"Jou eie oorlog" deur Dawid Kahtz

  • 0

Jou eie oorlog

Ek het nie jou pad bepaal nie, ek skryf nie jou verhaal nie
Ek het die duiwel nie onthaal nie, in die kamers van jou hart
Die regter het jou saak gehoor, maar jou stem klink klein in die engelekoor
Jy het jouself tog aangekla, daar is geen antwoord op jou vrae

REFREIN:
Dis jou eie oorlog, jy moet dit self baklei
Ek is nie die een wat jou kan bevry nie
Dis jou eie oorlog, jy moet dit self baklei
Jy sit daar in die donker en jou lewe gaan verby

Al die soldate se stewels blink, die generaal sit en whiskey drink
Hy waai vir jou, maar jy kyk weg, in die laaste sunset smelt jy weg
Die soen is warm op Jesus se wang, maar Judas is nou opgehang
Hy wieg in die wind van 'n dooie boom, sy silwer begrawe in 'n waterstroom

REFREIN

Al die riviere strek uit na die see, as die strome jou vang, gaan net mee
Daar is vier seisoene in elke jaar, maar jy sit net in die reën en staar
Om te wag vir more wat blydskap bring, is om te wag vir 'n kraai wat mooi kan sing
Vir ewig sal jy hier bly wag, tot jou skadu verdwyn in die donker nag

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top