Van "tosselvin" tot Metamorfose: Peter Constantine in gesprek met Ilse van Staden
2026-10-13"Metamorfose se opdrag is beide ’n hartsaak en ’n leidraad. Marcella de Boom was my ma: my mentor, my grootste aanhanger, my beste vriendin. My medeboomliefhebber. Sy het dikwels bome geteken of geskilder; haar Noord-Sotho-naam het beteken “die een wat alleen in die bos loop”. De Boom was haar nooiensvan, dus kan ek darem daarop aanspraak maak dat ek ’n halwe boom is. Is dit voldoende leidraad en verklapping?"
Vrouedag-skryfkompetisie: Siener
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Ilse van Staden:
"Deesdae dra ek dikwels
my ma se bril en wéét –
sy kon altyd beter sien as ek"
Kaalvoet deur die Waterberg
2013-05-20Dit was ’n kaalvoettyd. ’n Tyd van dorings en van slange, die nagadder wat sku in die gras langs ’n plaasdam wag en ’n vuurkooltjie aan my enkel pik dat ek ’n gil gee wat veel erger is as wat my broer ooit uit my kon boelie. ’n Tyd van skurwe hakskene en van modder wat in die tamatielande se nat leivore tussen die tone deurkrul.
Keerweer
2013-05-20Gladstone lê teen Queensland se ooskus net waar die Groot Koraalrif se rugwerwels begin voor dit duisend myl noord wegstrek. Dit is ’n hawestad – skepe vol steenkool, aluminium, aardgas. Industrieë floreer. Visse vrek. Twintig kilometer suid hurk Boyne Island en Tannum Sands, twee kuiltjies aan weerskante van die Boynerivier se mond.

