J.A. Schlebusch

Jan Adriaan Schlebusch is in 1989 in Bloemfontein gebore. Hy het grootgeword op ’n beesplaas naby aan die stad. Aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi hy in 2010 ’n BA (Teologie), in 2011 ’n BA Honneurs (Latyn) en in 2013 ’n MA (Filosofie). In 2018 gradueer hy met ’n PhD (Teologie) aan die Rijksuniversiteit Groningen in Nederland. Die titel van sy doktorale proefskrif is “Strategic narratives – Groen van Prinsterer as nineteenth-century statesman-historian”. Hy is as navorser verbonde aan die Departement Sistematiese en Historiese Teologie by die Universiteit van Pretoria.

Groen van Prinsterer as vader van Christen-demokratiese politiek en sy rol in die konsolidasie van die grondwetlike demokrasie in Nederland

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-01-26

"Sy nalatenskap as die vader van die Christen-demokratiese politiek is vandag nog in Nederland merkbaar. Daar is tans in die Nederlandse parlement nog verteenwoordigers van die Staatkundig Gereformeerde Partij wat, in die gees van, en volgens soortgelyke beginsels as dié van Groen, openlik ’n Christelike staat voorstaan."

The positive reception of Seneca's doctrine of providence during the Protestant Reformation as narratively sanctioned

J.A. Schlebusch Academic research 2020-06-15

"The positive appreciation of Seneca’s doctrine of providence was an outstanding example of the Reformers’ theological and philosophical appreciation of pre-Christian paganism."

Die narratiewe bekragtiging van die positiewe ontvangs van Seneca se voorsienigheidsleer tydens die Protestantse Kerkhervorming

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-06-15

"Die vraag wat Seneca in hierdie werk beantwoord, gaan dus nie bloot oor waarom bose of slegte dinge as sulks bestaan nie, maar spesifiek waarom dit oor goeie mense se lewenspad kom, ’n vraag wat hy beantwoord deur die idee van bonatuurlike voorsienigheid of bestiering teen die idee van toeval te verdedig."

The political eschatology of Groen van Prinsterer and its impact on Christian conservatism in the USA

J.A. Schlebusch Academic research 2019-10-30

“Nonetheless, with Groen there is no hard distinction between past, present and future, and these interplay in his worldview as reflected in his writings.”

Die politieke eskatologie van Groen van Prinsterer en die impak daarvan op Christelike Konserwatisme in die VSA

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-30

“Groen van Prinsterer was ’n baanbreker in terme van die ontwikkeling van ’n optimistiese Christelike politieke eskatologie in die 19de eeu.”

Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, J.A. Schlebusch Onderhoude 2019-08-29

"Ek het die radikale politieke omwenteling in ons land gedurende die 1990’s as ’n kind meegemaak." Pieter GR de Villiers gesels met JA Schlebusch oor sy artikel.

Racism, nationalism and the Reformed tradition: a narrative approach

J.A. Schlebusch Academic research 2019-07-15

"The primary sources bear witness to the fact that, despite historical and contextual differences, in the Reformed tradition there was an abiding undercurrent of racial thinking involving the sentiment that people of European descent formed a separate race, even as descendants of Japheth."

Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n narratiewe benadering

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-07-14

"Die hoop is dat daar binne die Gereformeerde tradisie toenemend herbesinning sal plaasvind ten opsigte van die narratiewe bekragtiging van gangbare standpunte aangaande rassisme en nasionalisme."

Top