"En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle."
Let wel: Ons kan nie die Bybel wysig en sê jy moet die oortreder liefhê, maar sy sonde veroordeel nie. Die opdrag is duidelik dat hulle gedood moet word.
Daar staan ook nie jy moet eers probeer om hom (hulle) te bekeer en van die sonde te laat afsien nie. Nee, hulle moet opsluit gedood word!
So, Christene versaak hulle plig as hulle nie klippe bymekaar maak en hulle Christelike plig ten uitvoer bring nie.
Gaan daar nou weer lang, uitgerekte double speak met baie bybelversies volg op hierdie briefie van my?
Stel jou hierdie toneel voor: Die profeet kom moeg uit die woestyn gestap na 'n lang bidsessie agter 'n sandduin. Hy is dors en soos hy tussen die tente deurstap, buk hy gou by 'n tent in om water te vra. Tot sy uiterste skok is twee mans in die tent besig met anale seks! Hy het nog nooit in sy lewe so iets gesien nie en is buite homself van die skrik. Dadelik neem hy sy staf en donner die twee net daar morsdood! Dan stap hy verder na sy eie tent toe, gaan sit, en maak die nodige inskripsie in die Bybel.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Varkspek, ek wed jou Moses het iets sterkers as water gedrink voordat hy die nodige inskripsie gemaak het. Die arme sensitiewe ou siel. As hy maar net geklop of geklap het teen die tent, soos enige ordentlike mens sou, sou hierdie versie dalk nooit in die Bybel gewees het nie.
Ek steur my nie veel wat in die ou testament staan nie. Dit is maar 'n redelike vieslike boek, almal doodmaak maar spaar die virgins ens. Ek laat nie my kinders toe om dit te lees nie.
Onthou net Christenskap is nie vir sissies en gatkruipers nie.
'n Mens moet eers vasstel aan wie die skrywer die woorde rig. Hy skryf dit vir sy mense omdat hul 'n klein volk tussen talle ander vyandige volke is. Dit gaan dus oor seksuele suiwerheid en die kultusse van die tyd. 'n Mens kan sien dat dit uit die oogpunt van 'n man geskryf word. Is dit nog op my as Christen van toepassing? Om dit vas te stel my ek na Jesus se optrede kyk in Johannes 8.3.
Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan.
4 Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het.
5 Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?”
6 Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe.
7 Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
8 Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe.
9 Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense.
10 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
11 “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Varkspek,
A-nee-a-man. Het jou mamma jou nie geleer om jou hele bybel te lees nie? Of om ten minste ‘n storie klaar te vertel nie? Jy kan nie ophou waar Rooikappie vir wolf vra: “ Maar ouma, waarom is ouma se ore so groot?” – Siesa, maak klaar jou storie...
Want Rom 8:1 bevat die mooiste woorde ooit! Dit verklaar dat daar is GEEN veroordeling teen ons nie. Die skuldbewys met sy eise teen ons is tot niet gemaak. Alles is betaal! God, die Vader het ons uitgehaal uit die mag van die duisternis en oorgebring in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde, deur wie ons verlossing en vergewing van sondes ontvang het (Kol 1:13-14). Waar sondes vergewe is, is geen verdere offer meer nodig nie (Heb 10:17-18, Jes 43:25)
Natuurlik is die KEUSE ons eie: jy kan of onder die Wet van die sonde bly leef of jy kan kies om onder die Wet van die Vryspraak te lewe!
Varkspek,
Jy sê dat daar nie in die Bybel staan dat jy eers moet probeer om hom (hulle) te bekeer en van die sonde te laat afsien nie. Nee, hulle moet opsluit gedood word!
Maar jy is verkeerd. Wat eintlik daar staan, is die teenoorgestelde van wat jy in jou vooroordeel beweer, soos F C Boot se aanhaling hierbo vir jou leer - sy opinie tersyde. Lees gerus sy aanhaling.
Daardie aanhaling sluit volkome aan by die God se verduideliking van die proses in Esegiël 18 - lees dit as jy die moed het en eerlik genoeg is en nie te bevooroordeeld is, soos met jou brief, nie. Verse 20-21 weerspreek jou direk. Dan is daar ook Johannes 12:46-48.
Jy haal uit die Woord aan, en daarom aanvaar ek dat jy toegang het tot 'n Bybel om te lees waarna ek jou verwys en so ook al die ander wat so saam met jou die spot probeer dryf.
Maar, op julle maak die Waarheid nie indruk nie. Ek bemerk dat jou mede ateïste heerlik saam met jou die spot dryf so in julle oneerlikheid... of is dit eerder 'n geval dat julle net eenvoudig nie kan begryp wat aangaan nie, dat ook lyk asof julle nie wil nie?
Vir julle is die Woord in die Bybel soos 'n legkaart van derduisende stukke wat net eenvoudig nie bymekaar pas nie - iets sinneloos, omdat die legkaart toewyding en insig verg om aanmekaar te sit. Dit sien ons in julle kommentaar oor die Woord wat al oor die jare heen hier gepubliseer is. Ander van julle, soos Sakkie Spangenberg en Cornelius en diesulkes, neem dan van daardie stukke en gooi dit saam met julle eie maaksels en probeer vir julleself iets saamflans wat julle wel kan baasraak, maar wat niks met die werklike legkaart te make het, nie.
Dalk kan F C Boot ook hierby baat en leer, alhoewel hy klaarblyklik alreeds veel meer verstaan van die Woord as julle en ten minste die wil het om dit te probeer verstaan. Hopelik sal hy eindelik met ware Goddelike kennis toebedeel word.
Vir die ware gelowige, daarenteen, is die Legkaart van die Woord se stukke duidelik te identifiseer met die Groter Prent daarvan en is die proses om die stukke aanmekaar te sit, 'n heerlike, dinamiese en verkwiklike ervaring en vordering na die eindresultaat.
Arme julle, as julle maar net ook wou... maar vir julle, die emosionele en spirituele luiaards, is die leuen makliker en verg geen moeite en insig nie, al lei dit tot 'n uiteindelike duistere gemors, omdat julle geen toekomsvisie en hoop het - wil hê - nie.
Kobus de Klerk
Beste Varkspek,
Daardie banale tekst wat jy kwoteer is dan die regverdiging vir vele moorde en gruweldade teen die mensdom tot en met die hede. Die persoon verantwoordelik vir die inskrywe daarvan in die Ou Testament sal vandag voor die Wêreld Hof in Den Haag gedaag kan word om verantwoording daarvan te doen. Trouens, myns insiens, behoort die hele Ou Testament verban te word want dit dien tog geen positiewe doel in die gemeenskap van vandag nie, en ek is verstom dat dit nog as morele rigsnoer gebruik word deur deur misleide persone wat dink dat dit die "woord van God" is. My voet! Dit is trouens die anale van Hebreuse sprokies en mites.
Groete,
Pieter Redelinghuys
In Deutronómium 13:13-17 is daar `n voorskrif dat, indien iemand `n ander geloof in `n stad verkondig, die hele stad gedood moet word (insluitende diere) en alles in die stad vernietig moet word. Waarskynlik woon jy in so `n stad en moet jy en jou gesin hiervolgens doodgemaak word. Dit impliseer alle stede en bykans alle dorpe in SA, oftewel meer as 90% van ons bevolking moet gedood word. Voeg daarby soortgelyke voorskrifte in Deutronómium, Levitikus en elders, en daar bly bykans niemand oor nie.
Hierdie tipe van letterlike interpretasie van Bybelse voorskrifte bied geen morele leiding nie. Om selektief slegs die stukkies te kies wat jou nie raak nie, is huigelary.
Stadig oor die klippe, voor julle mekaar met klippe begin gooi.
Die riglyne wat julle oor stry vorm deel van die Torah en die Torah was die konstitusie van antieke Israel en dus was dit as wet toegepas.
Julle woon in Suid-Afrika, wat nes meeste ander lande besluit het om Godloos te wees (sêkuler). Om dus nou die Christene te daag om sodomiete te stenig is redelik belaglik.
Chill, boys.
Duitswester
Beste Kobus
Gewoonlik reageer ek nie op opmerkings nie, maar aangesien jy my naam genoem het gaan ek die keer 'n uitsondering maak. Ek maak hoofsaaklik gebruik van Die Boodskap (Die Bybel in hedendaagse Afrikaans) en die Bybel A-Z en 'online Bibles' wat ek afgelaai het saam met hulle bronne en ' van die biblicalarchaeology.org', wat veral deur argeologiese opgrawings en ontdekkings die antieke wêreld en die lewe van die mens van die ou testament, vir ons oopsluit.
Ek dink jy effens aanmatigend in jou oordeel as jy sê: ”Dalk kan F C Boot ook hierby baat en leer, alhoewel hy klaarblyklik alreeds veel meer verstaan van die Woord as julle en ten minste die wil het om dit te probeer verstaan. Hopelik sal hy eindelik met ware Goddelike kennis toebedeel word.”
Daar is ook geskryf: Mat 7. 1.”Moenie so gou foutvind nie.2.As jy ander mense links en regs veroordeel, gaan God eendag presies dieselfde met jou doen..’
Na baie jare as Sondagskoolonderwyser en waar ek ook te doen gekry het met baie bekende professore en uit navorsing wat ek self oor die afgelope 18 jaar gedoen het, tot die slotsom gekom dat die ou Testament veral die Skeppingsverhale totaal verkeerd vertolk en verstaan word.
Ons eien die ou Testament (die ou verbond) en die geskiedenis van die Hebreërs ons self toe asof dit ons eie is asof dit ons geskiedenis is, wat ons net so van toepassing veral op die Afrikanervolk kan maak. Nee dit is ‘n totaal verkeerde siening.
Die ou Testament (ou verbond) is niks meer as die geskiedenis van die Hebreërs, met wie die Skepper ‘n besonder verbond gesluit het en hul sy ‘uitverkore volk’ genoem het. Ons as Christene se geskiedenis is vervat in die nuwe testament (nuwe verbond) en het ons deur die werk van ‘n Joodse mens, uit die geslag van Dawid’ aangenome kinders van ons Skepper alleen uit genade geword.
Die skrywer van Levitikus 20 vers 13 is ‘n man en skryf uit ‘ n manlike oogpunt uit, dit is duidelik uit die hele trant want mans was die leiers in ‘n patriagale gemeenskap. Daarom skryf ek: "'n Mens moet eers vasstel aan wie die skrywer die woorde rig. Hy skryf dit vir sy mense omdat hul 'n klein volk tussen talle ander vyandige volke is. Dit gaan dus oor seksuele suiwerheid en die kultusse van die tyd. 'n Mens kan sien dat dit uit die oogpunt van 'n man geskryf word.”
Die boek Levitikus is niks meer as ‘n reeks gesprekke tussen die Here en Moses nie. Moses was ook ‘n Egiptiese Prins, wat deeglik onderlê was in alles wat nodig was om op te tree om as beskermer van God se uitverkore volk op te tree.
Hy het dus geweet wat die Egiptiese oorlogstaktiek was en hoe hul sou optree en wat alles nodig was om te oorleef onder moeilike omstandighede. Hy was dus ook bewus van alles wat aangegaan het in Egiptiese tempels en van die homoseksualiteit en ander kultusse.
Hy was dus goed ingelig oor die gevare en ook die in ons oë die primitiewe voorsorgmaatreëls wat getref is. Alle navorsingsbronne in Egiptiese biblioteke was tot sy beskikking. Dit het ook skeppingsverhale bevat. Deur handel in die antieke tyd is verhale veral langs handelsroetes oor en oor vertel. Dit verduidelik ook die ooreenkomste tussen die Bybelse en ander Skeppingsverhale.
Die verskil is dat ons as gelowiges glo en aanvaar dat deur die werking van die Heilige Gees Moses ‘n ander insig gekry terwyl hy met God in gesprek getree het. Hy was dus besonder goed toegerus om praktiese gestalte aan die inhoud van die gesprekke met die Here te gee. Sonder Moses se praktiese kennis sou die volk nie oorleef het nie.
Ons is nie lede van die ou verbond nie. Ons wetenskaplike en mediese kennis is veel verder gevorderd as die van die antieke mense. Daar is nog steeds gevare vir die kind van God maar dan hanteer ons dit binne die mediese kennis van ons tyd en weet dan ook dat anale seks katastrofiese gevolge het ongeag voorsorgmaatreëls wat die beoefenaars daarvan mag tref.
Ons slaan egter nie homoseksuele mense dood nie of gooi hul in die tronk nie. Dit is nie nodig nie. Ons as Christene moet dus ook mense op die gevare wys en dit op mediese en Bybelse gronde veroordeel omdat dit in die eerste plek onnatuurlike geslagsgemeenskap is omdat ons Skepper manlike en vroulike wesens geskep het met die uitsluitlike doel soos dit aan die skrywer van Genesis geopenbaar is, in: Gen 1. ’22. ‘God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het ‘n man en vrou gemaak. 28.God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: Wees vrugbaar en kry baie kinders, sodat julle oral op die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls van die lug en al die diere op aarde.’
Net soos Moses sonder die kennis wat hy as Egiptiese Prins opgedoen het nie die volk kon lei, kan ons sonder kennis verkry dmv die wetenskap, nie die planeet bestuur en die mandaat wat die Skepper aan ons gegee het uitoefen.
Die wetenskap is dus ‘n belangrike hulpmiddel en moet dan as sodanig gebruik word. Tot voordeel van almal en die wonderlike planeet waarop ons woon en nie net vir die verryking van ‘n uitgesoekte groepie nie. Omdat ek weet dat veral ateïste hul in besonder verlustig oor die meningsverskille tussen Christene is dit nodig vir almal om ‘n wag voor ons mond te plaas, voordat ons ander beoordeel en veroordeel.
Vriendelike Groete Frans.
Die probleem is, as jy 'n ou reeds doodgemaak het soos in Levitikus voorgeskryf, en jy kom honderde bladsye (en jare) later by Esegiël, kan jy hom nie weer lewendig maak sodat hy bekeer kan word nie. Selfde met al die ander latere verse - wat van al die ouens wat dan alreeds deur die eeue doodgemaak is? Die hele spul is totaal absurd.
Varkspek
Ag nee, Varkspek, jy kan tog nie ernstig wees nie - jy kan nie werklik so min insig hê soos wat jy nou maak nie.
Dieselfde God Wie vir Moses gelei het met die toepassing van die Mosaïese wette welke deur God ingegee is, het eeue later vir Esegiël ook gelei om aan 'n afvallige, verskoning soekende volk te verduidelik hoe dinge werklik werk.
Moses was allerweë bekend as 'n baie sagmoedige en geduldige mens wat baie deurgeloop het onder die wederstrewigheid van die volk wat hy moes lei.
Soos byvoorbeeld ook Charl Le Roux se aanmerking hierbo na aanleiding van Deuteronomium 13 - hy vergeet geriefshalwe (of dalk weet hy ook nie wat dit beteken) dat daar in die einste vers 14 staan "dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen " wat baie duidelik beteken dat al die inwoners van daardie gebied op sterkte van ketters willens en wetens teen God gerebelleer het en Hom verwerp het en dus met die banvloek getref moes word. Dan is hy nogal ironies genoeg die een wat sê dat ander nie moet huigel deur selektief te werk moet gaan met die Woord nie, terwyl hy self dit presies so doen. Daar is geen vergelyking met daardie situasie en die hedendaagse Suid Afrikaanse dorpe ne stede wat deurspek is van Christene nie.
Jou basislose aannames is die enigste absurde deel van hierdie gesprek. G'n wonder jy is 'n agnostikus nie. Julle verstaan werklik niks nie, weens vooroordeel.
Kobus de Klerk
Die boeke is nie noodwending in die volgorde geskryf wat jy dink nie.
Hello,
Hello,
Hello,
Hel Wouter maar jy is langdradig en dit oor iets waaroor jy nie wil kommentaar lewer nie. Dit moet nogal iets wees om te beleef as jy skryf oor iets waarop jy wel kommentaar wil lewer.
Hello LRB,
Irb, dis jammer dat Wouter so min ondersteuning kry vir wat hy skryf oor hierdie onderwerp. Ek moet nog iets lees van 'n Christen wat sê dat om homoseksueel te wees is normaal. Meeste van hulle sê dat hulle nie oordeel of wil veroordeel nie, maar beskou homoseksualitet, paradoksaal, as sonde wat verbied word deur die Bybel. Vir geen ander rede kan hierdie boek in die vullisblik gegooi word as dit gebruik gaan word om moraliteit voor te skryf.
Die Bybel is 'n immorele boek. Hoe het dit by die destydse sensorraad verbygekom? Seker maar ook nie gelees nie.
Hello,
Die ou testament ja, nie die nuwe nie. Soos ek voorheen gesê het die ou testament is 'n vieslike boek wat nie geskik is vir kinders om te lees nie. Ek kan nie verstaan hoekom die twee testamente gelyk geag word en saam die Bybel uitmaak nie.
Irb, ek kry so half die indruk dat jy jou NT baie selektief lees. Die NT is onlosmaakbaar gekoppel aan die OT as die vervulling daarvan. Jesus is die nuwe Adam wat sonder Eva die saak tussen God en mense kom regstel het. Dit sluit 'n menslike offer in, die teregstelling van iemand wat onskuldig is, en dit word dan goddelike geregtigheid genoem, die enigste daad wat die "liefdevolle" God, Jesus se pappa, tevrede sal stel.
Het jy al ooit mooi gaan sit en dink wat hierdie Jesus-sterf-vir-my-sonde-storie regtig beteken? Ek vind dit ongelooflik dat Christene 'n dromerige en romantiese mistigheid kry in die oë kry as hierdie walglike storie na geluister word. As die NT nie net so vieslik is as die OT nie, wat is dit dan?
Feitlik alles wat Jesus sê en doen het 'n parallel in die OT. Christene vertel vir jou dat dit alles voorspellings is, maar het jy al ooit gedink dat dit presies die teenoorgestelde kan wees. Dat Jesus 'n suiwer mitologiese figuur is wat geskep en opgetoor is uit die OT deur die skrywers van die NT?
Vergeet van Zetgeist en "conspiracy theories", die waarheid is baie meer interessant. Die skakels wat ek vir jou los is net die begin van 'n fassinerende benadering tot die Bybel:
http://www.robertmprice.mindvendor.com/art_midrash1.htm
http://www.robertmprice.mindvendor.com/biblegeek.php
Luister na die' May 7th' episode van die 'Bible Geek'. Dit is die voorlees van 'n lesing aangebied deur Robert Price wat sy posisie opsom. Ignoreer maar sy aanmerkings oor Obama, moenie dat dit jou afsit nie.
Jy mag dalk die volgende van Earl Doherty ook interessant vind. Dit is 'n kort weergawe van sy boek 'Jesus Neither God Nor Man - The Case for a Mythical Jesus':
http://www.jesuspuzzle.humanists.net/preamble.htm
Ek is jammer as dit klink of ek jou afkraak. Jou reaksie hierbo was immers bedoel as ondersteuning aan Wouter en hier kom spring ek op jou kop. Jammer daarvoor.
Chris
Ns. Wouter, ek sou graag jou opinie wou hoor oor hierdie onderwerp (die 'Christ-myth theory') waarmee ek myself nou al vir meer as 'n jaar mee besig hou.
Chris,
Jy is welkom om my af te kraak dit pla my regtig nie. Dit pla my slegs as mense wat ek respekteer my afkraak en dan ook net soms. Ek weet nie wie jy is nie en ek weet nie wat jy weet nie daarom is jou afkrakery nie van belang nie. Ek raak wel onmiddellik agterdogtig as iemand hul agrumente probeer staaf deur webskakels aan te stuur. Voer jou eie argumente.
Nee ek het nie vir Wouter "ondersteun nie" om die waarheid te sê ek weet nie wat Wouter se standpunt is nie en ek gee ook nie regtig om nie. Ek was nie lus om sy langdradige stories te lees nie. My antwoord was op Varkspek se plasing nie op Wouter sin nie. Ek neem nie die NT letterlik op nie, wat belangrik is die boodskap wat die NT uitdra en dit is iets waarmee ek kan saamstem as jy nie daarmee saamstem nie is dit jou saak. Ek gaan nie met jou daaroor redeneer nie. Of Jesus 'n mitologiese figuur was of nie is nie regtig vir my belangrik nie. Ek het nou net mooi gedink soos jy voorgestel het, oor wat die "Jesus-sterf-vir-my-sonde-storie regtig beteken". Vir my is dit nie verskriklik nie.
Hoekom moet ek Price se kommentaar oor Jesus ernstig opneem maar sy kommentaar oor Obama ignoreer. Praat hy net selektief kak? My mening oor homoseksulaiteit: Nee ek beskou dit nie as sonde nie, as iemand vroue, mans tuinslange, ens wil spyker (natuurlik met hul instemming) is dit hulle saak.
Irb, al wat jy dan seker nou moet doen is om vir jouself 'n Nuwe Testament te koop sodat jy die "boodskap" wat dit uitdra kan uitvind om te weet waarmee jy saamstem.
Irb, amper vergeet ek, het 'n tuinslang al ooit vir jou nee gesê?
Chris, ek stel regtig nie belang in jou opinie nie. (as dit regtig joune is en nie die een of ander persoon op die internet sin nie). Jy is maar net, soos ons almal, nog 'n poephol op die internet. So, spaar jou wel deurdagte argumente, soos in jou twee plasing hierbo, vir iemand wat wil luister, miskien jou 6 jarige kind ?
Hello LRB,
Hello Chris,
Miskien lees jy nie die "kort tussenwerpsels" van my nie want dit lyk asof jy dink ek ondersteun jou. Waar kom julle daaraan? Jy lees duidelik ook nie jou eie kommentaar nie, dalk was jy maar haastig maar jou laaste paragraaf hierbo maak geen sin nie.
Hello Wouter
Ek dink dat as mens sou gaan kyk na die kriteria wat gebruik word vir die konstruksie van 'n historiese Jesus, daar probleme met elkeen van hulle is. Dit beteken nie dat hierdie kriteria onredelik is nie (ek dink byvoorbeeld dat Bart Ehrman en John Dominic Crossan se argumente baie goed is), maar dit kan jou nooit uitbring by die absolute sekerheid wat gehoor word van die "700" nie. Ek dink dat die waarde van die mite-Jesus teorie daarin lê dat die soeke na die oorsprong van Christendom verdiep en dat dit 'n dimensie verleen aan die gesprek wat, in my opinie, ontbreek. Die moontlikheid dat Jesus 'n suiwer mitologiese karakter is, is geensins so verregaande as wat opponente wil voorgee, en alhoewel hierdie posisie natuurlik nie gehou kan word as dogma nie, kan dit wel 'n vraagteken plaas agter elke "feit" wat ons weet van Jesus. Daar is historici wat feitlik niks wat Jesus sê of doen aanvaar as histories nie, maar dan tog, op grond van 'n handjievol materiaal, aandring op 'n onderliggende historiese karakter wat verantwoordelik sou wees hiervoor. As veskillende historici elkeen kan eindig met 'n paar "feite" waarop die historiese Jesus rus, en as elkeen se lysie anders lyk, is dit nie onmoontlik dat daar niks oorbly nie. Maak dit dan nog sin om te praat van 'n historiese figuur as niks in die Bybelteks verbind kan word met hom? Anders gestel: Is die voorstanders van 'n historiese Jesus in 'n beter posisie as die Grieke wat aangedring het op die historisiteit van 'n Achilles of 'n Hercules? Kan dit onkrities aanvaar word dat daar historiese figure agter hierdie karakters was?
Ongelukkig word die argument, veral op sekere forums op die internet, tussen die historiese-Jesus en die mite-Jesus kamp deur baie gesien as 'n argument wat gewen kan word die kant of daardie kant toe. Goeie argumente, die mite-Jesus het heelwat, en nie 'n meerderheidstem, bring mens gewoonlik nader aan die waarheid, al bring dit jou dalk nie tot 'n finale antwoord nie.
Die rol van die Katolieke Kerk en die vervatting van hulle dogma is 'n ontwikkeling van 'n latere eeu (3de & 4de), 'n stadium waar die historisiteit van Jesus alreeds aanvaar is. Hierdie geskiedenis van die Christengeloof is natuurlik ongelooflik interessant, maar ek dink nie dat daar veel waarde daarin is om te kyk na Kerk dogma, en selfs die onwikkeling/evolusie van hierdie dogma, om 'n historiese figuur, en die oorsprong van Christengeloof in so 'n figuur, te identifiseer. Hiervoor moet daar gekyk word na die eerste twee eeue van Christendom. Hier kan baie min gesê word met volkome sekerheid en dít is dalk wat mense grief wat wil argumenteer vir spesifieke posisies.
Chris
Hello LRB,
Hello Chris,