Afrikaans Huistaal vir graad 12’s: Oefening en memo uit Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

  • 11

Martlie Jordaan se eksamenoefenboek vir graad 12-Huistaalleerders, Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen, het in Januarie 2020 by Best Books verskyn. Dié gebruikersvriendelike werkboek bevat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Daar is ook waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3. Worstelende én vooruitstrewende Huistaalleerders sal ongetwyfeld baat vind by die oefeninge en konsepvraestelle in die boek.

Om ’n idee te kry van hoe die boek onderwysers en leerders met die voorbereiding vir die eksamen gaan help, laai ’n lekker uittreksel met ’n hersieningsoefening en memorandum, wat deur Best Books beskikbaar gestel is, gratis hier af.

Oefening
Memorandum

 

Lees ook LitNet se onderhoud met Martlie:

Onderhoud: Martlie Jordaan oor Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

  • 11

Kommentaar

  • Martlie Jordaan
  • Martlie Jordaan

    Ons hoop om volgende week die e-boek vry te stel en dit sal op platforms soos Takealot, Snapplify, ITSI beskikbaar wees.

  • Waar kan ek die antwoorde vir die boek kry, het gister die boek by Bargain Books gekoop. Op die agter kant van die boek sê dit die antwoorde is op best books se webtuiste ek kry dit nie?
    Baie dankie wag vir terugvoering

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top