Egmont Sippel

Egmont Sippel is ’n joernalis wat al ’n wye draai deur die Suid-Afrikaanse media-landskap gegooi het, van Rooi Rose deur Die Vaderland, Penguin Films, DeKat en die SAUK (waar hy kameraman was) tot by Rapport, vir wie hy sedert die vroeë 1990’s oor vele onderwerpe (vernaamlik sport, musiek, motors en Donald Trump) skryf. Hy’s ook al tien keer as SA Motorjoernalis van die Jaar bekroon.

Bloed op die spore

Egmont Sippel Menings 2025-01-23

"Maar waar’s die siel van ’n nasie waarvan die president ’n pleidooi vir genade en barmhartigheid openlik en met minagting verwerp? Waar lê so ’n land se geestesgesondheid? Waar’s Amerika?"

D-Dag

Egmont Sippel Menings 2024-11-01

"Maar Musk is die vuurpyl wat Trump tot in die Withuis wil turbo."

Die krag van een

Egmont Sippel Menings 2023-11-02

"As sodanig het Rassie Erasmus hom as die hedendaagse draer van Danie Craven se onsterflike titel gevestig. Hy is Suid-Afrika se nuwe Meneer Rugby. Onder hom het ons hemel en aarde versit … Wat alles op een enkele slotsom uitloop: Ons is nou één. Die hoop is om verder hierop te bou."

Klokke vir die eeue

Egmont Sippel Musiek 2023-06-05

"Minder bekend is die rol wat Mike Oldfield en The Manor in Branson se fenomenale suksesverhaal sou speel. Sonder Oldfield was daar moontlik nie ’n sir Richard plus ’n Virgin-dit of Virgin-dat nie."

Die Groot Wit Hoop. Gerrie Coetzee en die siel van die swaargewig.

Egmont Sippel In memoriam 2023-02-06

"En dis al wat ooit eintlik tel."

Top