|
Die week in woorde |
Ek is nie die oppervlakkige tipe wat mense ooit op hul baadjies takseer nie. Maar boetie – hulle skoene!
By die onlangse Open Book Festival het ek honderde foto’s van skoene geneem. Lesers se skoene, skrywers se skoene, organiseerders se skoene. Ghrênd skoene, sandale met sokkies, sexy hakskoene en winterstewels. Dit wil voorkom of die broeder-en-susterskap van die boek nie noodwendig voorkeur gee aan ’n sekere soort skoen nie ... hul voete word versteek (en in sekere gevalle uitgestal) in enigiets van Mr Price-plakkies tot pikante leernommertjies wat in spirale om die enkels krul.
Wyl dit onmoontlik blyk om boekliefhebbers, boekmakers en boekverkopers te tipeer in terme van hul skoene, glo ek steeds nie dis verkeerd om mense op hul skoene te takseer nie. Ek dink regtig dit sê heelwat meer as baadjies en boekomslae. En ek is nie alleen in my oortuiging nie. Charles Simic, die Serbies-Amerikaanse digter, is dit met my eens: skoene is die geheime gesig van die innerlike lewe.
|
My Shoes Shoes, secret face of my inner life: My brother and sister who died at birth What use are books to me I want to proclaim the religion Ascetic and maternal, you endure: The only true likeness of myself. |
Jou uitdaging is om die geheime te lees wat in hierdie skoenportrette opgesluit lê.
![]() |
|
|
Die Britse Skrywer
|
Die Rebelse Vertaler/Digter/Romansier
|
|
|
![]() |
|
Die Akademikus/Skrywer
|
Die Jong Bloed
|
![]() |
![]() |
|
Die Uitgewer
|
Die Ontwerper
|
![]() |
|
|
Die Loslittige Leser
|
Die Modebewuste
|
![]() |
![]() |
|
Die Aandagtige Luisteraar
|
Die Sportiewe Leser
|
![]() |
|
|
Die "Dainty" Digteres
|
Die Sanger
|
![]() |
|
|
Die Digterlike Joernalis
|
Die Mistiek Boer
|
![]() |
|
|
Die Uitgewer van Poësie
|
Die Hippie
|
Omdat ek verlede week nie ’n Snarsie kon skryf nie, is daar dié week ’n dubbeldosis skryfwerk deur ervare digters, nuwe stemme, onlangse debutante en van ons land se voorste liriekskrywers. Lekker lees, en mooi loop, hoe jou skoene ook al lyk.
|
Nuwe Skryfwerk op LitNet |
![]() |
Lees gedigte deur vyf digters wat in 2011 debuteer het Kry ’n voorsmakie van die werk van die debutante wat hul buiging by vanjaar se Versindaba gemaak het. • duiwedrek – Andries Samuel • Epilepsie – Anne-Ghrett Erasmus • Charlotte Mew – Nini Bennett • ek wil die weerlig soen – Jasper van Zyl • Lonely connect – Fourie Botha |
![]() |
Lirieke Drie van die coolste liriekskrywers in Afrikaans het vir ons lirieke gestuur vir jou leesplesier. • Die jaar toe pa die skottelgoedwasser gewen het - Andries Bezuidenhout • emoticon breakdown - Toast Coetzer • Tydbom - Stef Bos |
|
|
Versindaba 2011 Kyk na foto’s van die Versindaba. • Lees Melt Myburgh se gedig by die ontvangs van die Ingrid Jonker-prys. Verras-verse |
![]() |
Joan Hambidge is op reis en aan die skryf. Lees haar twee jongste reis-verse hier. • "Keerweer" (uit Washington) |
|
|
Lees nog ’n nuwe gedig deur Hertzogpryswenner Johann de Lange.
• SMS-aubade |
![]() |
Engelse digter Gail Dendy het vir ons twee nuwe verse aangestuur. |
![]() |
























