Alexander Strachan

Alexander Strachan bring sy jeug deur in Ladysmith, Noord-Natal. In die Weermag word hy lid van die verkennings-kommando, algemeen bekend as die recce's. Hy neem deel aan verskeie Weermag-operasies, onder andere in Angola. Ná studie in tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (en later in literatuur-wetenskap aan Unisa) word hy professor in Zoeloe aan die Universiteit van Zoeloeland. Ná sy bedanking skryf hy voltyds en sit sy wildboerdery voort. Sy eerste boek is 'n kortverhaalbundel, 'n Wêreld sonder grense, waarvoor hy die Eugène Marais-prys ontvang. Hierdie boek maak saam met die werk van ander skrywers (soos JC Steyn, Etienne van Heerden en Koos Prinsloo) deel uit van grensliteratuur. Die Jakkalsjagter is Strachan se debuutroman en wen die De Kat/Potpourri-prys. Daarna volg die romans Die Werfbobbejaan en Agter die suikergordyn. Hy is 'n vlot Zoeloespreker en hou hom deeltyds besig met industriële teater wat hy volledig via die medium van die inheemse tale aanbied.

LitNet Akademies-resensie-essay: Kopwond deur Anthony Feinstein – die waarheid as fiksie beleef

Alexander Strachan 2012-04-23 Meer as twee dekades na die Grensoorlog verskyn daar meteens ’n hele string boeke oor hierdie onderwerp.  Alexander Strachan lees Kopwond deur Anthony Feinstein en soek antwoorde op 'n reeks vrae wat die boek by hom ontlok. 

''Die tyd het vanself ryp geword.'' Alexander Strachan gesels oor Grenslit

Alexander Strachan, Alexander Strachan, JB Roux 2011-09-06 Tydens die Grensoorlog is boeke oor dié oorlog gereeld uitgegee; dit was meestal fiksie en dikwels bedoel as protes teen die oorlog self. Hoekom het daar soveel jare verloop voor daar weer op ’n groot skaal en so intensief oor die ...

ABSA Chain: Alexander Strachan in gesprek met Rachelle Greeff

Alexander Strachan, Alexander Strachan, Rachelle Greeff 2006-11-07 Is die honde-opgewondenheid nog in jou stem? Meer blaf, meer byt, meer teef, skerper slagtande, maar ja, Zander, soms tog nog. En nou praat ek van my praatstem en nie my skryfstem nie, hoewel mens maar doof is vir jou eie beide....

ABSA Ketting: Johann Lodewyk Marais gesels met Alexander Strachan

Johann Lodewyk Marais, Johann Lodewyk Marais, Alexander Strachan 2006-09-09 1.Jy bly nou die afgelope twee jaar permanent in Milnerstraat op Harrismith. Hoe het dit gekom dat jy jou daar gaan vestig het? Ek en my broer Johannes het dit drie jaar gelede reggekry om my oupa se familieplaas terug te koop. Op daardie ...
Top