Irna van Zyl

Irna van Zyl slaag 'n honneurs in Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch in 1978 en in die daaropvolgende jaar 'n Honneurs in Joernalistiek, ook aan Stellenbosch. Sy begin in Desember 1979 as verslaggewer by Die Burger in Kaapstad te werk.

In 1981 wen sy die Stellenbosch-Boerewynmakery se prys vir ondernemende joernalistiek onder druk van tyd en omstandighede vir die vloedrampe by Laingsburg en spesifiek Montagu.

In 1985 word sy Die Burger se eerste vroulike hoofsubredakteur en in 1988 redakteur van De Kat in Johannesburg.

Haar kortverhaalbundel Grootmensspeletjies word in 1995 gepubliseer.

Sy is een van die stigterslede van New Media Publishing in 1998. Kort daarna word sy ook redakteur van Insig en van 2007-2009 redakteur van Boeke-Insig.

Sy tree in April 2015 uit as Groep-Redaksionele Direkteur van New Media om haar voltyds toe te spits op kreatiewe skryfwerk.

Sy is in 2015 deur Media24 vereer met die Piet Cillié-prys vir haar joernalistieke loopbaan en ook in 2015 deur Naspers met die Orde van Tafelberg vir haar bydrae as sakevrou aan die Naspers-groep.

Moordvis (2016), in Engels vertaal as Dead in the Water,  is haar eerste roman.

Martie Retief Meiring: ’n huldeblyk

Irna van Zyl In memoriam 2024-10-08

"My kop wil nie vatplek kry aan die gedagte nie. Martie (Retief) Meiring kon ons tog nie verlaat het nie."

"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen

Remona Voges, Irna van Zyl Skrywersonderhoude 2020-05-21

"Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat krimiverhale uitdagend en opwindend maak."

Boekbekendstellings in die tyd van die koronavirus: twee dae voor afsondering

Irna van Zyl Boeke en skrywers 2020-03-27

"Die dag waarop ons ’n video van my splinternuwe boek in ons sitkamer sou skiet, maar nadat die onderhoudvoerder gekanselleer het, het ek ook besluit dis beter om nie nou nóg twee mense in ons huis toe te laat nie."

US Woordfees 2018: Irna van Zyl gesels oor Gifbeker

Naomi Meyer, Irna van Zyl Skrywersonderhoude 2018-02-28

"Die boek begin toe die mees berugte kosblogger in die land dood neerslaan in sjef Zeb Tswalo se deftige restaurant in die Hemel-en-Aarde Vallei buite Hermanus."

Dark traces deur Martin Steyn: ’n resensie

Irna van Zyl Resensies 2017-08-14

"Dark traces stel nie teleur as spanningsroman nie en met Steyn se vertaling (hy het dit self gedoen) is daar min fout te vind."

’n Nuwe Bennie Griessel – in Nederlands

Irna van Zyl Boeke en skrywers 2017-07-11

"Meyer is vanjaar genooi om die geskenkboek vir die Nederlanders se Spannende Boeken Weken te skryf met 'n splinternuwe Bennie Griessel. Die geskenkboek is van 9 tot 25 Junie gratis weggegee aan kopers van spanningsrillers, en volgens die amptelike webwerf het boekhandelaars vanjaar 12 persent meer rillers as verlede jaar verkoop." 

Dene Smuts: ook die joernalis wat ‘n verskil wou maak

Irna van Zyl In memoriam 2016-04-26

"Ek kan my nie uitlaat oor Dene Smuts se politieke loopbaan nie, maar as joernalis van die tagtigerjare besef ek nou weer hoe maklik mens in hierdie tyd van Guptaïsme kan vergeet hoe onstuimig dit toe was en hoe die politiek van die dag gelei het tot ‘n onhoudbare posisie vir baie Afrikaanse joernaliste en redakteurs."

Top