Cari Coetzee is 'n Honneursstudent in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en by 'n politieke nie-regeringsorganisasie gewerk voordat die letterkunde haar weggerokkel het.
Sy is ook 'n vryskut-resensent en het al verskeie resensies vir Die Burger en LitNet geskryf. Sy hou van die reuk van die bos-en-see, en haar gunsteling tydverdryf is om op die strand te lees.
Opgedateer/Updated: 2009-06-22
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za