Wouter, jou geslote (mam)parakundigheid ... (ook vir almal met harte)

  • 0

 

Wouter

Ai tog, en daar's my hoop toe weereens beskaam.

Ek sal ook natuurlik lieg as ek seg dat hierdie swak relaas van jou enigsins onverwags was.

Jy't glad nie eens ’n bietjie moete gedoen om my vrae voorheen hierin, te ag nie.

Dis hartseer ...

Nes Kobus de Klerk en sy paranimfe gedurig die Christelike godsdiens vergat in hul totale taal onvermoë, net so vergat jy wetenskap in die breë met jou arrogansie jeens iets so eenvoudig soos die algemene betekenis van woorde in die Afrikaanse taal soos vervat in verklarende woordeboeke.

Jy tik dat ek hik:

Sonder om te verwys na ’n woordeboek en dalk daardeur vasgevang te word en die bedoeling wat ek in my rede wou oorgedra het te laat skipbreuk lei, is die geslote sisteem waarna ek verwys het die idee, dat die Bybel moet onderwerp word aan studie wat die resultate van die fisika, biologie, geskiedenis onder andere van toepassing sal maak op dit wat formuleer word in die Bybel.

Wouter, in die ou dae sou mens gewoon seg jy's toe.

Party sou selfs reken jy's so toe soos ’n klei os se gat ... (of is dit "vasgevang" ’n bloubul se gat?)

Vandag blyk jou toestand egter veel erger as dit te wees (let gerus maar hoe muurbouers en ander diktators met "geslote sisteme" val en hul bebloede kadawers voorblaaie om die wêreld heen tooi).

Wouter dis uit respek vir my onderwerpe, maar bowenal uit respek vir my medemens om in welke die taal of vak my te laat "vasvang" deur die algemene betekenis van woorde en my bedoeling ondergeskik te maak daaraan. Dis aanmatigend en verwaand om jou eie betekenis aan woorde en taal te bring net om jou eie sogenaamde "bedoeling" te laat geld.

Tog gun jy nie sulke vryheid aan ander in hul onvermoë om iets so oorweldigend soos ons almal se Almagtige Lewende Skepper, in ’n totale tekort aan woorde in sprakeloosheid sinnebeelde te skep en in mites te orden nie. Sulke mites besing ons bestaan in ’n lieflike dog eenvoudige poetry tot verhouding tot ons almal se Oorsprong. Mites bly egter mites totdat GOD dit self waar maak in ’n ieder se hart (hetsy dit geslote of gewoon toe is).

Wouter, al staan die Bybel nou lank reeds uitgesonder in jou en berugte haat en hoon, sou die verhaal van Rooikappie en die Wolf ook voldoen aan jou onthutste maatstaf vir ’n "geslote sisteem".

Ek haal jou aan:

Dan sal dit gevind word dat fisika maak die vertelling van die oorsprong soos verwoord in die Bybel tot niet, biologie maak die idee van ’n Adam en ’n Eva tot niet net soos die historiese verloop van die werklikheid die historiese verloop soos verwoord in die Bybel ook tot niet maak.

Wouter, die "tot niet verklaar" uit jou verwrongenheid aangehaal hierbo, sou vanselfsprekend van toepassing wees as jy kosmologie (’n erkende en behoorlik gedefinieerde wetenskap), op "die historiese verloop van die werklikheid" – van die Slag van Bloedrivier probeer toepas.

Dis lank reeds duidelik dat jy jou onsamehangende onsin in die algemeen dalk nooit self sal kan begryp nie (al is dit so ewe verskuil agter verskeie ingewortelde karikature en stertjies op die werf EN ’n helse klomp Ingelse spoeg en plak).

Terwille van die rede en ander moontlike belangstellendes in die onderwerp, noem ek dat godsdiens – sonder om die Bybel tot vervelens toe uit te sonder – in werklikheid ’n multidimensionele veld beslaan wat miljoene wetenskaplikes oor die hele wêreld uit vele agtergronde heen aangryp in vakke soos volkekunde, argeologie, mitologie ... om maar enkeles te noem. Elkeen van hierdie vakke en studierigtings het hul eie unieke taal. Menige student is bekend met die jare wat dit neem om verklaringe en definisies in hul studie onder die knie te kry.

Hoe kan (mam)parakundiges soos jy Wouter, Kobus de Klerk, en jul hele gevolg kom en die orde ondermyn met verwaande stellinge soos – "Sonder om te verwys na ’n woordeboek en dalk daardeur vasgevang te word en die bedoeling wat EK (verseker verwys na iets soos "my eie sieke egotisme" ook daarby) in MY rede wou oorgedra het te laat skipbreuk lei"... ?

’n Spesiale versoek aan die meester agter die Wouter Ferns-karikatuur: Geslotenheid en mure bou op alle vlakke in die lewe en om elke hart is ’n werklikheid. Ek't weliswaar op iets soos “The Wall" van Pink Floyd gehoop om rede met jou te voer. Jou skoorsoekerige gebete homoseksuele en beterweterige primadonna Wouter-kreatuurtjie – met al sy stertjies en morele dievegge – is verseker nou al holrug gery. Kan jy nie vir ons iets agter ’n naam soos Braga of Bragi verskuil wat die poësie van ons bestaan op ’n meer oortuigende wyse uitdaag nie?

Desnieteenstaande, ek deel hierdie besondere geanimeerde en kosbare stukkie digkuns getiteld "Empty spaces" uit The Wall van Pink Floyd, spesiaal met jou en almal met harte ...

Baie Dankie.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top