Angus, ons gesig

  • 0

Beste Angus,

Baie dankie vir jou insig.

Ek moet erken dat die ongevraagde drama waarmee Wouter Ferns sy foto geplaas het, my vir 'n oomblik onkant betrap het.

Dit het egter nie lank geneem om sy bedoeling daarmee te besef nie (lees gerus my kommentaar onder Wouter Ferns se hartseer prentjie onder hoofde "Vir Cornelius").

Ek het geen simpatie met Wouter Ferns nie.

Ons dra elkeen hul eie onheil en ondergang ... en dis my medelye; ons het elkeen ons sonde waaraan ons sal ontkom ... Wouter Ferns se HIV is gewoon 'n voorbeeld daarvan.

Dus, al blyk dit of Wouter Ferns my met sy gesig en pyn in die verleentheid probeer stel het, ek as 'n sondaar in die liefde en genade van God, skouer aan skouer medelye met hom het.

Ek het werklik vrede met enigeen se gesig, doopnaam, en/of skuilnaam.

Dit het egter nog nooit enige sin vir my gemaak waarom dit nodig sou wees om as 'n gedoopte, verskuild 'n boodskap in God se genade uit te dra nie.

Daarom het ek karikature en strooipoppe soos onder meer Kobus de Klerk se Christenmoeder, sy Tant Alie, en sy neef "Dolf" deesdae, se bedoelinge nog altyd bevraag.

Ek stel egter op geen manier belang om te wil weet wie of wat hierdie godsdiensboewe regtig is nie.

Die ware ongelowige Wouter Ferns, het homself erg bemoei in my agterdog omtrent hierdie sogenaamde ware gelowiges. Soveel so, dat die vrae onlangs in my bydrae onder hoofde "Gelowige teenoor ware gelowige", ook nou nog nie deur enige spiritueel intelligente beantwoord is nie. Lees gerus weer Wouter Ferns se ergerlike kommentaar en onthutstheid daarin.

Angus, ek het geheel ooreenstemming met jou hierin: "Die mens is onlosmaaklik aan sy gesig gebonde. Jou gesig is jy. Jou gesig bepaal wie en wat jy is en wat die toekoms vir jou inhou. Selfs die seuntjie wat beweer hy het sy oupa in die hemel gesien, het hom daar aan sy gesig uitgeken. Ja, 'n gesig sê wie jy is. As ek [Angus] vir Wouter vra wie hy is, en hy stuur vir my 'n foto, dan weet ek wie hy is. NP van Wyk Louw praat van dit wat om die grense van sy duister woorde flikker. Noem maar enige naam of skuilnaam van enige skrywer hier op SêNet en indien jy gelees het wat die persoon skrywe, het die noem van sy naam vir jou meer betekenis as net die blote naam. Ons weet almal wie Wouter, Panda, Chris, Cornelius, Kobus, Pieter, Jan Rap, Trienie, Dolf en nog baie ander is. As ek [Angus] dus na Wouter Ferns se foto kyk, sien ek dit is Wouter Ferns. As ek na jou foto kyk, sien ek dis Cornelius. My foto hou ek maar geheim, want anders sien my kollegas dalk wie ek is. :-)"

Hier is egter 'n paar gesigte wat my nie sal roer nie ...

Namaste!

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top