Blou Motel
Waar die hemel en die hel ontmoet
die melk is suur, maar die heuning soet
Maar jy was effens afgehaal
want teen die blou, blou muur lyk jy maar vaal
Al die engeltjies wat die lotto beheer
en die duiweltjies, hulle maak net seer
Jy lees jou toekoms in jou alfabetsop
ek skud my kop en drink my dop
REFREIN:
Want ons almal bly in hierdie blou motel
vasgevang tussen hemel en hel
Soos ? skip in ? bottel wat droom van die see
soms lag ons hard, soms kry ons seer
Elke dag hardloop weg soos wilde perd
en dan wonder jy wat is jy werd
Is daar ? losprys op jou siel?
Of is jy net ? klippie onder God se wiel?
En die dweper preek en die dronkaard lag
dan gaan slaap die son en dan word dit nag
Dan preek die dronkaard en dweper drink
en ek kan nie help om my glas te klink
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


