J.A. Schlebusch

Jan Adriaan Schlebusch is in 1989 in Bloemfontein gebore. Hy het grootgeword op ’n beesplaas naby aan die stad. Aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi hy in 2010 ’n BA (Teologie), in 2011 ’n BA Honneurs (Latyn) en in 2013 ’n MA (Filosofie). In 2018 gradueer hy met ’n PhD (Teologie) aan die Rijksuniversiteit Groningen in Nederland. Die titel van sy doktorale proefskrif is “Strategic narratives – Groen van Prinsterer as nineteenth-century statesman-historian”. Hy is as navorser verbonde aan die Departement Sistematiese en Historiese Teologie by die Universiteit van Pretoria.

The scholastic bibliology of Petrus van Mastricht (1630–1706)

J.A. Schlebusch Academic research 2025-05-16

"The existing scholarship rightly emphasises Van Mastricht’s scholastic methodology, Trinitarian doctrine, and polemics against René Descartes’ rationalism, as well as his views on the relationship between faith and reason."

Die skolastieke bibliologie van Petrus van Mastricht (1630–1706)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-05-16

"Hierdie studie herwaardeer Van Mastricht se bibliologie binne die konteks van sewentiende-eeuse epistemologiese debatte, waarin hy homself as ’n uitnemende verteenwoordiger van die Dordtse ortodoksie onderskei."

Abrahamic eschatology and the affirmation of religious identities

J.A. Schlebusch Academic research 2024-09-19

"These narratives, embedded in the sacred texts of Judaism, Christianity and Islam, not only offer a vision of hope for the future but also function as powerful tools for mobilising religious communities, particularly in times of crisis."

Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-09-19

"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."

History, nature and general revelation in the Christian-historical thought of Groen van Prinsterer

J.A. Schlebusch Academic research 2023-08-01

"At the heart of Groen’s Christian-historical philosophy therefore lies the belief that true wisdom, justice and morality are exclusively rooted in divine revelation, primarily in the Bible and secondarily in history interpreted in light of this revelation."

Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-08-01

"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."

Logos as logic: The epistemology of the Calvinist philosopher Gordon Clark (1902–1985)

J.A. Schlebusch Academic research 2023-03-16

"According to Clark, logic is normative in the sense that it tells us how we ought to think. Without logic, morality and ethics could not exist."

Logos as logika: Die epistemologie van die Calvinistiese filosoof Gordon Clark (1902–1985)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-03-16

"[Dit is] interessant hoe Clark se Presbiteriaanse agtergrond en sy gepaardgaande streng aanhang van die Westminster Geloofsbelydenis van 1647 ’n deurslaggewende rol in terme van sy beskouing van die rol van Logos as epistemologiese begrip gespeel het."

The socio-religious significance of daily prayer rituals for the pre-Nicene Church in North Africa

J.A. Schlebusch Academic research 2022-10-12

"Regarding the morning prayers it was common for the earliest Christians in North Africa to interpret the redemptive work of Christ within a paradigm of darkness being transformed into light."

Die sosiogodsdienstige betekenis van daaglikse gebedsrituele vir die voor-Niceense Kerk in Noord-Afrika

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-10-12

"By wyse van hierdie eskatologiese fokus oorbrug hierdie gebedsrituele dan ook die tragiek van godsdienstige konflik, aangesien die versoening met en toenemende insluiting van ander in hierdie nuwe godsdiensgemeenskap as van wesenlike belang geag is."

The epistemic considerations underlying the Neo-Calvinist rejection of the theocratic constituent of article 36 of the Belgic Confession of Faith

J.A. Schlebusch Academic research 2022-03-28

"In the light of the fact that these Neo-Calvinist pioneers so vehemently rejected any dichotomy between the nature of authority in the ecclesiastical sphere on the one hand and the socio-political sphere on the other, I propose a renewed appraisal of their epistemology as fundamentally underlying their rejection of theocracy."

Epistemologiese oorwegings by die Neo-Calvinistiese afwysing van die teokratiese inslag van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-03-28

"Die Neo-Calvinistiese benadering tot artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verteenwoordig ongetwyfeld ’n radikale breuk met die teokratiese inslag van hul Gereformeerde voorgangers."

The concept of accommodatio with Christoph Wittich (1625−1687) and his Cartesian-rationalist approach to the Biblical text

J.A. Schlebusch Academic research 2021-04-13

"According to his understanding of accommodatio, God not only revealed God-self in accordance with the cognitive limitations of fallible humans, but also in accordance with the contextually bound ignorance, misconceptions and prejudices of the Biblical text’s original audience ..."

Die begrip accommodatio by Christoph Wittich (1625−1687) en sy Cartesiaans-rasionalistiese omgang met die Bybelse teks

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-04-13

"Om homself binne die raamwerk van die Protestantse Skolastiek te posisioneer en sy posisie te verdedig, het hy, as retoriese strategie, ’n sterk beroep gedoen op die begrip accommodatio, wat vir eeue reeds in die Augustiniaanse tradisie aanvaar en eksegeties uitgebou is."

Groen van Prinsterer as the father of Christian democratic politics and his role in the consolidation of the Dutch constitutional democracy

J.A. Schlebusch Academic research 2021-01-26

"He thereby consolidated the Dutch constitutional democracy at a time when the system was still young and, given the revolutionary climate at the time, still vulnerable. By means of his narrative emphasis on principled political engagement within a constitutional democratic framework he laid the foundations of the Dutch political party system."

Top