Annari van der Merwe

Annari van der Merwe het haar uitgewersloopbaan in 1978 by Tafelberg-uitgewers begin as hoof van die kinder- en jeugboekafdeling, en in 2008 afgesluit as uitgewershoof van Random House in Suid-Afrika, waar haar hooftaak die opbou was van die druknaam Umuzi, wat in Julie 2005 geskep is. Haar uittrede het saamgeval met die samevoeging van die plaaslike Random House en Struik New Holland Publishers om Random House Struik te vorm. By Tafelberg was Annari later as skakelredakteur onder meer verantwoordelik vir dié uitgewery se reklame en buitelandse regte. In 1994 is sy deur die Naspers-groep aangestel as hoof van die pas gestigte Kwela Boeke wat ten doel gehad het om algemene uitgewery meer verteenwoordigend van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te maak. Sedert haar uittrede uit die uitgewery skilder sy voltyds. 

Karel Benjamin se storie

Annari van der Merwe Boeke en skrywers 2020-07-09

"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."

Charles Fryer: 1946–2014

Annari van der Merwe 2014-11-17 "Soms was daar ’n stuitige gelag te hoor uit die fiksiehoek, ander kere weer ernstige argumentasie, want uitgeebesluite is nie ligtelik geneem nie. Al wat min of meer in oorweging gebring is, was die meriete van ’n manuskrip, of die uitgee daarvan so noodsaaklik was dat dit die afkap van ’n boom regverdig het."

Paul Viljoen (1931–2012)

Annari van der Merwe 2012-02-09 Ek het eers op sy oudag werklik met Paul Viljoen kennis gemaak, al het ek hom van kleintyd af van sig geken. Ons het in dieselfde Karoo-distrik grootgeword, en op ’n klein dorpie weet die kinders altyd van die grootmense, veral as die ander grootmense oor hulle praat.

NetRaad: Annari van der Merwe

Annari van der Merwe, Annari van der Merwe 2006-10-24 Tien wenke vir nuwe skrywers Skryf alleenlik as jy iets het om te vertel; wees gedagtig daaraan dat vir elke boek wat uitgegee word, 'n paar bome afgekap moet word. Skryf oor dit waarvan jy kennis dra; as jy nie genoeg oor iets weet ...
Top