LitNet Akademies is ’n geakkrediteerde akademiese joernaal wat portuurbeoordeelde Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Hierdie multidissiplinêre aanlyn joernaal vorm deel van LitNet en bestaan uit ses onderafdelings: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regte.
Hoekom jóú navorsing aan LitNet Akademies toevertrou?
1. Vir ’n Afrikaanse navorsingsartikel wat ná 1 Julie 2022 voorgelê word, die portuurproses slaag en gepubliseer word, betaal LitNet Akademies ná die publikasie daarvan R12 000. Vonnisbesprekings wat in die node vir Regte ontvang word, verdien ná publikasie R6 000.
2. Ons hef geen bladgelde nie.
3. Jou artikel word deur Afrikaans se top-akademici hanteer.
4. Artikels verskyn meestal vinniger as wat die geval is by papierjoernale.
5. Navorsingsmateriaal is ooptoegang en wêreldwyd op die internet beskikbaar.
6. Onderhoude met navorsers en aanlyn seminare rondom navorsingsartikels word deur LitNet aangebied; só word jou navorsingsbevindinge wyer bekendgestel.
7. ’n Omvattende Engelse opsomming van die artikel word saam met die Afrikaanse weergawe gepubliseer.
8. Navorsers behou kopiereg op hul artikels.
9. Volkleurillustrasies is moontlik.
10. Die materiaal wat jy skep, gaan talle Afrikaanssprekende studente help om hul vakgebied beter en makliker te begryp.
Vind hier uit hoe om jou artikel voor te lê.
• iPad- en iPhone-rame danksy freepngimg.com




Kommentaar
Hierdie was vir my 'n baie leersame proses en ek waardeer die geduld en noukeurige redigering vanaf LitNet tydens die hele proses. Baie dankie!
Ek maak al geruime tyd dankbaar gebruik van die publikasiegeleentheid van LitNet – natuurlik ook lekker om ’n "vergoeding" daarvoor te ontvang.
Hoewel baie min navorsers van die klankfunksionaliteit gebruik maak - ek as fonoloog wel ruim - kan dit dalk goed wees om dit ook in dié lysie op te neem.