Floris A Brown (gebore 1948), ’n uitgetrede onderwyser, is digter, skaakspeler, komponis en musikant. Van sy gedigte is opgeneem in om Honderd Nieuwe Dichters 3, Aankoms uit die skemer, Groen, Poskaarte, De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten en Nuwe verset. Hy is ook die skrywer van Gloei ( 1994 ), Phoenix ( 1996 ), Waar aasvoëls draai (1996 ), Die woudmaker (1998), Skadu kinders (1999) en Die koei stort ’n traan (2000 ). Floris Brown bied musiek- en poësiewerkwinkels aan en het al by die Woordfees en die KKNK opgetree. Hy sê: “Sukses word gemeet aan diegene wat die wêreld ryker nalaat in dit wat hul kon bied in die tyd toe hul nog geleef het.”