Cerneels Lourens

Cerneels Lourens het in die Tagtigerjare verskeie regsgrade aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf, waarna hy sy LLM in boedelbeplanning gedoen het. Hy is nie net ‘n prokureur, taalaktivis (hy was onder andere die Inisieerder-stigterslid van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans op 08 Junie 2002) met wye sakebedrywighede in die Eiendomme- en Granietbedryf nie, maar het vele male die Bybelvasvra op RSG gewen.


Opgedateer/Updated: 2010-03-30
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Albie Sachs ‒ ’n taaltestament? Oudregter van die Konstitusionele Hof Albie Sachs breek ’n lansie vir Afrikaans

Cerneels Lourens Seminare en essays 2023-04-26

"Sachs het verder die wens uitgespreek dat alle wit, bruin en Indiër-leerders die Afrikataal van hulle streek tot matriek moet leer om daarin te kan kommunikeer en dat dit ’n versuim van ons nuwe demokratiese stelsel is dat so ’n reëling nie gebiedend gemaak is nie."

Ikabod vir Afrikaans aan US beteken Ikabod vir US

Cerneels Lourens Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-21

"Afrikaanshartige alumni kan verder in die oorgangsproses as belangegroep optree terwyl hulle hul groot energie in die ontwikkeling van ’n nuwe privaat universiteit belê."

Die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad se konseptaalbeleid: Wat het dit met ’n bredie te make?

Cerneels Lourens Seminare en essays 2020-10-01

"Wat hou die RPR se taalbeleid en die hoofregter se dekreet dat Engels die enigste hoftaal is, vir Afrikatale in? Onder die rookskerm dat ons nie ons tale op mekaar moet afdwing nie, sê hulle dat die Afrikatale eintlik maar net suigstokkies gekry het toe hulle amptelik gemaak is."

Twee dekades van taalaktivisme in die regswese: sonder Afrikaans is Suid-Afrika nie die moeite werd nie

Cerneels Lourens Seminare en essays 2019-11-28

"Te midde van hierdie taalstorm is die vraag: Kan ons niks meer doen nie en is dit te laat? Die antwoord is: Nee, dit is nie te laat nie."

Stellengate? ’n Ongelyke kans: Ope brief aan regter Edwin Cameron

Cerneels Lourens Universiteitseminaar | University Seminar 2019-10-25

"Dit kan ook u onkreukbare reputasie besmet, want as ’n party tot ’n geding ’n regter afsonderlik nader, was dit nog altyd die betreding van ’n verbode terrein."

Top