"Twyfelfontein" deur Dawid Kahts

  • 0

Twyfelfontein

Dis Sondagmiddag in 'n face brick tronk
porselein hondjies in ? kas wat pronk
Op die stoep huil jou pa se bokskitaar
jy staar na die dak en huil maar saam

Dink jy aan my as die treine kreun
Dink jy aan my wanneer dit reën
Ek hoor jou stem in die westewind
Jy soek na iets wat jy nooit sal vind

REFREIN:
Ons leef verby mekaar soos die son en maan
Soms dans ons met mekaar, maar net in drome kan ons die ritme hoor

Daar’s ? trein wat ry deur Twyfelfontein
Hy mis die stasie en flits verby
Daar’s ? moordenaar in die galery
Hy tref sy merk en dis als verby

Maar die hofnar het dit als gewaar
Hy glimlag breed, maar sy hart is swaar
Niemand sal hom ooit tog glo
want hy glo nie eens sy eie oë nie

Jy vra my hoe dit gaan
en al val ek uitmekaar
Lig ek net my hoed
en sê dit gaan goed

Dis seker swaar om ? profeet te wees
as almal net die headlines lees
En die res word net gesuggereer
jy skud jou kop en sug net weer

As die lewe agteruit kon speel
en ons die consequences eers verbeel
Maar die Joker gooi die dobbelsteen
en in Twyfelfontein val die reën

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top