An-Mari do Carmo

An-Mari do Carmo is in 1995 in Potchefstroom gebore, en word groot op ’n plaas naby Lichtenburg in Noordwes saam met haar ouers, jonger broer en baie honde en perde. Van kleins af is boeke haar grootste liefde, en sy begin al op nege stories skryf.

Sy word grootgemaak as deel van die KwaSizabantu Sending en woon ook die Sending se skool, Domino Servite School, by van graad 10 tot matriek. Dis eers toe sy in 2015 aan die NWU in Potchefstroom gaan studeer dat sy besef die sendingstasie is eintlik ’n kultus, en daar begin ’n lang reis na genesing van die geestelike en emosionele trauma.

Sy behaal haar BA-graad in Taal en Literatuurstudie, met skryfkuns as hoofvak, en gaan werk daarna vir sewe maande in Frankryk waar sy Engels gee en soveel reis as moontlik. Terug in Suid-Afrika doen sy vir ’n rukkie vryskutwerk as taalversorger en inhoudskepper voordat sy in 2018 vir LAPA Uitgewers begin werk as kinder- en jeugboekuitgewer.

Vandag werk sy tuis vir Penguin Random House SA, sowel as LAPA en LUCA Uitgewers, en bly in Klerksdorp saam met haar man, Walter, ’n onderwyser. Haar hele lewe bestaan uit boeke, of dit nou die uitgee, lees of skryf daarvan is, en haar grootste droom is om dieselfde liefde daarvoor by ander mense te wek – en om deur haar stories ander mense se lewens ’n bietjie beter te kan maak.

  • Foto: Mejandra Pretorius 

Elders gesien: Dit moet ’n ander Joha wees

An-Mari do Carmo Elders gesien 2025-02-03

"Ek het geweier om dit te glo. Dit kan nie waar wees nie. Dit moet ’n ander Joha wees. ’n Cruel grap."

Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Boekrubrieke 2024-09-11

Cliffordene Norton bespreek Foto’s & fairy lights en gesels met die skrywer, An-Mari Carmo: "Ek het meer idees as wat ek tyd het om te skryf, en daar is so baie kwessies waarmee hedendaagse jongmense te doen het wat ek dink meer verteenwoordiging kort in boeke." 

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers

Nandi Lessing-Venter, Shawna-Leze Meiring, An-Mari do Carmo Boeke en skrywers 2022-07-28

"As ’n karakter geskep word slegs vir die doel om ’n 'randfiguur' te verteenwoordig, gaan ’n egtheid onmiddellik verlore. Die meeste skrywers sal kan getuig dat karakters in hulle stories ’n wil van hulle eie het. Hulle ontwikkel en groei saam met ’n storie."

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Skrywersonderhoude 2022-06-17

"Ek wou begin met waar sy wegloop en probeer oor begin. Uit ’n skrywersoogpunt het ek ook geweet ’n openingstoneel van ’n meisie wat vlug – wat so desperaat is om van daardie plek weg te kom dat sy alleen in die middel van die nag Suid-Afrikaanse strate en agterpaaie sal trotseer – gaan daardie impak en hoek hê wat ’n leser dadelik sal intrek."

Cliffordene Norton gesels met An-Mari do Carmo oor haar awesome boek, Toe als groen was.

Top