Hello Cornelius,
Hiermee wil ek graag jou soeke om te bevestig wie ek is afsluit met die volgende. Dit is foto geneem 16 Februarie 2013, 'n week na my diagnose en terwyl ek op siekverlof was om aan te pas by die medikasie.

Baie dankie
Wouter
20Hello Cornelius,
Hiermee wil ek graag jou soeke om te bevestig wie ek is afsluit met die volgende. Dit is foto geneem 16 Februarie 2013, 'n week na my diagnose en terwyl ek op siekverlof was om aan te pas by die medikasie.

Baie dankie
Wouter
20
Kommentaar
Hallo Wouter,
ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?
Hallo Wouter,
Hierdie foto van jou raak my baie diep en ek ervaar geweldig deernis vir jou. Die uitdrukking in jou oë, die verslaentheid, die pyn, die hartseer ... die woorde sonder woorde wat mens nie kan verbloem nie, al praat jy ook hoe ongeërgd met jou lippe en jou geskrewe woorde. Ek is so jammer vir jou dat iemand soos Cornelius so jag maak op jou ... maar dit eers maar daar gelaat.
Vandag is jy in my hart en my gebede.
As eenvoudige geskenk vir jou vir hierdie dag dra ek vir jou die diep en pragtige lied van John Denver op - Perhaps Love (skip tog maar die irriterende advertensie vooraf), uitgevoer deur Placido Domingo en John Denver en die eenvoudige maar sielvolle lied van een van my gunstelinge, Cat Stevens toe hy nog Cat Stevens was... Morning has broken.
Ek hoop dit beteken iets vir jou.
Groete,
Kobus de Klerk
Beste Wouter, baie dankie ... hierdie foto seg meer as baie derduisende woorde ... Carpe Diem! Cornelius
Hello Wouter
Van alle mense was dit toe Kobus wat vir Cornelius moes wys dat hy oor die tou getrap het.
Dit gaan baie vat voor ek weer enige respek het vir Cornelius
Chris
Het Wouter hierdie foto geplaas sodat ander my na dese met oorgawe kan minag? ... wel, gereken aan Chris Dippenaar met Kobus de Klerk selfs aan't die hand, blyk hul danse macabre wel so 'n gevolg te wees ... daarenteen, enigeen se rede kan verkeerd wees, maar 'n mens se gewete fouteer nooit ... en ek betrag Wouter se reaksies met 'n skoon gewete!
Betreffende Chris Dippenaar (of enige ander sulke onderdrukker) se respek - of te wel, moraliteit? ... Morality is simply the attitude we adopt towards people whom we personally dislike. ~Oscar Wilde ... daarom is Kobus de Klerk en Chris Dippenaar se moraliteit so aanpasbaar (so mooi deur hulself hierbo gedemonstreer). Vir die rekord (vir wat dit werd kan wees), die heel eerste kommentaar hierbo onder "Cornelius", dis 'n ander Cornelius as ekke ... dis nie ek nie en ek distansieer my myself daarvan ... my kommentare staan alles onder my naam "Cornelius Henn".
Tog interessant hoeveel sulke agterbakse verskuildes hier rondhang, net om so ander by implikasie en andersyds te beledig ... dit hierbo, is die verskuilde "Cornelius" se eerste kommentaar op Litnet waarvan ek weet - tog staan die skyn daarin: "ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?" ... maar vir al wat ek weet, is die "Cornelius" hierbo op sy sterfbed - wie sal hom vra?
Net so Kobus de Klerk se verwysing na my "heksejag" hierbo; hoeveel eerlike deelnemers is al deur die boef homself verdag gelaat?
Gereken sy aanslag op die werf, het Wouter sy verantwoordelikheid nagekom deur homself te identifiseer - goed so!
Lig ons self toe omtrent jou bedoeling Wouter.
Nie te danke,
Cornelius
Hello Kobus,
Hello Chris,
Wouter,
Soos altyd bou jy 'n strooipop en skiet dit dan in flarde dat die stukke op my val.
Indien jy nie jou stelling: "Dit na daar kommentaar op kommentaar was deur hom dat die leuens haal my in en my identiteit sal ontbloot word om 'n leuen te wees....." (sic), in soveel woorde aan my toegedig en met behoorlike aanhalings en skakels kan substansieer nie, is jy inderdaad die leuenaar wat jy hierbo beskryf.
Ek aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir jou toestand nie. Jy neem wat my betref in eie keuse hier deel en kon jy jou verskuildheid voortgesit het ook wat my betref.
Wie weet wat van enigeen anders hier se dilemmas en pyn in die regte lewe.
Dis wat ek bedoel met die werf is nie kerk nie - by 'n kerk is mense bekend met mekaar voor daar vermaan word. Preke het nie met sulke intimiteit te maak nie. Intussen blyk dit dat jy nou vrede daarmee gaan het dat Kobus de Klerk jou innig dog openlik voor ons almal hier gaan beraad. Ter wille ons ander die verleentheid te spaar, ek julle mooi vra dat julle 'n afspraak iewers in die regte lewe daarvoor maak!
Wouter, ek is na dese net meer oortuig van jou ergerlikheid, aangesien jy nie eens huiwer om nou jou siekte as 'n bron van simpatie vir jou gebreinspoelde standpunte te misbruik nie, en ook om my in die verleentheid daarmee te probeer stel nie.
Derhalwe, die "Cornelius" hierbo is net nog 'n verskuilde wie ek sekerlik nie durf waag se identiteit te bepaal nie ... ja, die moontlikheid is groot dat dit dalk iemand met veel meer simpatie as jy nodig het...
Om te herhaal; tog interessant hoeveel sulke agterbakse verskuildes hier rondhang, net om so ander by implikasie te beledig ... dit hierbo, is die verskuilde "Cornelius" se eerste kommentaar op Litnet waarvan ek weet - tog staan die skyn daarin: "ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?" ... maar vir al wat ek weet, is die "Cornelius" hierbo op sy sterfbed - wie sal hom vra?
Nie te danke,
Cornelius Henn
Hallo Wouter,
Ek is werklik dankbaar dat jy die geskenkie geniet het en dit vir jou iets kon beteken, al is iemand anders nou ook die talentvolle kunstenaars daarvan. Watter genade dat ons die vermoë het om dit te kan waardeer.
Ja, die sirkel word dikwels nie met soete gevolg volbring nie - maar volbring, word hy volbring. Maar, ek is net so bly om te sien dat die spreekwoordelike oggend, ’n nuwe dag, met nuwe geleenthede en Genade - in jou geval daardie silwer randjie om die donker wolk van siekte – ook weer vir jou aangebreek het, soos ou Cat Stevens in daardie ou liedjie met 'n pragtige nuwe gewaad aan, vir ons so sielvol sing..
Die uitruil van liedjies is inderdaad ‘amazing’, soos jy sê – die raakpunt tussen ons twee in ’n andersins wyd uiteenlopende en dikwels teenoorgestelde ervaringswêreld… en tog kan ons langs mekaar sit op die liedjiesbankie en heerlik saam daarin deel. Wonderlike gawe wat die HERE die mens gegee het… want musiek, só uniek aan die Godsgeskape mens, kan kom en gaan waar louter woorde dit dikwels nie kan waag nie…
Groete en sterkte vir jou,
Kobus de Klerk
Hmmn!
Mooi gesig en die persoon lyk interessant. Het ek jou nie miskien by Voëlkop raakgeloop nie?
Jaco Fourie
Hello Cornelius Henn,
Hello Kobus,
Hello Jaco,
Hello,
Wouter,
Jou aansporing vir die plaas van jou foto hierbo lees as volg: " ... derhalwe voer jy ook nou lank reeds die leun dat jou doopnaam kamstig "Wouter Ferns" is ... Ander eerlike bydraers soos Angus, Oester, en Thomas byvoorbeeld, lieg nie dat hul nom de plume, hul doopname is nie... "
Wel Wouter, ek kan eerlikwaar nie sien hoe die hartseer foto hierbo jou DOOPNAAM as "Wouter Ferns" bevestig het nie.
Jy het ook voorheen dit voorgegee dat jy jou ID nommer sal plaas - met 'n valse selfoon nommer daarby - en toe wys Trienie Mahne, jou leuen uit!
Wouter, jy speel self kat en muis omtrent jou identiteit.
En, hoekom plaas jy toe na alles boonop 'n foto waarin jy emosioneel 'n laagtepunt beleef?
Derhalwe, al kom jy helaas vorendag met jou doopname en voeg dit by jou foto hierbo, gaan dit nie jou waan dat Protestante en Katolieke elk hul eie God aanbid, of jou onthutstheid dat die Afrikaner in 1913 aan bewind was, ongedaan maak nie.
Jou vyandigheid teenoor my pas vir Kobus de Klerk, Chris Dippenaar, en Jaco Fourie, maar ek dink jy onderskat ander belangstellendes se intelligensie.
Soveel dan vir die simpatie wat jy hierbo uitgelok het.
Wouter, ek stel dit openlik aan jou dat jy 'n patetiese uitbuiter van emosie en 'n leuenaar nes Kobus de Klerk is.
Hou asseblief by jou hofwaardige laaste sin: "Die bewerings gemaak word daar gelaat en volstaan ek [Wouter] met hierdie laaste kommentaar."
Nogmaals STERKTE en nie te danke nie,
Cornelius Henn
Wouter
Ek verwonder my dat jy dit nodig ag om jou identiteit aan Woer-Woer hierbo te wil bewys, asook dat jy dit nodig ag om met hom voortdurend oor sy kleinlikhede te kibbel, gesien jou intelek ooglopend ver verhewe bo syne is.
My mening is jy hoort jou tyd en aandag eerder aan diegene op die Net te konsentreer wat min of meer op par met jou intelek is.
Neels het met omtrent almal wat van hom verskil, se identiteit bevraagteken. Verbaas hy het nog nie myne bevraagteken nie, maar die sal nog seker eersdaags gebeur, en indien wel, gaan ek beslis my nie aan hom steur nie.
En wie is te sê Henn is wie hy is? Omrede hy so behep is oor ander se identiteit, begin ek wonder of sy identiteit nie vals is nie.
Jaco Fourie
Alhoewel nie volkome nie, is dit tog waar wat jy hier veronderstel Jaco (al oordryf jy met oorgawe in "Neels het met omtrent almal wat van hom verskil, se identiteit bevraagteken")... in plaas daarvan dat Wouter Ferns hom bepaal het by my vrae in die bydrae elders ter sprake, het hy homself in 'n aanval op my as persoon gerig... lees gerus die kommentare hier: https://www.litnet.co.za/Article/gelowige-teenoor-ware-gelowige om te sien hoekom Wouter Ferns se doopname ter sprake gekom het... ek het geen saak met hoe hy lyk nie, maar intussen probeer hy selfs nou sy patetiese toestand my verleentheid maak... dit gebeur ook te gereeld dat iemand 'n skuilnaam soos byvoorbeeld "Cornelius" hierbo gebruik - sulke strooipoppe word juis opgestel om 'n opponent verdag te laat... maar nou ja, Wouter Ferns se gewete pla hom duidelik, daarom hierdie ongevraagde reaksie van hom... dan is die rekord ook daar vir enigeen om te lees hoe hardnekkig en aanhoudend Wouter Ferns hom by Kobus de Klerk destyds geskaar het en vir Ronel as kamstig my alter ego verdag gemaak het - net omdat sy durf waag het my te ondersteun - en hier huil dieselfde Wouter Ferns vandag (met dieselfde Kobus de Klerk aan sy voete) - siestog... Cornelius Henn
Net vir die plesier daarvan, plaas ek hierdie skakel http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=nuusbrief267 ... net ingeval iemand sou wonder oor die avatar op my profiel ... enige belangstellende kan die prentjie iewers op die skakel daarmee vergelyk. (ek kan eintlik nie regtig onthou nie Naomi - dis lank gelede - maar het ek darem my ID en geboortesertifikaat ook destyds vir jou gewys?)
Cornelius Henn
Ek onthou net jou skoene Cornelius.
Naomi