Vir Perdebytjie (en Dolf)

  • 35

Perdebytjie, met die gebruik van mitologie waarna jy verwys word daar gewoonlik gepoog om aan te toon dat Christene hulle Jesus gesteel het van ander mites. Ek dink dat dit 'n hierdie argument in 'n doodloopstraat is wat hopeloos misluk daarin om punt vir punt ooreenkomste te wys met die storie van Jesus en die mites van ander gode. Ek sien nie veel fout met die probleme wat Dolf uitwys in hierdie benadering nie.

Dit beteken nie dat die storie van Jesus nie elemente het van pagan mitologie nie, en 'n baie meer geldige benadering is om te kyk na 'n die Hellenistiese wêreld en mitologie as 'n "kookpot", 'n ideale tipe, waaruit verskillende groepe tap vir eie gebruik. 'n Belangrike element van pagan mitologie wat gebruik word vir die Jesus-karakter is die idee dat 'n god sterf en dan weer opgewek word om vrede, verlossing, ens te bring aan aanhangers. Dit wys, as minimum, dat hierdie idee nie uniek was aan Christendom nie, maar 'n bekende tema was in die antieke gelowe van die Mediterreense wêreld.

Die mite-weergawe van die Zeitgeist-tipe laat die belangrikste bronne vir die skepping van Jesus as suiwer mite uit, naamlik, die Ou Testament, gnostisisme en die apokaliptiese idees van die 1ste eeu voor en na Christus. Die eerste bron wat ons het wat 'n vlees en bloed Jesus beskryf is die boek van Markus wat deur meeste skoliere gedateer word na die jaar 70. Dis belangrik om te weet dat hierdie datum die vroegste datum is omdat dit gebaseer is op die vernietiging van die Jerusalem-tempel en geensins beteken dat dit nie heelwat later kan wees nie.

Daar word verder ook aanvaar dat die briewe van Paulus die eerste geskrifte van die Nuwe Testament is en word gedateer na omtrent die jaar 50. Hierdie datum is gebaseer, nie sonder probleme nie, op die inligting van Handelinge, 'n vroeg 2de eeuse geskrif, en nie op die briewe self nie. Dit is verbasend hoe min Paulus weet van 'n vlees en bloed Jesus. Die bietjie wat hy sê van 'n historiese Jesus sal pas op 'n poskaart en is vir praktiese doeleindes amper waardeloos. Daar is ook heelwat onduidelikheid oor die Jesus waarna hy verwys. Paulus verwys telkens na die geskrifte (OT) waaruit hy Jesus ken. Ons kry die indruk dat die bestaan van Jesus openbaar word aan Paulus deur die skrif, eerder as verwysing na 'n historiese figuur. Wanneer die evangelies nie ingelees word in die woorde van Paulus nie, is daar die baie groot moontlikheid dat hy verwys na Jesus wat optree in 'n laer hemel, en nie hier op aarde nie. Gnostiese sieninge van Jesus deurspek die briewe van Paulus, 'n rede hoekom sy briewe populêr was onder die Marcioniete, en ons weet dat party gnostiese sieninge nie 'n figuur, of hy nou vlees en bloed was of nie, op aarde benodig het nie.

Dit is duidelik dat Matteus en Lukas vir Markus gebruik as bron, en dat Johannes, die laaste evangelie geskryf, nie onbewus was van die sinoptiese evangelies nie. Die Q-materiaal in Matteus en Lukas bestaan uit grotendeels gesegdes en gelykenisse wat toegeskryf word aan Jesus en bied geen historiese inligting nie. Ons sit dus met 'n enkele bron, naamlik Markus, wat ondubbelsinnig aanspraak maak op 'n historiese figuur. Met die skryf van Markus neem Jesus sy eerste tree op aarde, en die evangelies en Handelinge wat volg is gebaseer op hierdie werk. Maar daar is groot probleme met Markus omdat daar duidelik gedemonstreer kan word dat alles wat Jesus sê en doen uit die OT kom. Dis asof Markus absoluut niks geweet het, behalwe sy oortuiging dat daar 'n vlees en bloed Jesus moes gewees het, en dat hy hom sal kry in die geskrifte van die Jode. Markus gebruik die metode van midrash om Jesus te skep. As dit die geval is, wat bly oor waarop historici Jesus kan bou? Wat maak hulle so seker dat die enkele bron, Markus, wat glad nie vertroue inboesem as eerlike historikus in die sin wat ons vandag aanvaarbaar sal vind, nie Jesus geskep het as 'n suiwer fiktiewe karakter nie.

Die argument vir 'n mitologiese Jesus is nie 'n populêre een nie en word gewoonlik afgeskiet sonder dat daar na die argumente gekyk word. Die mees algemene reaksie is dat die meerderheid skoliere sonder twyfel weet dat Jesus as historiese figuur bestaan het. Die ding is, gaan kyk 'n mens na die historiese kriteria waarop hulle staatmaak, lyk dit asof die saak op sy beste met taamlike sekerheid gestel kan word. Nooit met absolute sekerheid nie. Dit moet noodwendig die moontlikheid van 'n mitologiese Jesus akkommodeer, en indien nie, hoekom nie? Daar is dan geen goeie historiese bronne wat 'n historiese Jesus bewys nie wat so 'n uitsluiting kan regverdig.

Die argument vir 'n mitologiese Jesus is kompleks en kan moeilik op 'n forum soos hierdie verduidelik word, veral deur iemand soos ek wat nie gekwalifiseerd genoeg om elke aspek daarvan bevredigend aan te spreek nie. Die idee dat Jesus 'n mitologiese figuur was is nie gebore met die rolprent Zeitgeist of die internet nie, maar dateer terug na David Friedrich Strauss se The Life of Jesus Critically Examined wat in 1846 vertaal is in Engels deur George Eliot (Marian Evans). Dermaid MacCulloch vertel in sy dokumentêre reeks A History of Christianity wat gebeur het met Strauss se loopbaan. Die moontlikheid dat Jesus niks meer as 'n mite kan wees was net te veel vir sy tydsgenote.

Ek dink dat die waarde van die mite-Jesus teorie daarin lê dat die soeke na die oorsprong van Christendom verdiep en 'n dimensie verleen aan die gesprek wat, in my opinie, ontbreek. Die moontlikheid dat Jesus 'n suiwer mitologiese karakter is, is geensins verregaande nie. Hierdie posisie kan natuurlik nie gehou word as dogma nie, maar kan wel 'n vraagteken plaas agter elke "feit" wat ons dink ons weet van Jesus.

Perdebytjie, ek hoop my bydrae help jou om nie weer dieselfde fout te maak nie. Dolf, jy was dalk 'n bietjie haastig met die beuelblasery.

Chris

Ns. Ek en Wouter het begin om hieroor te gesels hier: https://www.litnet.co.za/Article/levitikus-20-vers-13

Ek het 'n paar skakels gelos wat ek gehoop het hy sal volg en lees. Ek het 'n sterk vermoede dat hy dit nie gedoen het nie.

  • 35

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Chris, 'n mens sou verwag het dat enige logika, welke 'n figuur byvoorbeeld histories of as 'n mite bepaal word, konsekwent gevoer moet word ... hoeveel ander figure, soos Abraham selfs, kan as 'n historiese feit gereken word? ... tog word menige sulke figure, selfs in die onlangse geskiedenis, sonder veel bewaarde bewys van hul bestaan as feit aanvaar... daar is met hartseer 'n bepaalde vyandigheid teenoor Jesus Christus, antagonisme wat selfs jou sogenaamde objektiwiteit belemmer ... die wonder van geloof is juis in die openbaring daarvan - sonder enige bewys of logika - en in 'n mens se hart daarvan ... ek dink hierdie skat sal buite die bereik van die intellektualisme bly, totdat God, self, dit eendag aan almal openbaar ... derhalwe ek met hierdie geloof in my hart weldeeglik ervaar, ek eerlike ongelowiges soos jy, se voete ook sal was ... Namaste! Cornelius

  • Chris

     
    Aansluitend daarby dat Jesus as historiese figuur dalk nie bestaan het nie: Hoekom het geen van die groot skrywers wat gedurende Jesus se leeftyd geleef het, enige melding van hom gemaak nie? As Jesus wel so 'n opspraakwekkende figuur was, hoekom is daar so 'n dawerende stilte in geskiedskrywers van sy tyd se werke?
     
    Dankie vir die skakels. Hierdie soort debat verg baie leeswerk en dis einltik moeilik  om die kaf van die koring te skei. Ek probeer so min as moontlik google en lees eerder boeke waarin mense wat navorsing gedoen het, daaroor skryf.
     
    Ek is juis besig met 'n boek van Brian Baker: From Faith to Reason  en het van my informasie daar gekry.
     
     
  • Hi Chris,

    Wel, dit lyk vir my daar is iets waaroor ek en jy saamstem, alhoewel dit glad nie vanaf dieselfde verwysingsraamwerk is nie, of vanuit die dieselfde (waag ek om te sê) geloofsoortuiging nie.

    Vanuit ‘n “beuel-blaas” oogpunt, is ek jammer dat ek dié idee geskep het, omdat dit nie so bedoel was nie. Ek herken dat ek geen vreugde daaruit put as iemand sulke snert (soos wat Perdebytjie gedoen het) kwytraak om nie net hulself te probeer regverdig nie maar ook doelbewus? twyfel te probeer saai met dít waaronder juis hulself mislei is? Maar nog steeds regverdig dit nie dat die idee geskep is (deur my skrywe) dat ek “beuel-blaas” en Perdebytjie in die grond probeer trap nie…..dit is nie die geval nie. Maar ek dink wel dat dit nodig is om valshede direk aan te spreek en dit in die kiem te smoor – dít was die idee.

    Dit blyk duidelik uit jou skrywe dat jy met die idee van Jesus Christus as mitologiese figuur worstel en jou opvatting oor Hom daarop baseer, met ook ‘n “disektering” (“for lack of a beter word”) van die Bybel en veral die NT. Selfs Cornelius (glo dit of nie) verwys uit sy opmerking na die wonder van geloof wat nie logies of bewys (wetenskaplik skat ek) kan word nie. Soos telkemale vantevore, dui ek weer aan dat dié geloof wat Jesus as die Christus erken, eg en waar is omdat dit juis God gegewe is - Hy maak dit deur Sy Gees bekend. Hoe verduidelik ek aan jou of enigiemand wat nie werklik ‘n persoonlike verhouding met Christus het nie, en Sy hand in jou lewe werklik beleef nie, dat Hy werklik is en dat daar hoop vir elkeen is?

    Daarom dat, ek en ander gelowige christene (dink ek) maar op historiese, argeologiese, ens. bronne, feite, en dies meer, moet terugval en meer menslik aanvaarbare en verstaanbare redes voorhou om mee te redeneer, te argumenteer, ens. juis omdat ongelowiges, ateïste, ens. nie ware geloof verstaan, begryp, bewys of kan beredeneer nie. Maar dan weer, soos gesê word “God works in mysterious ways” en miskien word iemand wel bereik, juis deur hierdie besprekings, redenasies, ens., wat soekend na die waarheid is. Iemand het eenkeer geskryf dat christene moet versigtig wees hoe hulle teenoor alle mense optree omdat “hulle (die christene) dalk die enigste Bybel is wat iemand ooit sal lees”. Ongelukkig is ek die laaste een wat daarop kan roem dat ek dit regkry....maar dit daar gelaat (ek werk nog daaraan).

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Perdebytjie, dit is baie moontlik dat Jesus kon geleef het en dat niemand van belang ooit geweet het van hom nie. Daar was geen tekort aan wysgere, apokaliptiese profete, helers, kultus leiers en elke variasie en kombinasie van hierdie soort in die sinkretistiese Hellenistiese wêreld. In die algemene verdraagsame houding van die Romeinse Ryk kon hierdie groepe en individue floreer sonder om aandag te trek. Die stilte in die rekord van die eerste eeu kan verstaan word as gekyk word na buite-Bybelse bronne, maar hierdie stilte in van die vroegste Christen-dokumente is moeiliker om te verklaar. Tot met die skryf van Markus se evangelie, wat ek dink dateer na die jaar 90, is daar nie 'n enkele verwysing na enige "historiese" detail nie.

    Cornelius, selfs al was daar 'n historiese Jesus figuur, kan daar met geen sekerheid bepaal word wat hy gedoen en gesê het. Robert Price gee 'n OT en pagan invloed vir Markus in sy artikel 'New Testament Narrative as Old Testament Midrash'. Die historiese Jesus is heeltemal onsigbaar en nie veel meer as 'n generiese manekynpop waaraan hierdie materiaal gehang is nie. In hierdie geval is die onderskeid wat jy wil tref tussen 'n suiwer mitologiese figuur en 'n vleis en bloed historiese figuur nie daar nie.

    As jy nie wil deelneem aan "intellektualisme" nie en wil glo wat jy glo "sonder enige bewys of logika" gaan ek jou nie keer nie. Ek gaan my ook nie steur aan jou beskuldiging dat ek vyandig is teenoor die Christen geloof, en dat dit verhoed dat ek objektief kan wees as ek probeer kyk na die onderwerp. Ek mag dalk heeltemal verkeerd wees met my siening, maar ek dink nie dat om 'n Lotus-posisie langs jou in te neem 'n oplossing is nie.

    Dolf, ek worstel nie met die idee van Jesus as mitologiese figuur nie, ek dink slegs dat dit 'n sterk moontlikheid kan wees. Ek is nie 'n gelowige nie, en daar is geen druk op my om by ten minste 'n historiese figuur uit te kom nie. Met enkele uitsonderings, bv. Bart Ehrman, wonder ek soms hoekom die oorgrote meerderheid voorstanders van 'n historiese Jesus, ten spyte van hulle kretiek op sy goddelikheid, hulself nog steeds beskou as Christene. Sommige stel hom voor as 'n apokaliptiese profeet wat die eindtyd voorspel het. Ander sien hom as 'n Sinikus wat 'n nuwe morele grondslag lê vir die mensdom. Ander sien hom as 'n Seloot wat deelgeneem het aan die opstand teen die Romeine, ens. Dis asof die ontkenning van 'n historiese figuur hierdie laaste draadjie sal knip wat hulle verbind aan hulle geloof. Dit lyk vir my asof dit nie vir hulle regtig saakmaak wie hy was nie, solank hy net nie 'n mite was nie. Ek gee nie voor dat ek hulle gedagtes kan lees nie, ek wonder maar net.

    Hierdie onderwerp, die mitologiese Jesus, oordonder soms die gesprek, veral op die internet, en Wouter noem elders dat die gevolg van Christendom dalk die meer belangrike onderwerp vir bespreking moet wees. Dis dalk waar. Ons weet dat van die 3de en 4de eeu Christendom "rotsvas" gegroei het op die veronderstelling dat Jesus werklik bestaan het. Ek vind net die absolute sekerheid van historici wat betref die oorsprong van die historiese Jesus ongeregverdig. Ons weet eenvoudig nie met sekerheid of daar so 'n figuur was aan die begin van hierdie beweging nie.

    Ek vang myself elke nou en dan dat ek my geduld verloor met godsdiens, veral as KdK sy liegeiertjies hier kom lê, en dat ek dan onbeskof raak. Ek waardeer jou reaksie hierbo meer as wat jy besef. Jy stel 'n goeie voorbeeld (meeste van die tyd?) van hoe mense met mekaar kan gesels al stem hulle saam met omtrent niks.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Chris,  

    Jy maak 'n paar sinvolle opmerkings hierbo maar alvorens ek my daarby kan aansluit, dog ek net eers die volgende vir jou opklaar:  

    Al klink "intellektualisme", amper soos intellek en selfs intelligent (wat elkeen hier skynbaar dink hulle is), het dit hoegenaamd nie dieselfde betekenis nie.

    "Intellektualisme", is nes enige ander vorm van fundamentalisme, 'n dwaling.

    In algemene taal beteken "intellektualisme" gewoon die OORSKATTING (soos altyd maar met fundamentaliste die geval) van die funksie van die intellek ten koste van ander geestelike funksies.

    "Intellektualisme" is die leer dat kennis hoofsaaklik op verstandelike begrip berus en nie op ervaring nie.  

    Chris, nes jy darem genadiglik vrede het met ander se glo wat hul glo "sonder enige bewys of logika", het ek ook maar vrede as jy ervaring van die tafel wil vee.  

    Nietemin, jy tik: "Robert Price gee 'n OT en pagan invloed vir Markus in sy artikel 'New Testament Narrative as Old Testament Midrash'. Die historiese Jesus is heeltemal onsigbaar en nie veel meer as 'n generiese manekynpop waaraan hierdie materiaal gehang is nie. In hierdie geval is die onderskeid wat jy wil tref tussen 'n suiwer mitologiese figuur en 'n vleis en bloed historiese figuur nie daar nie."  

    Chris, ek ignoreer jou neerhalende sinnebeeld hierbo dat Jesus "'n generiese mannekynpop" (sic) is. Dit dui net weereens op jou selferkende "dat ek [Chris] my geduld verloor met godsdiens".  

    Vir jou inligting; Robert Price se beskouing word algemeen aanvaar deur katolieke - ook nie net aanvaar nie, maar sy werk word in besonder selfs met repek in hul katkisasie en Bybelstudies gebruik.  

    Na my wete en ervaring voer min katolieke 'n letterlike interpretasie van die Bybel, soos jul strooipoppe "Dolf" en die Kobus de Klerk's.  

    Chris, nes ek my nie verantwoordelik vir Wouter Ferns of Dolf se gebrek aan agtergrond kennis voel nie, voel ek my ook nie aanspreeklik vir jou gebrek aan kennis of ervaring oor die katolieke se sinkretiese uitdra van die Evangelie nie. Daarom gaan ek my nie vermoei om statistiek of enige ander bronne hier aan te haal nie. Google, soos "Dolf" elders aanbeveel. Hoekom moet 'n mens in ieder geval altyd die slimjanne en kuber -boelies met 'n lepeltjie voer?  

    Ek raai jou en Perdebytjie aan om verby die sogenaamde ware Christengelowiges se verafgoding van die Bybel as die Woord te kyk. Vir jare reeds beledig en hoon hulle my ook as sogenaamde hutspot stoker, net omdat hulle so sleg onkundig is oor die wye en oop Godsdienswêreld sonder grense, buite hul vasomlynde Calvinisme, en die sinkretiese uitdra van die Evangelie aan "heidene" - of te wel - die pagans.  

    Derhalwe wil ek jou as entoesiastiese student van die Bybel aanbeveel om minstens ook die Koptiese, Helleense en Ortodokse beskouing van Jesus te bestudeer. Elkeen van hierdie uiteenlopende lote van katolieke het deur die sinkretiese uitdra van die Evangelie in hul onderskeie "heidense" kulture en tale, ontstaan. Hul onderskeie Bybels verskil heelwat, en veral omtrent die historiese beskrywinge van Jesus, maar hulle dra almal die Evangelie met dieselfde hart uit.  

    "All great truths begin as blasphemies." - George Bernard Shaw.  

    Namaste!  

    Cornelius    

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ek dink nie ons praat van dieselfde Robert Price nie.

    Die Koptiese, Helleense en Ortodokse beskouing is heeltemal 'n ander onderwerp, volg in 'n latere tydperk, en irellevant tot die onderwerp hierbo, nl. die oorsprong (1ste & 2de eeu) van die Jesus-beweging.

  • CorneliusHenn

    Chris,  

    Van watter Robert Price praat jy dan?... en, hoe op aarde kom jy by " Die Koptiese, Helleense en Ortodokse beskouing is heeltemal 'n ander onderwerp, volg in 'n latere tydperk, en irellevant tot die onderwerp hierbo, nl. die oorsprong (1ste & 2de eeu) van die Jesus-beweging."?  

    Lees net die eerste paar sinne hier: [ http://suscopts.org/coptic-orthodox/church/saint-mark/   ] The Coptic Church or the Church of Alexandria is called "Sees of St. Mark"; one of the earliest four sees: Jerusalem, Antioch, Alexandria, and Rome.

     

    Die Kopte  is onteenseglik van die eerste katolieke - of te wel, en in terme van jou neerhalende verwysing - die eerste in die sogenammde "Jesus-beweging".

    Die Kopte is inderdaad ook deur die Heilige Markus, na wie jy in jou bydrae hierbo verwys, gevestig.  

    Dis algemene kennis dat die Hellene en Ortodokses, deur die bediening van die Heilige Paulus gevestig is.  

     

    Die Roomses is eers deur die getuienis van die Heilige Petrus gevestig, en toe later ook deur die Heilige Paulus bedien.  

    Die Kopte, Hellene en Ortodokse beskouing van hetsy 'n historiese, of mitologiese Jesus, irrelevant?  

    Nee wat Chris, ek dink jy dra swaar aan jou Calvinistiese ontnugtering, die wat jy jouself so eng tot jou ware Christengelowige strooipoppe en hul dwalinge hier beperk.  

    Cornelius

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ou slim seun, vertel my so 'n bietjie meer van die werk van Robert Price wat julle bespreek in die Katolieke Kerk. Wat dink jy, byvoorbeeld, van sy artikel wat ek hierbo noem?

    Jy weet, ek is regtig nie vreeslik lus om hierdie onderwerp met jou te bespreek nie. Neem 'n tydjie af, lees iets oor die onderwerp, en kom dan terug. Ek gaan nie my tyd mors deur agter jou "red herrings" aan te hardloop nie. Die skakel wat jy hierbo plaas bewys dat jy nie die vaagste benul het van die onderwerp nie. 

  • Hello Chris, 

     
    Ek het toe die skakels wat jy geplaas het vir LRB, sien ek, ook gaan opvolg en by die artikels uitgekom en sien ek Price is 'n aanbieder van 'n program wat ek weet jy hou van, 'Point of Inquiry'.
     
    Dit was vir my opmerklik die verwantskap wat Price tussen Homer en die skrywers van die evangelies gemaak het en hoe die verhale sirkuleer. 
     
    Daardie argument aanvaar ek in die algemeen alhoewel ek ook aangedui het die bevestiging van patrone is 'n uitdaging maar het intussen op my Kindle rondgekrap en in die 'Blackwell Companion to Jesus' & 'Jesus in Historical Context', die algemene tendens oor die mitologiese Jesus kon bevestig. 
     
    So ja, dit is 'n probleem, die verhale wat sy bestaan skets funsioneer in die formaat van die verhale van die Grieks-Romeinse tydperk en die word nou as fiksie 'afgemaak', terwyl hierdie verhale wat dieselfde patroon volg as werklike geskiedenis beskou word. 
     
    Nog meer as met gewone boeke, maak 'n Kindle nog meer dat jy boeke aankoop wat jy net 'n bietjie later gaan lees en so hoop dit op. 
     
    Daar is tog veel waaroor ons in ooreenstemming kan wees. 
     
    Die enigste verskil is dat ek glo Yeshua het bestaan maar dat dit onmoontlik is om 'n historiese bevestiging van sy dag tot dag te bied. 
     
    Neem die vermeerdering van die visse, dit is 'n verhaal uit Homer uit, indien ek reg kan onthou. 
     
    Maagdelike geboortes wat die norm is Grieks-Romeinse verhale. 
     
    Angus het ook al daarna verwys. 
     
    Dit is die moeite werd vir daardie metodiek in detail dalk weer hier te beskryf. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wel Chris, ek't eintlik lankal gedink dis tyd dat jy liefs jou eie raad begin volg ... nietemin, ek dink jy onderskat miskien ander se intelligensie - al is die sentiment hier miskien erg ten gunste van jul strooipoppe ... ek nooi enigeen om maar self die kommentaar hierbo te volg en jou onthutstheid, veral gaande die Kopte, Hellene, en Ortodokses hierdie keer, te lees ...

  • CorneliusHenn

    En die punt is?...  

    Dit blyk vir 'n leek soos ekke, of Chris  hard probeer om gewoon 'n mitologiese beskouing van Jesus Christus, as iets ongewoons te probeer afmaak.  

    Derhalwe verwys Chris heel korrek na die Hellenistiese wêreld en mitologie as 'n "kookpot"; die idee dat 'n god sterf en dan weer opgewek word om vrede, verlossing, ens te bring aan aanhangers ... nie uniek was aan Christendom nie, maar 'n bekende tema was in die antieke gelowe van die Mediterreense wêreld, ... ensovoorts.  

    Chris erken ook ruiterlik dat "Die argument vir 'n mitologiese Jesus is kompleks en kan moeilik op 'n forum soos hierdie verduidelik word, veral deur iemand soos ek [Chris] wat nie gekwalifiseerd genoeg om elke aspek daarvan bevredigend aan te spreek nie." ... dis duidelik en voor die handliggend.  

    Enige ervaring van iemand soos ekself wat wel saam met die sogenaamde Mediterreense heidene aanbid, is egter 'tyd mors deur agter "red herrings" aan te hardloop' volgens Chris ...  

    Nou ja, 'n mens wonder of Chris self weet agter wat hy hier probeer aanhardloop?  

    Chris reken ook dan totaal verstaanbaar dog totaal verkeerd: Die Koptiese, Helleense en Ortodokse beskouing is heeltemal 'n ander onderwerp, volg in 'n latere tydperk, en irellevant tot die onderwerp hierbo, nl die oorsprong (1ste & 2de eeu) van die Jesus-beweging.  

    Ja, en dit wyl die Kopte onteenseglik van die eerste katolieke is en deur die Heilige Markus, na wie Chris in sy bydrae hierbo verwys, gevestig is.

    Dis algemene kennis dat die Hellene en Ortodokses, deur die bediening van die Heilige Paulus gevestig is.

    Die Roomses is eers deur die getuienis van die Heilige Petrus gevestig, en toe later ook deur die Heilige Paulus bedien.  

    Daarom is agtergrond kennis van die Kopte, Hellene en Ortodokses in enige studie omtrent die mitologiese en historiese beskouinge van die katolieke self belangrik.  

    Hoekom sou enige opregte student van die Bybel, ander vertakkinge buite die eng Calvinistiese beskouing wou weglaat?  

    Chris, nes baie ander "intellektuele" hier, is duidelik erg paranoïes vir kritiek - ek meen, hoe de hel kan hulle in hul grote intellektualisme verkeerd wees?  

    En dis my ervaring; menige "ateïs" wat hier kom en gaan, voer hul "anti" Godsdiens op grond van hul Afrikaanse Calvinistiese opvoeding. Hul kritiek teen alle Godsdiens word veralgemeen asof die Calvinisme, die enigste "ware geloof" in hul lewe kon wees - maar nou "ontgroei" is...  

    Richard Dawkins, Charles Darwin, Albert Einstein, ... ensovoorts, skud slegs Protestante hier en in die res van die wêreld - en die skokke is groot - en die beursies word dik ... maar, die katolieke word nie gesteur nie; inteendeel!

    Robert Price met wie Chris my hierbo probeer doodgooi het, se werk "OT Testament Narrative as Old Testament Midrash" is algemene kennis by katolieke. Boonop is Robert Price geen ateïs nie, maar 'n formidabele "hutspot stoker" (nes die uwe).  

    Ek is teleurgesteld in Chris se vertroetelinge van sy eie onkunde, maar glad nie verbaas nie.  

    Dis duidelik dat daar baie soos Chris is wat op geen manier van hul intellektualisme (gelowig of ongelowig) genees wil word nie - veral nie as die intellek (kennis) van buite hulself kom nie.  

    Wel, daar is seker niemand so blind wat nie WIL sien nie; niemand so doof wat nie WIL hoor nie...  

    Ten einde laaste maak niks van 'n historiese of mitologiese Jesus vir enige katoliek saak nie - selfs al dra hulle die Evangelie sinkreties en in terme van pagane mites uit ... dis om self die deur van jou hart vir God oop te maak en die mite, of selfs die historiese figuur, in jou hart begin leef ...

    Ek is steeds bereid om enige ander belangstellende wat hier lees en meer wil weet omtrent die heelhartige vermenging van die Evangelie met "heidense" mites, soos byvoorbeeld Horus en Isis, te antwoord. Daar is inderdaad 'n baie lang lys van sulke voorbeelde in beide die Ou Testament en die Nuwe Testament.  

    Suiwer (ware) Godsdiens, bestaan net in diegene se gedagtes wat oorlog wil saai!  

    Mag Jesus Christus onse HERE, self die mite van Sy bestaan in elkeen se hart laat lewe.  

    Namaste!  

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke liefde,  

    Cornelius

  • Hello, 

     
    Ek is dit eens met Perdebytjie dat ek wil my ook nie graag wend tot Google en Wikpedia nie en verkies 'n boek en dan opstelle soos die volgende wat onder die toesig van 'n redakteur staan maar bevestig ook dat Chris se uiteensetting meer as redelik is en die kwessies goed aandui. . 
     
    Die voordele van 'n redakteur is vanselfsprekend aangesien dit toelaat dat die kaf van koring geskei word. 
     
    Met dit dan net as 'n inleiding die volgende. 
     
    Die onderwerp is kompleks en het 'n magdom van aspekte wat ondersoek moet word. 
     
    The Blackwell Companion to Jesus (Wiley-Blackwell Companions to Religion)
    Kindle Location: 8348-83  | Added on Monday, June 03, 2013, 07:43 PM
     
    CHAPTER 19 
    The Quest for the Historical Jesus: 
    An Overview David B. Gowler 
     
    The Jesus portrayed in the gospels transcends human abilities and categories. 
     
    For most of Christian history, this transcendence posed little difficulty, but the rise of the historical method during the Enlightenment ensured that some would seek for a Jesus who was explicable within the limits of human history. 
     
    So began the quest for the historical Jesus. In this overview of the quest, we will investigate the sources for the quest, the reasons for the quest, the history of the quest, various criteria of authenticity that historical Jesus scholars utilize, and some recent portraits of Jesus that have emerged from the quest. 
     
    To a large degree, the quest has been determined by the question, “For whom are you looking?” (John 20:15). 
     
    The Johannine Jesus asked Mary Magdalene this question outside the empty tomb. Mary, the gospel reports, did not recognize Jesus and supposed him to be the gardener. 
     
    In some respects, Mary’s (mis)perception of Jesus can be a metaphor of the quest for the historical Jesus: the Jesus for whom we look, because of our presuppositions, determines to an extent the Jesus we find, as well as the aspects of Jesus that we overlook or even misconstrue. 
     
    As we search for the historical Jesus, how and where we begin influences where we go, and what we look for influences what we see. 
     
    Sources for the Quest 
     
    Unlike Mary, we do not have Jesus standing before us; instead we have to sift through sometimes problematic historical evidence. 
     
    Outside the canonical gospels, this data is limited. 
     
    The Jewish historian Josephus provides some evidence, but sections of those references include later Christian interpolations. In his Antiquities (mid-90s CE), Josephus refers to Jesus as a “wise man,” a “doer of startling deeds,” and a “teacher of people” who gained a following from both Jews and Gentiles. He also relates that Pontius Pilate condemned Jesus to death and that the “tribe of Christians” still existed (Antiquities 18.63–64; cf. Dunn 2003, 141). A later chapter in Antiquities refers to James, “the brother of Jesus who is called the Christ” (Antiquities 20.200). 
     
    Information about Jesus in non-Jewish sources is even sparser. 
     
    Pliny the Younger (ca. 111 CE) notes that Christians worshiped “Christ as god” (Epistles 10:96) but relates no information about Jesus’ life or teachings. 
     
    The Roman historian Tacitus (ca. 116–117 CE) says that Jesus was executed “in Tiberius’s reign by the procurator of Judea, Pontius Pilate” (Annals 15.54). 
     
    The Roman historian Suetonius (ca. 121 CE) only mentions that the emperor Claudius “expelled from Rome the Judeans who were constantly rioting at the instigation of a certain Chrestus” (Life of Claudius 25.4). 
     
    What these sources mainly reveal about Jesus is that he was executed by Pilate and that his followers continued after his death. 
     
    Most apocryphal gospels are dependent on the canonical gospels, with the Gospel of Thomas being a possible exception. In some instances, Thomas’ wording seems closer to the voice of Jesus than the parallel synoptic traditions (e.g., Thomas 20; 31; 65). 
     
    Other apocryphal gospels reveal much about the Christians who wrote them, but little about the historical Jesus. Most stories are clearly legendary, such as that in which a five-year-old Jesus makes clay sparrows and then brings them to life (Infancy Gospel of Thomas) or that in which a vegetarian Jesus refuses to eat lamb at Passover (The Gospel of the Ebionites). 
     
    Outside of the four gospels, the rest of the New Testament gives minimal evidence about Jesus’ life and teachings. 
     
    The earliest source, the apostle Paul, relates that Jesus was born a Jew (Gal 4:4); that he had brothers, including one named James (1 Cor 9:5; Gal 1:19); and that he had twelve disciples (1 Cor 15:5).....
     
    So begin die inleiding tot die soeke na die Jesus, Yeshua of die mitologiese oorsprong van hierdie figuur......Watter een ook al waar mag wees? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Chris et al, 

     
    Nog 'n skrywer na wie ek graag verwys is Peter Brown, http://www.princeton.edu/history/people/display_person.xml?netid=prbrown, Professor Emeritus Title: Philip and Beulah Rollins Professor of History, Emeritus. Senior Historian. 
     
    Die boek van Professor Brown is 'n monumentale werk en bevestig die volgende uitreksels uit hoofstuk drie waarop ek steun wanneer ek argumenteer dat dit gewoon die sameloop van omstandighede is dat daar so hare gekloof word oor Yeshua. Indien nie vir die rigting waarin die geskiedenis ontwikkel het sou die gesprek dalk gefokus het op pagans. Maar wie weet maar bevestig hoekom ek nie met die beste wil kan glo in 'n 'god', die se 'seun' en alles wat uit dit gekom. Alles hierdie is 'n mite al mag daar 'n verdwaalde Yeshua homself as 'n profeet beskou het......
     
    Daarom dan die volgende en beveel ek hierdie boek net soos die Blackwell Companion to Jesus met graagte aan. Al mag Henn my as ongelig beskou. 
     
    The Rise of Western Christendom: Triumph and Diversity, A.D. 200-1000 (Making of Europe) (Peter Brown)- 
    Kindle Location. 2887-2944  | Added on Monday, June 03, 2013, 08:05 PM
     
    Tempora Christiana: Christian Times 
     
    “The religion of the Greeks … has vanished from the earth”: 
     
    The End of Paganism, Official Version 
     
    The religion of the (pagan) Greeks, made dominant for so many years, by such pains, by the expenditure of so much wealth, and by such feats of arms, has vanished from the earth.1 Thus wrote a Christian priest, Isidore of Pelusium (a seaport close to modern Port Said, Egypt) in around A.D. 420. 
     
    All over the Roman empire, articulate Christians, such as Isidore, claimed to enjoy the inestimable advantage, in a time of rapid change, of belonging to a group convinced that history was on their side. 
     
    They looked back on the century which followed the conversion of Constantine as an age of triumph. 
     
    They saw the changes of that time against a majestic, supernatural backdrop. 
     
    Long ago, Christ had broken the power of the gods. When Christ was raised on the Cross at Golgotha, the invisible empire of the demons had crumbled. 
     
    What happened on earth in the fourth century merely made plain the previous, supernatural victory of Christ over his enemies. 
     
    It was a “mopping-up” operation. The dislodging of the demons from their accustomed haunts – the removal of their sacrificial altars, the sacking of their temples, the breaking of their statues – was presented as the grandiose, and satisfactorily swift, equivalent, on the public level, of the well-known drama of exorcism. 
     
    In exorcism, the gods were driven from the body of the possessed by the victorious power of the Cross. 
     
    Now they would be driven, equally brusquely, from the temples, and the sign of the Cross would be carved on the doorposts to mark the triumphant “repossession” of the temple by Christ.
     
    2 A sense of history moving swiftly to its preordained conclusion runs through much Christian preaching and most Christian narratives of the period. In 404, a group of pagan notables in the small North African town of Boseth (in the Mejerda valley of Algeria) entered the Christian basilica to listen to a sermon by a famous visiting bishop, Augustine of Hippo. 
     
    What they heard was an exhortation to wake up, to listen to the strepitus mundi, the roar of the Roman world, like the unanimous chanting of a great crowd in the circus, as it acclaimed the victory of Christianity.3 
     
    We should not underestimate the fierce mood of Christians in the fourth century A.D. For centuries, the churches had consisted of small, compact groups, tensed against the outside world. These groups had recently emerged from widespread persecution. It was not a situation likely to breed tolerance of others. 
     
    Furthermore, as we have seen in the case of the martyrs, Christians made sense of their world in terms of a clash of gods. 
     
    The power of Christ was pitted remorselessly against the malevolent power of the demons who lurked behind the façade of traditional polytheist worship. The unexpected conversion of Constantine in 312, and his subsequent support of the Church, seemed to be a triumphant vindication of this militant view of the world. 
     
    By patronizing the Church, Constantine had wished to gain the support of the God of the Christians. Whether he wanted to foster renewed religious violence (this time, by Christians against pagans) is another matter. 
     
    But the Christian bishops thought otherwise. For them it was now or never. They considered that they had won the right to finish off the struggle with the gods. 
     
    For the leaders of the Christian communities now found themselves in a position where they could not afford to lose momentum. 
     
    Once the Great Persecution had ended, the Christian churches ceased to be small, alienated groups, able to control the behavior of all their members. 
     
    Large congregations came to contain many wavering believers. For such persons, polytheism was dangerous simply because it was still there: it was still so well established and so seductive. Hence the larger the Church became, the more vital it was for the bishops to “take out” (to use military language) the enemy’s positions by pre-emptive strikes. 
     
    Oracles had remained popular: many were shut down. Great temples were deliberately violated: their doors were broken and their sanctuaries defiled, if only to prove that the gods associated with them were unable to protect their shrines against such sacrilege. 
     
    Statues of the gods were broken up with deliberate care: their heads, arms, and legs were broken off, so as to deprive them of the divine “life” which their worshippers (and many half-hearted Christians also) had seen in them.
     
    4 These pre-emptive, “first strike” measures were not necessarily expected to convert pagans. They took place, rather, so as to hold in newly converted Christians by removing from them the temptation offered by old places of pagan worship. 
     
    The Christian empire was fully implicated in these actions. Emperors had always been expected to have a firm religious policy in order to be sure of the support of the gods. 
     
    From 250 onwards, and especially during the Great Persecution initiated by Diocletian, the authorities had shown no hesitation in fostering the traditional religiones of the empire by “taking out” the Christian Church – by forbidding its meetings and destroying its property and sacred books. 
     
    Constantine and his Christian successors did the same in reverse. They put very little direct pressure on individual pagans: there were no pagan martyrs. Rather, from time to time, the emperors took measures to render pagan worship incapable of being performed in public. 
     
    After 312, first Constantine, then his devout son, Constantius II (337–361), and, finally, Theodosius I (379–395) progressively forbade public sacrifices, closed temples, and colluded in frequent acts of local violence by Christians against major cult sites – of which the destruction of the gigantic Serapeum of Alexandria, in around 392, was only the most spectacular.
     
    5 These governmental actions were sporadic. It was Christian opinion which invested them with an aura of inevitability. Contemporary Christians never treated polytheism as a living religion. It was deemed to have been, from the start, an obsolescent faith, a superstitio. 
     
    In the sharp words of an early edict of Constantine, polytheists might, if they wished, “celebrate the rites of an outmoded illusion,” provided that they did not force Christians to join in them.
     
    6 Even in regions of the Roman world where polytheism was not subjected to direct attack, it was allowed to exist only on condition that it was seen to be an empty shell, drained of supernatural power. All over the Roman world, the urban landscape changed. 
     
    The temples became dead spaces. Their increasingly dilapidated state proclaimed the rise of a new religious group, whose religio (the worship of Christ) was officially declared to be responsible for the safety of the Roman empire.......
     
    Die res is geskiedenis. 
  • Chris Dippenaar

    Cornelius, as Robert Price geen ateïs is nie, maar 'n formidabele "hutspot stoker" (nes jy), is ek die pous. Ek wag nog in spanning dat jy iets konkreets te sê het van sy werk, behalwe dat dit hy algemene leesstof is vir Katolieke.

    Ek plaas die skakel na sy artikel hier onder sodat jy dit kan lees, sekerlik vir die eerste keer. Ek en jy weet dat jy besig is om 'n kans te vat en dat jy besig is om te lieg!

    Jou slot is pragtig: "Mag Jesus Christus onse HERE, self die mite van Sy bestaan in elkeen se hart laat lewe". Alle sterkte met die verkoop van hierdie een.

    http://www.robertmprice.mindvendor.com/art_midrash1.htm

    Hiermee dan die einde van die gesprek met jou.

     

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Dankie vir jou bydraes. Ek sal graag die werk van Bart Ehrman wil byvoeg by jou aanbevelings. Ek dink dit sal moeilik wees om die argument vir die mitologiese Jesus te volg alvorens hy/sy bewus is van die historiese benadering. Ehrman se werk bied 'n goeie inleiding tot die onderwerp.

    Na aanleiding van jou skrywe hierbo: "Die enigste verskil is dat ek glo Yeshua het bestaan maar dat dit onmoontlik is om 'n historiese bevestiging van sy dag tot dag te bied". Ek sou dit ietwat anders gestel het: "Ek het geen sekerheid of Yeshua bestaan het of nie. Dit is onmoontlik om 'n historiese bevestiging van sy dag tot dag te bied". Vir my is hierdie die meer redelike posisie. In 'The Christ Myth Theory and It's Problems' sê Robert Price: "Might there still have been a historical Jesus who, however, has been irretrievably lost behind the stained glass curtain of his own glorification? Indeed. But I should think the burden of proof lies with the one who would affirm such a Jesus" (p.50).

    Geniet jou lees oor hierdie onderwerp. Dalk kan ons op 'n ander keer weer hieroor gesels. Vir nou moet ons maar terugsit en die duif wat hier saam wil skaak speel sonder reëls dophou.

    Chris

  • Mmmm,

    Snaaks die gees van die mens sal altyd soek na sy Geesgewer en Skepper. Of dit nou gelowig of ongelowige is. Mag jul in jul soeke die ware lewende God vind. Dis die moeite werd ...

  • Hello Chris, 

     
    Vanaf die gesprek begin het tot en met die plasing van die verwysings waaruit ek put het daar 'n beweeg in my denke plaasgevind en besef ek nou hoe groot die uitdaging is wat daar is om Jesus te vind in die tekste en die persoon te bevestig as 'n werklikheid. 
     
    Die verwysings na Jesus is skraal in tekste buite die Bybel maar in die algemeen is die ingesteldheid dat geskiedskrywers geglo kan word wanneer daar verwysings is na historiese figure. 
     
    Dit is die gronde waarop ek steun vir my stelling dat daar was 'n werklike Yeshua net soos ek aanvaar dit is amper onmoontlik om 'n biografie van hom te skryf. 
     
    Die uitdagings is net te veel, Jesus wat self niks geskryf het nie en daarom net geken kan word soos Sokrates deur wat ander oor hom geskryf het. 
     
    Tog word Sokrates as werklik aanvaar net soos die verhale oor Sokrates ook volgens 'n patroon geskied net soos die verhale oor Jesus. 
     
    Die patroon van die verhale haal die bonatuurlike uit die verhale uit volgens my en plaas dit dan onder die skeppings van die tyd en die verwagtinge wat die onderskeie gelowe gehandhaaf het en die verhaal wat dan daaruit ontwikkel net soos die oorwinning van Christenskap in 420 AD die figuur van Jesus verhef het tot die status wat Jesus vandag het.
     
    Was dit nie vir dit nie dan was hierdie Yeshua maar net nog 'n figuur 'n rand geloof. 
     
    Judaisme in sekere terme is net van belang weens die dawerende sukses van Christenskap, neem dit uit die prent en waar sou die Joodse geloof gestaan het? 
     
    Ek het na die Bart Ehrman gekyk en sal dit aanskaf einde van die maand want ek het te rof aangegaan betaaldag 25 Mei en het 8 duur Kindle boeke gekoop onder andere die een van Peter Brown. 
     
    Die Blackwell Companion to Jesus asook 'n aparte een oor Paul het ek al ruk terug gekoop na die pryse van ongeveer $150 na $35 verminder is. $150 vir 'n Kindle boek? 
     
    Baie dankie vir die gesprek ek het dit geniet en laat ons sien hoe die duif skaak speel. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Pous Chris Dippenaar,  

    Met alle respek, ek dink jy moet maar jouself met jou strooipoppe op die werf bevredig.  

    Dis in elkgeval ironies hoe gekwes jy voel as ek die sogenaamde ware Christengelowiges (wat waarskynlik ook net vertakkinge van die Protestante sou insluit) se verafgoding van die Bybel as die Woord (God) in die lig bring.  

    Robert M Price, het reeds 'n lang en betekenisvolle pad in die lewe gestap. Deur die jare het ek baie by sy standpunte aangesluit. Die naaste wat hy ooit aan ateïsme gekom het, was iewers in 'n debat met ene Douglas Jacoby, toe hy na homself as 'n Christen-ateïs verwys het.  

    Nou ja, ek het lankal vrede om selfs geheel en al sonder die titel "Christen" geken te word.  

    Robert M Price, het duidelik niks met jou onderwerp, of die punt wat jy hier probeer maak te make nie. Hy is gewoon net 'n middel tot jou eie egotistiese doel. Om hierdie eenvoudige rede gaan ek ook nie jou intellektualisme verder ontspoor deur nog op Robert M Price se kosbare werk vanuit 'n katolieke oogpunt beskou, uit te brei nie.  

    Ek nooi egter enige belangstellende om self na hierdie kort video op Youtube te kyk, miskien herken hulle vir Robert Price daarin, en kan dan self verder Google en navorsing doen oor die "New Thought".

    Die video kan hier gekyk word: http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=tEDnck6sWSg  

    Derhalwe (en vir oulaas onder jou Horus en Isis gedweep), kan ek sekerlik die male der male wat ek na midrash en die sinkretiese uitdra van die Evangelie verwys het, hier noem - asook my verering en verwysings na helde soos Carl Sagan, Charles Darwin, Albert Einstein, ... om net 'n paar te noem.  

    Chris, kry vir jou 'n nuwe bril.

    Namaste!

    Koptiese, Helleense en Ortodokse groete, 

    Cornelius  

    (en o ja, dankie vir jou skakel hierbo. Sou hulle dit bewaar en selfs lees, mag dit dalk net vir die Wouters en die Kobus de Klerk's bewys dat ek verseker nie die vader van sinkretisme is nie - wie sal ooit weet)

     

  • Chris Dippenaar

    Robert Price in 'n effens langer weergawe as Cornelius se 5 sekondes "sound bite" oor 'New Thought'. http://www.pointofinquiry.org/robert_m_price_top_secret_the_truth_behind_todays_pop_mysticisms/

    Die debat tussen James White en Robert Price is tussen 'n Katolieke apologeet en 'n ateïs.

    Ek wag natuurlik, sonder om my asem op te hou, vir 'n verduideliking vir die volgende van Cornelius:

    1. "Vir jou inligting; Robert Price se beskouing word algemeen aanvaar deur katolieke - ook nie net aanvaar nie, maar sy werk word in besonder selfs met repek in hul katkisasie en Bybelstudies gebruik".

    2. "Robert Price met wie Chris my hierbo probeer doodgooi het, se werk "OT Testament Narrative as Old Testament Midrash" is algemene kennis by katolieke. Boonop is Robert Price geen ateïs nie, maar 'n formidabele "hutspot stoker" (nes die uwe)".

  • CorneliusHenn

    Hel Chris, ek weet eerlik nie watter deel jy nie verstaan nie ... ek merk dat my aanhaling wel verkeerd is ... OT moes NT lees, dus "NT Testament Narrative as Old Testament Midrash" ...  kan dit dalk jou beswaar wees?... indien, vra ek nederig om verskoning ... maar kan dit ook wees dat jy dit regtig so vreemd vind dat midrash en sekretiese leer in katolieke gemeenskappe geken word? ...

  • Chris Dippenaar

    My verskoning dat ek James White aandui as 'n Katoliek. Hy is nie een nie.

    Dit neem egter nie weg dat Robert Price as ateïs optree in hierdie debat.

  • CorneliusHenn

    Pous Chris Dippenaar, jy't nou geheel en al, en self van jou onderwerp gedwaal waarskynlik net om jou dwaling omtrent die Kopte, Hellene en Ortodokses, onder die mat te probeer vee ... derhalwe bevestig jy jou ontnugterde Calvinistiese beskouing dat enigiets buite die Protestante, ateïsties MOET wees... sien, dit maak nie saak hoeveel skakels jy omtrent Robert Price hier gaan plaas nie (waarvoor ek jou ook heelhartig wil bedank), Robert Price is 'n diep geestelike mens - "a deep and sensitive spriritual being" - nes Albert Einstein, Charles Darwin, Carl Sagan, en vele ander ... iemand wat geestelik gesteld is, kan miskien as agnost (anders as per Kobus de Klerk se definisie daarvan), panteis..., en vele ander teïstiese definisies geken word - alles behalwe ateïs ... ateïs (per algemene definisie), is iemand wat die bestaan van God summier, absoluut, soos in totaliteit! ontken ... op sodanige skaal het Richard Dawkins homself ook, selfs 'n vlak of twee weg van die uiterste vorm van ateïsme onderskei ... Chris, jy is van jou onderwerp af en is besig om nes Kobus de Klerk, jou eie "red herrings" te jaag ... New Thought groete, Cornelius

  • CorneliusHenn

    .... maar dan ook weer Pous Chris Dippenaar, het jy nie eers my sekreties in plaas van sinkreties gemerk nie ...

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy het na Price, spesifiek, se werk verwys. Ek voel vere vir jou verskonings oor jy kastig OT in plaas van NT geskryf het. Jy het hier kom voorgee dat jy bekend is met Robert Price se werk, soos baie duidelik in die aanhalings van jou wat ek hierbo geplaas het. Ek sê jou reguit: Jy praat stront.

    Kom ek stel dit so: As ek die naaste Katolieke biblioteek bel (jy kan vir my dalk 'n nommer verskaf) gaan daar enige boeke van Robert M. Price wees op hulle boekrakke? Indien wel, laat my weet volgende keer as sy werk bespreek word in julle katkisasie en Bybelstudie groep. Dis mos in Kaapstad?

    Op hierdie stadium sien ek geen verskil tussen jou en KdK nie. Vir altwee van julle gaan dit oor julle troetel dogmatjies en julle tweetjies sal die een snotbolletjie na die ander rol om dit te beskerm.

  • Hello, 

     
    Henn, het net soos met 'Nostalgia for Apartheid' nog nie geleer om verby 'n opskrif te lees nie. Die opskrif wat sy hart vinniger laat klop het is soos volg: James White/Robert Price Debate: Price Narrowly Wins the Battle for the Bible en gebaseer op die skakel deur hom gegoogle, http://catholicchampion.blogspot.com/2010/05/whiteprice-debate-price-narrowly-wins_09.html
     
    Indien Henn verder as sy neus sou lees dan sou Henn die volgende inleiding gevind het en dan word die vraag wat Chris aan Henn gestel nog meer krities, 'hoe kan Price in bybelstudie gebruik word'. 
     
    Die inleiding waarna Henn met soveel selfvoldaanheid verwys se inleiding is soos volg: 
     
    Friday night's debate between Dr. James White and Dr. Robert Price was if anything, quite entertaining. The title of the debate was, "Is the Bible True?" Price opened the debate with a 20 minute barrage of supposed inconsistencies in Biblical text by resorting to a historical critical deconstruction of the New Testament. Price insisted early that false accounts of what Jesus said and did are most certainly mixed in the New Testament Scriptures. He used the resurrection accounts and Jesus' mistaken identity to imply that Christ had never really rose from the dead, but that it was only a fabricated story that was made up later. 
     
    The Gospel of Mark and 1 Corinthians were also targets for Price's historical deconstruction during the debate. 
     
    White countered first by asking the audience to look for consistency in each of their presentations. White was quick to try and preempt any presuppositional attitude that Price came to the debate with, which was largely Price's proposal that any historical evidence from an era as far removed as the Biblical texts are removed, cannot possibly be reliable.

     
    Die vraag aan Henn bly dus hoe kan Price wat vir die onbetroubaarheid van die Bybel argumenteer van nut wees in 'n bybelstudie soos Henn nou al male sonder tal hier verkondig het. Net soos Henn mistas met die  konsep van Midrash en dalk meer moet google om die bedoeling te verstaan.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter, die blatantheid waarmee jy strooipoppe opstel en my daarin probeer klee, is al eentonig en vervelig verby... katolieke verafgod nie die Bybel as die Woord (God) nie ... dis ook nie OF ek God bevraag nie, dis HOE ek dit doen ... nes menige ander katoliek (en geestelik gestelde hart soos Robert Price), leef ek my passie daarin om skepties na elke aspek van my lewe en ervaring te kyk... dis hierdie eenvoudige feit wat jy misken, bloot omdat jy nie self Bybelstudies bywoon, of saam met enige Godsdienstige in die regte lewe kniel nie ... jou intellektualisme is patologies van aard ... ek stel voor jy gaan klop aan die deur van enige Godsdienstige op aarde, en besin saam jou bestaan in die regte lewe ... nie te danke, Cornelius

  • CorneliusHenn

    Pous Chris Dippenaar, ek sal vir jou kontaknommers verskaf (hou net hierdie spasie dop) ... derhalwe, jy vee heel desperaat jou dwaling omtrent die ateïs wat Robert Price kwansuis is, en jou mistasting dat die Kopte, Hellene en Ortodokses te onlangs is om  in 'n historiese of mitologiese beskouing van Jesus gereken te word, onder die mat in met jou erge besorgdheid dat die katolieke skeptiese bevragting van die Bybel, en/of hul geloof, verwelkom ... in hierdie opsig het jy beslis KdK as jou rol gekies!

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy kan die nommer maar los, ek het klaar die hoofbiblioteek van die Katolieke gebel. Soos ek eintlik alreeds geweet het, hulle het nog nooit van Robert Price gehoor nie, het niks van sy werk op hulle rakke nie en het, nadat ek kortliks sy teorie aan hulle verduidelik het, nog nooit hierdie as onderwerp bespreek in hulle Bybelstudie-groepe nie.

    Jy hoef nie bekommerd te wees nie, ek het nie jou naam genoem nie.

    Ek kan jou nie dwing om Robert Price te lees nie, maar totdat jy dit nie doen nie, sal jy nooit besef wat 'n ongelooflike gat jy maak van jouself.

    Van die Pous

  • Hello, 
     

    Midrash mismash in die katolieke kerk: 

     
    Bogenoemde ligsinnige beskrywings komende van Henn verwys, "katolieke katkisante leer die term midrash reeds vroeg in hul onderrig, en veral byvoorbeeld die toepassing daarvan op die uiteenlopende weergawes van die geboorte verhale van Jesus Christus in die Bybel". 
     
    Dit kan hier gelees word vir bevestiging dat Henn se briewe nie opgeskroef word deur die deelnemers wat kommentaar lewer daarop nie soos Henn nou weer Chris van beskuldig. 
     
    Ten spyte van die verskeidenheid van skakels wat deur Henn ingesluit word in bogenoemde siklus is dit duidelik dat Henn nie die inligting ter harte geneem maar nog steeds met die mite in sy hart aankarring. 
     
    Die konsep van midrash het geen traksie in die Rooms-Katolieke Kerk en per definisie dan die Protestante kerke ook nie. 
     
    Die katolieke kerk is ’n ander saak en die verskynsel daarvan is volkome Henn se skepping en 'n persoon se eieskepping is onmoontlik om te korrigeer.
     
    Indien die konsep van Midrash ondersoek word en die ontleding daarvan in FE Peters se werk getiteld The children of Abraham : Judaism, Christianity, Islam gevolg word, dan word die volgende gevind en word dit nie vertaal nie:
     
    "We possess only sophisticated finished works of commentary on Scripture. But the existence of a class of professional scribes or bookmen (soferim) in the Jewish community after the Exile suggests that already the task of expounding the Jewish Scriptures for learned and laity alike was well under way. The work itself and some of the works that embody it are called midrash, and midrash is the single most characteristic act of post-Exilic Judaism. From the available evidence we can conclude that two processes were occurring.In their own study centers, the soferim were extracting, comparing, and combining legal precepts (halakot) derived from Scripture, a work that came to term in the Mishna and in more general religious contexts, perhaps the forerunners of the later synagogues, these same and other scriptural texts were adduced and expanded in the manner of a homily (haggada), for purposes of moral formation, edification, and piety.Die realiteit is dus dat die aktiwiteit van die midrash nie deel van die Rooms Katolieke Kerk of Protestante bewegings is nie. 
     
    Die term wat deur Henn gebruik word wat na die katolieke kerk verwys is besonder problematies aangesien dit weer die probleem na vore bring van watter instelling daarna verwys word.
     
    In Pous Benedict XVI, geskryf as Kardinaal Ratzinger, se Introduction to Christianity word geen bevestiging gevind van die metodiek van die midrash as ’n proses wat deur die Rooms-Katolieke Kerk gevolg word nie. 
     
    In my ondervinding van die Protestante Kerk hier, is daar geen bevestiging van die metode wat midrash genoem word nie. 
     
    Net soos ’n Rooms-Katolieke medewerker nie die konsep van midrash in sy eie kategese kan herroep nie.
     
    Jacob Neusner wat ’n besonderse betroubare gids word nou na verwys en word die volgende geneem uit ’n versameling van opstelle waarvan Neusner die redakteur is. (The Blackwell Companion to Judaism)
     
    Die titel van die opstel is "Judaism and the Hebrew Scriptures" en word die volgende uitgelig.There is a further important difference between the Jewish and Christian treatment of Scripture. Because for the rabbis Torah and not Scripture as a whole is the key to the Rabbinic system, the scriptures as whole need to be related to Torah in some way. The Great Midrash (Midrash Rabbah), dates from about the fifth century CE. It deals with the five books of Moses together with scrolls suchs as "Song of Songs", Esther.
     
    Bogenoemde laat nie reg geskied aan die komplekse aard en geskiedenis van die midrash nie, maar bevestig sonder enige twyfel dat die vertelling aangebied deur Henn ongelukkig ’n gruwelike mistasting van die werklike konsep is. 
     
    Dit is nog meer skokkend gegewe die versameling van skakels wat aangebied is in die brief waarop hierdie brief kommentaar bied.
     
    Die skepping van die Nuwe Testament en die metode waarvolgens dit die Ou Testament lees is ’n verkillende proses as die van die midrash en dit wat die Roomse Kerk in die ontleding van die Bybel gedoen het. 
     
    As konteks word dit dalk duidelik hoekom die term "katoliek" gebruik is aangesien Henn dalk erken dat midrashism nie deel is van die Christen-erfenis nie.
     
    Indien die term, katoliek ondersoek word, dan misluk alle pogings om die verskynsel te vind as ’n instelling wat erken kan word. 
     
    Die Oosterse Christen-bewegings dek ’n verskeidenheid van strominge wat beteken die katolieke beskrywing van Henn kan daar ook nie gevind word nie.
     
    Beskou in konteks van die soeke na die "katolieke kerk" dan die Christen Arabiere, Armeniese Christene, Bulgaarse Christene, Koptiese Christene, Grieks, Russies, Serbiese. 
     
    Hierdie lys is nie volledig nie, maar bied ’n aanduiding van die omvang van die Oosterse Ortodokse Kerk en daarom nie verteenwoordigend van die "katolieke kerk" nie. 
     
    Om ’n Joods-spesifieke term en proses te misbruik om die skepping van die Nuwe Testament en ontleding daarvan te probeer verwoord is om geen begrip te openbaar vir die historiese realiteite nie. 
     
    Die making van die Nuwe Testament moet dus ondersoek word om eie meriete net soos die latere proses ontleding apart ondersoek moet word en wel in konteks tot die metodes wat die Rooms-Katolieke Kerk histories gevolg het.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Pous Chris, as jy hoegenaamd seker was van jouself, sou jy sekerlik nie die sogenaamde "hoofbiblioteek van die Katolieke" gebel het nie .. derhalwe, ek kan jou verseker dat nie eens Pous Francis, bewus is van so 'n biblioteek nie...  nietemin, wyl ek jou humor geniet, ek almal hier wat belangstel verseker dat ek so gou as moontlik besonderhede sal verskaf van die bes moontlike kundiges oor die onder werp in beide die katolieke en Katolieke gemeenskap ... intussen, asseblief, gun my net  hierdie een spesiaal vir jou Chris - hahahahahahahaha !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!.....

  • Hello, 

     
    As profeet is Henn egter ’n mislukking. Soos aangedui is Henn in nominale terme Katoliek of dan katoliek, alhoewel dit nie seker is wat Henn werklik genoem moet word. 'n katoliek met koliek dalk? 
     
    I use the words you taught me. If they don't mean anything any more, teach me others.
     
    Wat is Henn dan?
     
    Ateïs wat ook al mag wees skaf ek onlangs die volgende boek van Pous Benedict XVI aan getiteld Light of the World.
     
    Die rede daarvoor was soos volg, die Pous se denke is vir my besonder waardevol is en ’n betroubare gids tot wat die Katolieke Kerk oor aangeleenthede dink.
     
    In die boek word twee staaltjies vertel oor die Pous, naamlik dat hy ’n oefenfiets het wat hy nie gebruik nie en daarvan hou om saam met ’n groep persone van sy binnekring DVD’s te kyk. As die vorige Pous alleen met God op die telefoon soos Joan Osborne dit sing.
     
    Maar hoe ook al dit is nie die kern nie, die volgende is wel op ’n vraag aan die Pous gestel oor die verhouding van die Katolieke Kerk met die Protestante bewegings.
     
    Pous Benedict XVI is nou aan die word:
     
    First of all, we need to consider the vast, multilayerd character of global Protestantism. Lutheranism, after all, is just one part of the spectrum of the Protestant world. There are also the Reformed, Methodists and so forth. In addition, there is also the major new phenomenon of the Evangelicals, who are expanding with an enormous dynamism and are in the process of changing the whole religious landscape in the countries of the Third World. So when we talk about dialogue with Protestantism, we need to keep in mind, this multifaceted character, which also varies from country to country. We must recognize the fact Protestantism has taken steps that have led it farther away from us, rather than closer to us ... but let us join as real Christians in performing some task, in bearing some witness, in this word.
     
    Die volgende vraag wat aan die Pous gestel word is soos volg:
     
    Is it really true that the Pope does not regard Protestants as a Church, but only as an ecclesial community?
     
    Pous Benedict XVI is nou aan die word:
     
    The word, “ecclesial community”, is an term employed by the Second Vatican Council. A Church in the proper sense as we understand it, exists where the sacramental expression of apostolic succession is present, which also implies existence of the Eucharist as sacrament that is dispensed by the bishop and by the priest. If this is not the case we are dealing with the emergence of another model. It is worh stressing again that the ecclesial sitiation differs greatly from one Protestant community to another. They define themselves differently even among themselves, so that we cannot speak of the Protestant Church.
     
    Henn, verwerp dit alles en gooi alles in een pot en word kwaad vir almal wat hom op sy foutiewe metodiek wys.
     
    Die volgende opvolg vraag word dan aan die Pous gestel:
     
    And not even a Pope can offer an alternative definition of a Church?
     
    Pous Benedict XVI is nou aan die word:
     
    No. He has no authority over that. The Second Vatican Council is binding on him.
     
    Sulke beperkinge wat die Pous bind, geld egter nie vir Henn nie en ewe kordaat stel hy dit soos volg:
     
    Tot op hede, deel ek eintlik net inligting uit my algemene katkisasie aan die Protestante, Baptiste, Apostolate, Evangeliste, Kopte, Ortodokse, en Katolieke. 
     
    Tog val dit hierdie groep totaal verby.Henn is die vangnet vir alles. Henn staan vir alles en reduseer die komplekse werklikheid tot die enkele blik wat Henn op die werklikheid het, in kontras tot hoe Pous Benedict XVI dit formuleer. 
     
    Dan is Henn kwaad vir almal wat hom op sy foute wys met sy mantra van:
     
    "What I tell you three times is true."
     
    I  believe as many as six impossible things before breakfast.
     
    Hoef die res van die mensdom nie onder daardie las gebuk te gaan nie.
     
    Vra vir jou Katolieke kennis wat sy mening oor "god - die moeder" is. Net so kan jy jou Protestante kennis vra wat sy verstaan behels van Shekhinah en hoe sy voel oor "god die moeder" en deelname aan die Katolieke gemeenskap en hoe geskied 'sondagskool'? . 
     
    Baie dankie
     
     Wouter
  • Chris Dippenaar

    Cornelius, die volgende van Robert M. Price vir julle volgende Katolieke Bybelstudie:

    Practicing the Absence of God

    (Dedicated to the memory of Anton Szandor LaVey)

    Why does one person believe in God, while another does not? Both may be equally aware of the equivocal arguments for and against the existence of God. Both live in the same world and see the same events. And to one the heavens declare the glory of God, the firmament showeth his handiwork, but for the other, the universe is a void. Why?

     I suspect one either intuits the existence of God or one does not. One has a sense of God, the other does not. And yet this is not quite right. To leave it at that implies that the one who intuits God is like a person who has an ear for music, while the one who does not sense God has a theological tin ear. The radio waves are being broadcast, but the atheist just doesn't happen to have his antenna up.

    Let me rather say that, at least in my experience, the atheist does not merely fail to pick up on God. No, one may actually intuit the absence of God. One may sense that there is no God. Indeed, that is how it seems to me. This occurred to me the night before last at Heretics Anonymous, when we were talking about mystical experience. I wondered, might there be a mystical experience of such a nature that it would dispel belief in God, that would vindicate atheism and unbelief? And then I realized that my experience, though there is nothing particularly dramatic about it, is of a universe empty of God, a rarefied atmosphere of metaphysical emptiness.

    Am I saying that I know God does not exist, because of my intuition? Of course not. I do not want to fall prey to the error of Presence Metaphysics. I do not want to jump the gun and conclude that whatever seems clear and distinct to me at this moment must therefore be true. The real universe we sense and taste is the one within our head. We can't get past it.

     And why is it that we intuit God or intuit no-God? I have no idea! Partly it may have to do with your success in developing a super-ego, with your relations with your father. Whether you are pessimistic or optimistic. There must be causes, though we cannot easily see them. And for lack of seeing them the ancients posited predestination. It must be the electing decree of God that decided what nothing apparent seems to decide: who will believe and who will not believe. And this is another example of the usage of "God" to stand for what we do not know. Who knows why we believe? "God knows." In other words, no one knows! Who or what determines whether we will believe? "God"--in other words, nothing we know of.

    I am reminded of one of the great spiritual classics of Catholic Christianity is a brief book called Practicing the Presence of God. I have come to think, by contrast, that what is needful is "practicing the absence of God." To bathe and bask in the emptiness, the lack, the void.

    Spines and al-Ghazali, both Pantheists, reasoned that if God exists at all, then God must be all that exists. If God is infinite, then that means nothing can form the boundary of his existence. If anything else, so much as a single microbe, were to exist, then God would be limited to that degree. Now it is plain that many things do exist, so Pantheists deduced that all things are God. All things are forms of God, not truly what they seem to be. Monists go a step further and declare that all individual things that seem to exist in reality do not. All but God, Brahman is illusion.

    But can we believe that the universe is an illusion? A shadow play? I feel uneasy with this claim, especially since the cash value, the result of it, is to say that religion alone is important and that insofar as we recognize the beauty, the grandeur, the glory of a thing, we must hasten to translate it into God. We hasten from the thing to God, and thus we cancel out the thing. By calling it "creation," we signal that we are interested really only in the creator. I have said before that I believe any doctrine of Creation is inimical to the sense of wonder, which I regard as the central spiritual experience. Why? Because we prematurely answer the question of the whence of the world by referring it to a creator, a pseudo-answer that leaches the amazement from an amazing thing.

    In the same way, if the meaning of life is dictated by a concept of God, if morality is settled by reference to the supposed will of God, then life has no meaning. It is derivative, second-hand. You haven't the chance to decide what it means for yourself.

     We must, I say, practice the absence of God. As the mystics of the Kabbalah said, God must contract, withdraw into himself for there to be room left over for the world to exist. God must retreat. He must decrease for you to increase. So you must exorcise God!

    Freud said that we imagine God as watching over us, protecting us, having the answers to give us, setting the rules for us to follow--all because we are neurotically fixated on the illusion that our parents could provide these securities, these assurances. Life has shown us that our parents, mere human beings, are not up to the challenge. We ought to reduce our expectations, accept the limitations of our parents as mere humans, and more importantly, the limits of our own existence as human beings with all the contingency and uncertainty that implies. But we can't bear to do that. So instead we elevate nostalgia to divinity and believe in heavenly parents who will guarantee eternal life and providential protection, We want guardian angels and gods who will come to us in the midst of the cold night and rock us back to sleep with empty promises that everything is all right.

    Freud administered the bitter medicine of reproof: we must renounce such illusions if we are ever to achieve maturity and wisdom. We must learn to live with merely mortal wisdom, merely human resources, though of course those are quite considerable! Far greater than religion wanted us to realize! Religion sought to keep us mewling infants, mortgaged to dependency. Religion was a drug, its assurances comfortable opium dreams. And there will be withdrawal pains if we wish to break that addiction. We must learn to live without god, without illusion.

    You may reply that I have defined God too narrowly, and you may go on to redefine God as meaning human potential. When you are done, the word God will bear very little relation to any traditional use of it. I wonder why you feel you must continue to use the outworn and outmoded word at all? Why is it so important? Why can you not let it go? Isn't your very insistence on hanging onto it at all costs evidence that it is after all a security blanket? If you are enamored of speaking of "God within," why can't you just talk about human nature within? Human greatness within? Why isn't that enough?

    Take your liberal redefinition of God and paraphrase it. Call it something as impersonal and abstract as it deserves, and declare a moratorium of the word "God." See, after a while, whether it makes any difference. If you have lost something besides a name, a word, then I guess it wasn't just a name. As I suspect, you may be more of a closet theist than you wanted to believe!

    Whenever I hear people say that they do not just believe in God but experience God or Christ as a watchful presence in their lives, I am not impressed with the reality of their faith. Rather, I fear for their sanity. They are cultivating a delusion. Even if there is a God, what else is going on in their heads but the cultivation of a delusion? It must be a psychological projection. I know there are ways for sophisticated believers to assimilate this fact and make the best of it. Tillich said we must inevitably create a symbol for God since God is infinite and we cannot grasp that. So we make our images of God, our symbols for God, and we try our best to remind ourselves that God is always more than the image, the figment.

    But I think that is trying to have your cake and eat it too. Occam's Razor leaves only the fact that your God that you seem to experience is essentially an imaginary playmate. And you would be better off without it. Just as when you were a kid and gave up your unseen playmate it was a step toward maturity. Say good-bye to the imaginary playmate called God. Practice the absence of God.

    In practicing the absence of God you will be laying a heavy burden down. What I mean is this: inevitably the world and life disappoint your beliefs in divine Providence. The world refuses to conform to our expectations. And we will seemingly do anything to avoid accepting that we were wrong. That the universe is morally neutral and indifferent to human welfare. We would find the universe a frightening and uninhabitable place if we believed there was no God pervading and permeating it. But would it? I think the opposite is true.

    When tragedy strikes, when loved ones die, is it comforting or edifying to you to imagine that God had some reason for killing them? Was the suffering of Job alleviated or rather compounded by his belief that God must have had a purpose in it? Why make tragedy worse by elevating it to the outrage of cosmic injustice? Some song asks indignantly, "Why do we never get an answer" to the problem of evil? Well, what kind of answer did you have in mind?

    It is like Samsara and Nirvana. Reality only looks so bleak because you had exaggerated expectations for it. Samsara isn't so bad once you realize it was never supposed to be Nirvana. The world certainly operates as if there is no God. Why continue to suffer from the static, the friction, of swimming against the ontological current? Get rid of the headache that comes from the never-ending cognitive dissonance of insisting there is a God in a Godless universe. How long can you keep it up? How long will you stay in denial? Recovery groups like to talk about the problem a dysfunctional family never faces as the elephant in the living room. No one will admit its there, but there's just no way it's not going to make a difference! Well, in this case, the problem is that the elephant, the God, is nowhere to be seen in the living room, yet the family insists it's there. But that's just as sick! As with any other neurosis, you don't have any chance of getting better as long as you refuse to face reality.

    Robert M. Price December 6, 1997

    http://www.robertmprice.mindvendor.com/ser_practicing_absence_ofgod.htm

  • CorneliusHenn

    Pous Chris Dippenaar ... uiteindelik is jy weer jou eie sinvolle self - so na alles! ... alhoewel ek Robert Price se naam ter wille van nog "red herrings" uitsluit (jy't self lelik van jou onderwerp gedwaal), ek jou kan verseker dat hierdie onderwerp en beskouing gereeld gepreek en bespreek word in katolieke en ander Godsdienstige gemeenskappe - en met dieselfde openlikheid daarby! ... ek dink jy moet jou Protestante ontnugtering en jou vooroordeel daarom teenoor alle Godsdiens, net weer 'n slag gaan bedink ... dis duidelik dat jy hart en siel na jou fundamentele spiritueel intelligente strooipop KdK, verlang ... en onthou; ek skuld jou nog inligting wat ek met graagte sal voorsien sodra ek kan!!!... Namaste! Cornelius

  • CorneliusHenn

    Wouter, wat is jou bedoeling hierbo? ... kan dit dalk wees dat jy selfs veronderstel dat die Ortodokses, Roomses, Anglikane, Kopte, Helleense, Apostolate, Evangeliese, Jehova-getuies, Sewedaagse Adventiste, Roomses en Protestante, ook elkeen in hul begrensde afsondering, hul eie God aanbid? Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top