Daan Wissing

Daan Wissing is buitengewone professor aan Noordwes-Universiteit in die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, asook verbonde aan die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT). Hy verwerf die grade tot MA-vlak aan die destydse PU vir CHO. Hy is vanaf 1966 voltydse dosent in Afrikaans-Nederlandse taalkunde. Hy studeer van 1967 tot 1971 in Nederland, waar hy in 1969 die graad Drs. Litt in Algemene Taalwetenskap aan die Vrije Universiteit van Amsterdam verwerf. Daarna promoveer hy aan die Rijksuniversiteit Utrecht (1971), ook in Algemene Taalwetenskap. In 1979 word hy professor aan die PU vir CHO. Hy doseer Afrikaans-Nederlands en Algemene Taal- en Literatuurwetenskap, en word voltydse navorser (1992–1998). Van 1998 tot 2001 is hy navorsingsdirekteur: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks. Hy publiseer wyd op die gebied van die fonetiek en fonologie van Afrikaans, Engels, Tswana en Sotho. Hy werk as fonoloog saam in verskeie interdissiplinêre nasionale en internasionale navorsingsgroepe. Hy is verskeie kere vir sy navorsing bekroon, mees onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met die C.J. Langenhoven-prys vir Taalwetenskap, en is ’n B-gegradeerde van die NRF. Hy is alleenskrywer van die volume Afrikaans Phonology, Taalportaal, ’n aanlyn grammatika van Nederlands, Fries en Afrikaans.

YouTube-onderhoud: Daan Wissing

Daan Wissing 2011-12-01 Daan Wissing gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel hoe hy sy eerste publikasie in LitNet Akademies ervaar het. Hy gesels oor sy ervaring van die samewerking en begrip van die Kharkammers tydens sy navorsing, en verduidelik ...

Ontronding in Kharkamsafrikaans?

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-09-01

"Ek doen in hierdie artikel verslag van ’n ondersoek na die moontlike aanwesigheid van ontronding as fonologiese proses in Kharkamsafrikaans, ’n Namakwalandse variëteit van Afrikaans."

Top