kykNET Silwerskermfees 2014: Iemand anders

  • 0

Tertius Kapp se Iemand anders vertoon vanaf 27 tot 30 Augustus 2014 by die Silwerskermfees.

Die beskrywing van die film lees dat daar iets snaaks is omtrent Johannes.

"Iets ongewoons. Hy is nie sy gewone self nie. Hy is nie meer seker wat ’n gewone self is nie. Soms voel hy soos ’n hamster. Soms soos iemand anders. Maar wat as die fout nie by Johannes lê nie?"

Trude Gunther is ook betrokke by Iemand anders.

Naomi Meyer het haar gevra wat sy agter die skerms gedoen het en ook: Wat kan jy van die film vertel sonder om iets te verklap? Is “iemand anders” iemand wat jy ken? Is dit ons almal?

Iemand anders handel oor die moontlike eksistensiële krisis waarin dié wat hulself toelaat om hulle daarin te begewe, ten spyte van die "rat race"-roetine van ons alledaagse bestaan, hulle bevind. Moontlik. Dit kan ook oor iets heeltemal anders gaan. Mens weet nooit. Want wie en wat is jy nou eintlik? Ek voel, dink en doen nou dit, maar oor 'n rukkie is ek, dink ek, voel ek weer heeltemal anders. Ons is konstant in fluktuasie ... of nie? 

Tertius Kapp is 'n ou en steeds goeie vriend van my van universiteitsdae af. Met een van ons chats het hy gevra wat ek als op stel kan doen. Ek het onlangs agter die skerms begin werk as stilis en ek eksperimenteer met fotografie. So ek het die wardrobe behartig tydens die produksie en duisende "steelfoto’s" agter die skerms geneem.

Foto's hieronder deur Trude Gunther, tensy anders vermeld.

 

Tertius Kapp en Trude Gunther (foto: Suzaan Keyter)

 

Erica Wessels, Kim Cloete en Trude Gunther (foto: Suzaan Keyter)

 

Kyk wanneer jou gunstelingfilm by die kykNET Silwerskermfees draai.

Lees 'n gesprek oor Suurlemoen!

Lees nog oor Agterplaas.

Lees ook oor Totsiens, Pa.

Lees ook oor Trippie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top