Ek soek jou

  • 0

ek soek jou
in die glans van ’n dubbel reënboog na reën

ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm

ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind

ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans

ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan ’n silwer maan

ek soek jou
in groen – neon – skyn op middernagbranders

as ek my plaashek mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in ’n swartkraai se bek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top