Daan Wissing gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel hoe hy sy eerste publikasie in LitNet Akademies ervaar het. Hy gesels oor sy ervaring van die samewerking en begrip van die Kharkammers tydens sy navorsing, en verduidelik watter rol gebruiksfrekwensie in ondersoeke soos dié speel. Hy brei ook uit oor sy planne vir verdere navorsing op die gebied van die vokaalstelsel van Afrikaans.

