapspoësie van die Romeinse digter Ovidius en het, benewens twee akademiese boeke, bykans 100 artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer. Haar loopbaan het as taalonderwyseres begin, ná ’n Stellenbosch-BA en ’n onderwysdiploma van die Universiteit Kaapstad. Van 1967 af het sy vir ongeveer 11 jaar in verskeie Klassieke poste waargeneem en ook die honneurs- en magistergrade in Latyn aan Stellenbosch behaal. Sy het sodoende wye ervaring in die doseer van ’n breë spektrum van vakke opgedoen, van onderrig in Beginnerslatyn tot die doseer van Romeinse en Griekse geskiedenis, letterkunde, kuns en argitektuur, asook metodiek van Latynonderrig en verskeie nagraadse modules in Latyn en Klassieke Kultuur. Sy het rekenaargesteunde onderrig in Latyn by die universiteit ingebring. Sy was saam met ’n kollega betrokke by die ontwerp van ’n vernuwende kursus in Klassieke Regskultuur en saam met verskeie kollegas betrokke by die skryf van verskeie tweetalige (Afrikaans en Engels) kommentare op Latynse leesboeke. Sy het in samewerking met ’n kollega van die Departement Afrikatale ’n insgelyks tweetalige Latynse leesboek oor die Afrika-held Hannibal voorberei, maar met ’n veeltalige woordeskat wat vyf Afrika-tale insluit. Sy het so pas uitgetree na sowat 30 jaar diens as landswye moderator van Matrieklatyn. Haar betrokkenheid by die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika het onder andere, lank vóór 1990, ingesluit die afbreek van rassegrense in sy lidmaatskapsvereistes en die aanbied van drie nierassige Latynolimpiades. Sy het in 2013 ’n Engelse vertaling van Louw se Germanicus op die internet gepubliseer. Benewens voortdurende navorsing, wy sy haar sedert haar aftrede aan gemeenskapsdiens. Sy en haar man het twee kinders en twee kleinkinders.

Leentjie wil weet

Jo-Marie Claassen Menings 2021-04-23

“Ek verstaan, Oupa. Liewe Jesus wil hê Oupa en Ouma moet liewer by die huis bid?”

Die "goeie ou dae" in die onderwys was nie altyd so goed nie

Jo-Marie Claassen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-12-01

"Korrupsie is nie ʼn nuwe ding in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie. En minister Angie Motshekga tree baie strenger as haar destydse voorganger op."

Edvard Munch se beroemde skildery, Moeder Natuur se kreet

Jo-Marie Claassen Menings 2020-07-14

"Help die wêreldwye grendeltyd ons nie tans om die natuur se balans te herstel nie? Of is die pandemie Moeder Natuur se wraak op die onbesonne mensdom se vernietiging van natuurlike bronne ...?"

Die plaagdokter: "Doctor Schnabel"

Jo-Marie Claassen Seminare en essays 2020-05-19

"Die dood is tydens die Pes alomteenwoordig; die vreemde 'voël' word telkens gewaar, op pad na waar mense die siekste is, soos wat die dokter die sterwendes besoek."

The Odyssey of Homer: A Southern African Translation deur Richard Whitaker: ’n lesersindruk

Jo-Marie Claassen Lesersindrukke 2018-07-12

"Wat maak Whitaker se nuwe vertaling van die Odusseia in Engels en in versmaat dan iets besonders vir Suid-Afrikaners?"

A classicist’s analysis of the verse drama Germanicus by the Afrikaans poet N.P. Van Wyk Louw as a portrayal of power and powerlessness

Jo-Marie Claassen Academic research 2017-12-20

"The author concludes that the drama is both contemporary and timeless: Louw’s ideas about power and powerlessness are as much applicable to the present South African political scene (and that of the world) as it was to the political circumstances of his own era."

’n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as ’n beeld van mag en onmag

Jo-Marie Claassen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-12-20

"Hierdie artikel ondersoek die mate waarin N.P. Van Wyk Louw se Germanicus (1956) sy hoofbron, ’n werk van die Romeinse geskiedskrywer Tacitus, vernuwend aanwend, met klem op sy uitbeelding van mag en onmag."

Top