Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers
2022-07-28"As ’n karakter geskep word slegs vir die doel om ’n 'randfiguur' te verteenwoordig, gaan ’n egtheid onmiddellik verlore. Die meeste skrywers sal kan getuig dat karakters in hulle stories ’n wil van hulle eie het. Hulle ontwikkel en groei saam met ’n storie."
Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud
2022-06-17"Ek wou begin met waar sy wegloop en probeer oor begin. Uit ’n skrywersoogpunt het ek ook geweet ’n openingstoneel van ’n meisie wat vlug – wat so desperaat is om van daardie plek weg te kom dat sy alleen in die middel van die nag Suid-Afrikaanse strate en agterpaaie sal trotseer – gaan daardie impak en hoek hê wat ’n leser dadelik sal intrek."
Cliffordene Norton gesels met An-Mari do Carmo oor haar awesome boek, Toe als groen was.