Carel van der Merwe

Carel van der Merwe het hom aan die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad as geoktroieerde rekenmeester bekwaam. Benewens Suid-Afrika het hy ook in die Verenigde Koninkryk gewerk, waar hy sy debuutroman begin skryf het en ‘n MA in skeppende skryfkunde aan die Universiteit van Middlesex behaal het. Tans woon hy saam met sy vrou en twee dogters in Stellenbosch, waar hy na sakebelange omsien.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

Naomi Meyer, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-09-23

"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."

Skrywersonderhoud: Carel van der Merwe oor Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen

Remona Voges, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-01-21

"Ben was ’n veelsydige figuur, ’n joernalis en skrywer, politikus en Boeregeneraal, kansvatter en pierewaaier, avonturier en showman, vrymesselaar en vrybuiter, rebel en individualis."

Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen

Jean Oosthuizen, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2015-09-21

Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf.

Skaduwee in die kollig: Carel van der Merwe gesels oor sy jongste roman

Naomi Bruwer, Carel van der Merwe 2012-10-18 "Met Skaduwee wou ek skryf oor die ondervinding van ’n ekspat wat na Suid-Afrika terugkeer, hoe so ’n persoon die land beleef."
Top