Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks
2024-09-04"Se dinges. As ’n mens heksdom bereik, sien jy dit vir wat dit is. Dalk het ek te veel Foucault gelees – dat diegene met mag diskoerse tot hulle eie voordeel skep, terwyl hulle hulle intensies verskuil. Soewereine magsmisbruik op die kleinste skaal."
Môre is nog ’n dag
2023-06-01"Texeira gaan nog leer. Miskien nie vandag nie. Miskien nie eens môre nie. Maar hy sal leer. In hierdie werk leer almal dit op die een of ander stadium: Die glorie van oorlog lê nie in oorwinning nie, maar in oorlewing. Môre is nog ’n dag."
Besoektyd
2023-02-16"Dit is warm buitekant die Poorte omdat dit binne stapafstand van die ander hek is: ’n lelike, slap draadkonstruksie wat lyk asof dit deur ’n amateurhekmaker aanmekaargeslaan is. Voor die hek sit ’n geel hond wat sy lip dreigend lig elke keer as Gabriël in sy rigting kyk."
Buit: ’n onderhoud met Dibi Breytenbach
2022-09-27"Die skryf van Buit was tot ’n baie groot mate vir my ’n herkalibrering van my Afrikaanskap. Ek dink dat die pennie, soos die Engelse sê, na ’n geleidelike ontwaking vir die eerste keer behoorlik gedrop het dat ek ook ’n deel van hierdie kontinent is. Hoe meer ek geskryf het, hoe kwater het ek geword. Vir die eerste keer het die diepte van die skade wat deur kolonialisasie aan die kontinent aangerig is en steeds aangerig word, tot my merg deurgedring."
Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake
2020-10-08"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."
Waterskaarste: Dibi Breytenbach se wenke
2017-06-22"Wat in ons dorp opvallend was, was hoe vinnig die mense dissipline aangeleer het ten opsigte van waterverbruik toe die water heeltemal klaar geraak het. Ons het werklik nie ’n keuse gehad nie. Dis iets wat ons eintlik lankal moes geleer het, ter wille van oorlewing."

