Dawid Kahts

Dawid Kahts is ’n musikant, skrywer en kunstenaar. Hy is ’n selferkende kitaarmishandelaar en kultuur terroris. Met kwalifikasies in jazz asook klassieke kitaar was hy al betrokke by ’n reeks uiteenlopende musiekprojekte wat alle kleure van die musiekreënboog dek. Hy handhaaf  ook ’n gereelde rubriek in die Insig-afdeling van Rapport waar hy die kleurvolle wêreld van moderne musiek ondersoek.

Deesdae speel hy kitaar vir die berugte industriële Afrikaanse musiekgroep “NuL”, asook vir die belowende nuwe Afrikaanse rock groep “Angel”. Hy werk ook tans as musiekregisseur vir laasgenoemde se debutalbum.

Sy döppelganger Thys Nywerheid maak eksperimentele elektroniese musiek en skryf satiriese artikels vir onder andere die Zimdollar.




Opgedateer/Updated: 2006-12-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Daaf Vapor oor die skeppingsproses, Northam Lights en “progressiewe Nigel-spoedmetaal”

Henry Cloete, Dawid Kahts Musiek 2020-04-01

"Elke song wat klaar gemix en gemaster is, en elke persoon wat daarna luister, daarop dans en daardeur aangeraak is, is ’n hoogtepunt. Die res maak regtig nie saak nie."

"Twyfelfontein" deur Dawid Kahts

Dawid Kahts 2012-12-18 Dis Sondagmiddag in 'n face brick tronk
porselein hondjies in ? kas wat pronk
Op die stoep huil jou pa se bokskitaar
jy staar na die dak en huil maar saam

"Blou Motel" deur Dawid Kahts

Dawid Kahts 2012-12-18 Want ons almal bly in hierdie blou motel
vasgevang tussen hemel en hel
Soos ? skip in ? bottel wat droom van die see
soms lag ons hard, soms kry ons seer

"Jou eie oorlog" deur Dawid Kahtz

Dawid Kahts 2012-12-14 Dis jou eie oorlog, jy moet dit self baklei
Ek is nie die een wat jou kan bevry nie
Dis jou eie oorlog, jy moet dit self baklei
Jy sit daar in die donker en jou lewe gaan verby
Top