Anna Davel

Anna Davel het haar Diploma in Ligte musiek/Jazz voltooi aan die Pretoria Technikon in 1998. Sy was in 1997 die Algehele wenner van die ATKV se Nasionale sangkompetisie Crescendo. Later dié jaar sluit sy aan by Cutt Glas en tree vir 6 jaar op saam met die gewilde Acapella groep wat sy aan die einde van 2003 verlaat het om te fokus op haar solo loopbaan.

Anna is al vir verskeie SABC 2 Geraas Musiektoekennings genomineer en na drie SAMA-nominasies wen haar vierde album, Godinne op die Grondpad, in Mei 2006 die SAMA vir Beste Afrikaanse kontemporêre album. Haar vyfde album Raaisels, skepe & 1000 drome is in 2007 vrygestel.

Anna het al aan verskeie internasionale produksies deelgeneem en sedert 1997 meer as tien musiekproduksies vervaardig. Sedert 1992 het sy al musiek geskryf vir albums van o.a. Elzabe Zietsman, die Zing!-wenners Johnny en Vivian, Jannie du Toit, Christa Steyn en Herman van den Berg.

Onlangs het sy haar debuut as aktrise gemaak en groot opskuddings veroorsaak as die wulpse Anke in Egoli.

Opgedateer/Updated: 2008-04-17
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel

Naomi Meyer, Anna Davel Suidoosterfees 2024-04-18

"Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal, en eerlikwaar, hierdie is so ’n heerlike potpourri van style en klanke om na uit te sien. Pop, klassiek, Afrikamusiek, ghoema, power ballads, Ierse musiek, Hongaars, so kan ek aangaan ..."

Anna Davel gesels oor Mixtape van die liefde by die Suidoosterfees

Izak de Vries, Anna Davel Suidoosterfees 2023-04-24

Mixtape van die liefde bring Antjie Krog se bloemlesing met dieselfde titel na die verhoog. Izak de Vries het met Anna Davel gesels terwyl sy tussen produksies rondhardloop.

Oor Moment – 'n onderhoud met Anna Davel

Anna Davel, Naomi Meyer 2015-01-06 "Ek kan cappuccino’s drink en nou en dan soesji eet, en daarom voel ek skatryk. Ek doen hierdie musiek ... ook omdat dit vir my betekenis aan my lewe gee en voel soos iets wat ek absoluut moet doen om asem te haal."

In die land van Kammalielie

Anna Davel, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek bôgom byvoorbeeld soos ‘n histeriese apie op een van die liedjies wat gaan oor ‘n besoek aan die dieretuin. Die klankingenieur het ‘n paar keer bekommerd in my rigting gekyk terwyl ek so gebôgom het!" Anna Davel vertel van haar toonsettings van Jaco Jacobs se gedigte.
Top