Carine Janse van Rensburg

Carine Janse van Rensburg het 26 jaar lank Afrikaans op hoërskool onderrig voordat sy ’n loopbaan as vryskutskrywer en -vertaler begin het. Sy was medeskrywer vir skoolhandboeke, studiegidse en onderrigmateriaal en het etlike boeke, waaronder kinderliteratuur, vertaal. In 2011 het sy by die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit Stellenbosch aangesluit, waar sy Afrikaans in die Departement van Kurrikulumstudie onderrig het. In die daaropvolgende jaar het sy op ’n deeltydse grondslag Engels in dieselfde fakulteit en Afrikaanse poësie by die Departement Afrikaans en Nederlands onderrig. Sy het in 1995 haar meestersgraad onder die leiding van prof. Lina Spies verwerf met ’n verhandeling oor die metapoësie van Sheila Cussons. Sedert Julie 2017 onderrig sy Afrikaans aan die Two Oceans Graduate Institute.

Karin Schimke on Bare & Breaking

Carine Janse van Rensburg 2014-10-01 Karin Schimke is the winner of the Ingrid Jonker prize for her debut collection of poetry, Bare & Breaking.

Clover Aardklop 2014: Magdalene Minnaar gesels oor Poskantoor

Carine Janse van Rensburg 2014-10-01 Magdalene Minnaar gesels oor die nuwe Afrikaanse opera Poskantoor.

Franschhoek Uncorked: 'n Besoek aan Four Paws

Carine Janse van Rensburg 2014-09-30 Lees waarom jy nie verby Four Paws-wynkelder moet ry nie.

Heropening van die Christo Coetzee-kunsgalery

Carine Janse van Rensburg 2014-09-15 Die Christo Coetzee-galery is op Vrydagaand 12 September 2014 ten tye van die vierde jaarlikse Tulbagh Kunstefees heropen.

Die mistieke dimensie en kontemplatiewe aard van die kreatiewe daad by Sheila Cussons

Carine Janse van Rensburg 2012-03-27 Hierdie artikel gee ? beskouing van dié digterskapsverse van Sheila Cussons waarin eerstens die mistieke, en tweedens die kontemplatiewe, die grondslag vorm.
Top