Angus, daar's nog!

  • 15

Beste Angus,

Baie dankie vir hierdie maklik leesbaar en insiggewende bydrae.

Hoogtepunte bly maar Kobus de Klerk se intellektualisme dat Jupiter se mane net 'n mite is. Kobus de Klerk se Bybel wat hy as Jesus Christus (die Woord) verafgod, is in 'n stewige greep in sy hand en daarom meen Kobus de Klerk dat hy onwrikbare bewys vir alles in die Hemel en op die Aarde, ten volle in pag het.  

Ook nie veel agter Kobus de Klerk nie, blaas Chris Dippenaar se spirituele intelligensie as sy onbetwisbare bewys in Kobus de Klerk se nek met veronderstellinge soos byvoorbeeld dat die Kopte, Helleense en Ortodokses, te onlangs is om van enige nut in 'n studie  omtrent 'n mitologiese en historiese Jesus te kan wees. Wat sou die Kopte dan nou in ieder geval volgens die gerekende akademikus Chris Dippenaar, van 'n Horus en Isis weet?

Maar dan is daar nog die arme Wouter Ferns. Hierdie formidabele en sogenaamd Ingelse ingeligte, meen dis blote verdagmakery om hom daarop te moes wys dat die Britte in 1913 aan bewind was, en dit eintlik hulle is wat Apartheid die eerste keer op boek geplaas het - en nie die Afrikaners soos die populêre media in die hande van die korpokrasie dit probeer voorgee nie.

Maar dis nog niks; Wouter Ferns het volgens hom, selfs bewys dat die Katolieke en die Protestante, ook elk hul eie God aanbid - ja, volgens Wouter Ferns is die grense oral diep, kompleks en onoorkombaar, behalwe natuurlik in Mzansi se reënboog-demokrasie.

Derhalwe Wouter Ferns se der miljoene woorde "copy & paste" (spoeg en plak) as bewys vir alles, meen Wouter Ferns ook met die volle ondersteuning van Kobus de Klerk, Chris Dippenaar (en selfs die buiteperd Jaco Fourie), dat slegs 'n foto alleen genoegsame bewys vir iemand se doopname is. (Ek het hard gekyk, maar sien regtig geen doopname verby Wouter Ferns se pyn daarin geëts, of eens elders nie - sal jy ook asseblief kyk Angus?)

Geloof en ongeloof, het duidelik niks daarmee te make nie.

'n Mens kan net verwonderd staan teenoor al hierdie slimjanne met hul gebreinspoelde patologiese egotisme as absolute bewys vir alles aan't hand.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 15

Kommentaar

  • Kom nou Cornelius? — Kobus de Klerk het darem nooit beweer dat Jupiter se mane 'n mite is, soos jy verkondig nie. Die bewyse vir die bestaan van die mane is mos oorvloedig en net 'n volslae sot sal dit probeer ontken. Wat hy wel beweer het en waaroor die uitgerekte debat gehandel het, is dat die mane nie met verkykers en amateur teleskope waargeneem kan word nie.
    Groete
    Panda

  • CorneliusHenn

    Beste Panda,  

    Ek haal die volgende uit Kobus de Klerk se intellektualisme aan:  

    Maar, waar kom die stories van Jupiter en sy mane, vandaan? Dit is mitologie. Die Babiloniërs het dit vir hul afgod, marduk, aangesien. Die Romeine het aangesien as hulle hoof afgod en húlle ken die naam ‘jupiter’, wat beteken ‘father sky-god’, toe. Die antieke Grieke sien dit as hul afgod Zeus. Gedurende die donker Middeleeue is daar magiese vreugde-hoedanighede aan jupiter se astrologiese invloed toegeken en só kan ons aangaan. Kyk na die naam van die sogenaamde maan ‘ganymede’ – dit is ’n naam uit die antieke Griekse mitologie vir ’n prins uit die mitologie van Troje. So het die afgod jupiter dan seuns, een waarvan is ganymede. Dit is die historiese agtergrond van dit waaraan julle so verknog, is. Antieke mense in hul mitologiese religie wil hê dat hul afgod jupiter seuns moet hê wat sigbaar is. Daarom is die verhale van hoeveel seuns (mane) kwansuis bestaan, so verskillend. Dus, mense kan nie die mane sien nie, maar wil hulle sien en dig dan jupiter maan-status toe aan iets wat hul mitologie sal dien. Dit is eers met die kragtigste optika van satelliete en ruimtetuie waar die mane gesien word, maar hulle vertoon daar heeltemal anders as dit wat kwansuis van die aarde af sigbaar, is. Kortom, die antieke mens se mitologie het mane veronderstel by hul afgod jupiter wat sy seuns kon wees. Hier kom die fenomeen van kognitiewe optiese illusie ter sprake, veral die voorkoms van geometriese optiese illusie, waar distorsie van grootte, afstand, posisionering ens maklik kan voorkom en wat glad nie eens deur julle in ag geneem word, nie, asook optiese fabrikasie, waar goed 'gesien' word wat nie werklik verskyn, nie, of heel anders 'gesien' word as wat dit werklik voorkom. wyl dit 'n realiteit is wat invloed uitoefen. So word mane by jupiter 'gesien' asof dit van hier af sigbaar sou wees, wyl dit waarskynlik iets heel anders is onderweg, wat met jupiter niks te make het, nie. Dit is juis hierdie mitologie wat die naam van ganymede geïnspireer het. Lank voor Galileo, het mense al aanspraak gemaak dat hulle die mane kwansuis sien. Galileo (nes sommige van sy eweknieë), was baie ooglopend steeds baie beïnvloed deur die mitologie en het wel bewegende objekte gesien, wat hy eers as sterre geëien het. Toe maak hy die veronderstelling dat dit mane om jupiter moes wees. Daardie aannames is toe in astronomiese modelle ingebou en word sedertdien aangewend om as bewys te dien – Brianvds self, doen dit. Daar is egter géén kontrole of bewys vir dié aanname nie.

    (einde van aanhaling)

    Word die woorde "mite" en "mitologie" verwyderd vanuit 'n spiritueel intelligente oogpunt beskou?

    Indien so, vra ek verskoning en herhaal dat Kobus de Klerk, die "stories van Jupiter en sy mane", as mitologie beskou.

    Cornelius Henn

  • Chris Dippenaar

    Soos gewoonlik gaan dit hier oor niks anders as Cornelius se gekneusde ego. Jou gebruik van 'spirituele intelligensie' wat jy aan my probeer koppel gaan moeilik gesluk word en is maar net 'n goedkoop truuk van jou om my te assosieer met 'n onsamehangende konsep gebruik deur die fundamentalis.

    Cornelius, jou houding teenoor Wouter is besig om vir almal hier die ware kleure van jou vere te wys. Jy is so behep met jouself dat jy nie besef dat die bietjie simpatie wat daar soms is vir jou simpel idees besig is om te verdamp nie. Ons weet dat hierdie 'keiser' nie 'n draad klere aan het nie, het dit nog altyd geweet, maar het maar meeste van die tyd niks gesê nie. Wees nou 'n mooi soet seun en gaan trek vir jou 'n onderbroekie aan.

  • Chris,

    Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom Cornelius só ’n ondeurdenkte en absolute mis-gerigte skrywe plaas nie, en nogal opgewonde klink daaroor. Dit lyk vir my maar baie na aandagsoekery, verdagmakery en natuurlik, selfverheffing. Maar dan weer, kan ‘n man wat oorloop van allerlei liefde en vergiffenis, homself seker nie help nie ... óf miskien bulk die ou koeie in die sloot harder as wat enigeen van ons dink …

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, jou simpatie met Wouter Ferns, is niks anders as selfbejammering nie ... hou ook maar gerus hierdie spasie dop betreffende jou uitdaging aan my elders ... nes Wouter Ferns se oorweldigende taktiek van "copy & paste" om sy waan te bewys, net so het jy alle ordentlikheid verontagsaam in jou mistasting omtrent die katolieke se lering aangaande midrash, die mitologiese en historiese Jesus midde jou Horus en Isis gedweep ... derhalwe, dankie dat jy jou skynheiligheid omtrent jou beskouing van my "simpel idees", self uitwys ... jou masker het ook maar geval net omdat ek jou strooipoppe - die sogenaamde ware Christengelowiges, laat kantel het ... Cornelius Henn (met aangename herinnering aan Gilgamesh)

  • Hello, 

     
    Hierdie is soos voorspel en bevestig bogenoemde aanval onder die masker van 'n brief dat hierdie 'n poging is tot uitlokking en word ook bevestig deur vier kommentare elders waar daar daadwerklik gepoog word deur Henn om 'n reaksie te ontlok en word daar uitermatig op my persoon gehammer en is heeltemal buite orde en onaanvaarbaar en moet na regte nie toegelaat word nie. 
     
    Dit is duidelik dat Henn kan nie funsioneer sonder vyande of 'n vyande nie en bevestig hierdie hoe moeilik dit is vir Henn om nie te skryf behalwe in 'n aanvallende en erg persoonlike manier daarby. 
     
    Daar word dan weer aan Henn bevestig daar sal geen kommentaar wees van my kant af nie en is my opmerking aan Henn eenvoudig, 'gaan weg, jy mors my tyd' en onderneem ek om jou te ignoreer, veral in die lig dat dit wel aan my bekend is dat hierdie is rolle wat gespeel word en hierdie is 'n rol wat geen waarde toevoeg tot my kwaliteit nie. 
     
    Ook word die skielike verwysing na Kobus uit die bloute, daar is nie eers 'n gesprek elders nie, 'n bevestiging van hierdie poging om 'n mens in gesprek te dwing. 
     
    Hiermee dan weer, 'Henn los my uit'. 
     
    Die sirkel is voltooi en is ek nie die vyand wat jy nodig het om hier te skryf nie. 
     
    Hou aan skryf soos jy doen, hopelik sal jy jouself uitwoed oor tyd, maar geen suurstof van my af om jou vuurtjie te help nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • Hello Trienie, 

     
    Ek hoop jy lees hier, aangesien jy die enigste persoon is waarna Henn nog 'n bietjie luister, maar dit is opmerklik beide myself, Chris en Kobus is nie in gesprek met Henn nie en dan kom hierdie uittarting en poging om uit te lok. 
     
    Kan jy dalk sin aan Henn oordra? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, soos ek jou reeds mooi gevra het - hou jouself liefs hieruit as jy nie by die punt kan bly nie... stel liewer jou onsin reg as om so pateties hier rond te kruip en andere soos Chris Dippenaar, Jaco Fourie en selfs vir Kobus de Klerk, verder te ontstel!... STERKTE en nie te danke nie, Cornelius Henn

  • Jy's reg Cornelius! — Veral die volgende sin uit die gedeelte wat jy aanhaal bewys dit onomwonde: “Dus, mense kan nie die mane sien nie, maar wil hulle sien en dig dan jupiter maan-status toe aan iets wat hul mitologie sal dien.” 
    Ek wil my nou nie probeer verontskuldig nie maar ek moet bely dat ek selde verder as die opskrifte van sy bydraes lees.
    Ek hoop regtig nie die debat oor Jupiter se mane word hiermee nou weer heropen nie maar ek wonder maar net of die twee pragtige  foto’s van Ganymede http://apod.nasa.gov/apod/ap011215.html en  http://apod.nasa.gov/apod/ap110522.html as  vervalsings van NASA afgemaak sal word?
    Groete
    Panda

  • Hello Wouter,

    Ja ek lees hier. Weet nie hoekom. Want voorwaar speel elkeen sy rol stoomvol hier uit. Soveel so dat ekself soms wonder ... of ek iets mis.

     

    Panda,

    Dankie vir die asemrowende foto! 

     

    (Sommige rolspelers hier lyk my is met die maan gepla...)

  • Beste Cornelius,

    Die mens is onlosmaaklik aan sy gesig gebonde. Jou gesig is jy. Jou gesig bepaal wie en wat jy is en wat die toekoms vir jou inhou. Selfs die seuntjie wat beweer hy het sy oupa in die hemel gesien, het hom daar aan sy gesig uitgeken. Ja, 'n gesig sê wie jy is. As ek vir Wouter vra wie hy is, en hy stuur vir my 'n foto, dan weet ek wie hy is. 
     
    NP van Wyk Louw praat van dit wat om die grense van sy duister woorde flikker. Noem maar enige naam of skuilnaam van enige skrywer hier op SêNet en indien jy gelees het wat die persoon skrywe, het die noem van sy naam vir jou meer betekenis as net die blote naam. Ons weet almal wie  Wouter, Panda, Chris, Cornelius, Kobus, Pieter, Jan Rap, Trienie, Dolf en nog baie ander is.
     
    As ek dus na Wouter Ferns se foto kyk, sien ek dit is Wouter Ferns. As ek na jou foto kyk, sien ek dis Cornelius. My foto hou ek maar geheim, want anders sien my kollegas dalk wie ek is. 🙂
     
    Groete,
    Angus
     
    Ns. Ek hou glad nie daarvan dat my pêlle mekaar so in die hare vlieg nie. 
  • CorneliusHenn

    Beste Panda,  

    Dankie vir die pragfoto's en inligting wat jy met so gereeld ons deel.  

    Dankie ook vir jou insig.   Ja, ek neem niemand kwalik wat hulself net tot by Kobus de Klerk se opskrifte beperk nie. Ek dink ek is een van min wat met soveel vissermansgeduld al KdK se twak sit en lees. Ek glo tog dat daar miskien eendag ietsie verteerbaar uit sy besoedelde watertjie in die pan kan land.  

    Maar, die ergerlike Wouter Ferns jaag alweer met sy bootjie heen en weer oor die lyne. Kyk net met watse intellektualisme die arme Wouter Ferns alweer en intussen onder hoofde "Waar is die mane van Jupiter"? vorendag kom: "En so gaan die debat ... met heelwat ondersteuning vir Kobus se argumente indien korrek verstaan word aangesien ek die aanvanklike argument daaroor misgeloop het en Panda in sy inleiding die konteks tog uitlig ... en Kobus elders ook aangedui het dat hy nie die bestaan van die mane ontken het nie, na aanleiding van 'n redaksionele kommentaar van die New York Times deur my geplaas was." (lees hier - https://www.litnet.co.za/Article/waar-is-die-mane-van-jupiter)  

    Hoe deurmekaar moet jou medisyne wees as jy natgesweet 'n artikel plaas wat lees dat 'n mens Jupiter se mane in sekere omstandighede selfs met die blote oog kan waarneem, om daarmee Kobus de Klerk se waan dat Jupiter se mane nie eens met 'n gevorderde teleskoop van die aarde waargeneem kan word nie, te ondersteun?  

    Wel, dis nou wat 'n mens fundamentalis-kameraadskap kan noem!  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

  • My druppel Ierse bloed veroorsaak dat ek die grap altyd weke daarna vang. Ek wonder of ek nie iets uitgemis het wat ek liewer moes opgebring het nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top