Hallo Wouter
Jy tik:
In verband met VVV's kan daar byvoorbeeld verwys word na Henn se beskrywing daarvan aan die hand van Esegiël verklaar. Die geslote sisteem van pseudowetenskap teer op die geslote sisteem van die Bybel.
Nou ja Wouter, in die fisika, en natuur- en rekenaarwetenskap, het "geslote sisteem" wel ’n bekende en bepaalde betekenis.
Jou ingewortelde gewoonte om die begrip "geslote sisteem" te pas te bring (so asof dit ’n bekende werklikheid is in terme van menslike sosiowetenskappe en godsdiens), oorbluf my telkens.
Uit my verklarende woordeboek:
sisteem, ..teme. 1. Groep onderdele wat ’n geordende geheel vorm, stelsel. 2. Metode of manier van handel of werk. 3. Eenderse eenhede wat ’n samehangende geheel vorm.
geslote, meer geslote ~, mees geslote ~. 1. Dig, toe, geheim. 2. Terughoudend, onmededeelsaam, swygsaam. 3. Aangeneem (ooreenkoms). 4. Volkome. 5. Ontoeganklik, afwysend. 6. Waaraan niks ontbreek nie. 7. Bymekaar (geledere). ’n geslote boek, ’n geheim; agter geslote deure, privaat; in geslote geledere, naby mekaar. geslotenheid, geslotekringtelevisie.
Wouter, "soos reeds aangedui", kan die woorde "geslote" en "sisteem" in sodanige kombinasie wel toepassing in fisika, natuur- en rekenaarwetenskap vind.
Vir sommige is die Bybel ’n geslote boek (selfs vir Kobus de Klerk).
Maar hoe kom jy by ’n "geslote sisteem" omtrent die Bybel uit?
Wouter, as iemand met berge se spoeg en plak bronne in Ingels oor enige onderwerp op aarde, moet jy tog seker iets omtrent die geskiedenis en samestelling van die Bybel het om jou standpunt te kan staaf.
Gegewe die invloed van hierdie kosbare Boek in die geskiedenis van die mensdom vir 1 700 jaar reeds, die Bybel, blyk die Boodskap daarin eintlik ’n oop vraagstuk vir almal te wees.
Maar, ek kan verkeerd wees ...
Persoonlik dink ek aan organisasies soos die Broederbond, Vrymesselaars, Mafia, Apartheid, die Berlynse muur, Kobus de Klerk en Jan Rap se taalfundamentalisme ... as pogings om menslike sosio-geslote-sisteme te skep.
Nog geen weermag, diktator, despoot, of fundamentalis op aarde het egter al ooit daarin geslaag om mense se harte permanent so in ’n "geslote sisteem" toe te sluit nie.
Ek beweeg my hele lewe lank reeds vry tussen moskee, sinagoge, katedraal, tempel, kerk, rock- en simfoniekonsert, diepsee en karphengel, skaak speel en wedvlugduiwe teel, man-wees invoeling met my vrou-wees ...
Wouter, is enige aspek van jou homoseksueel-wees dalk ’n "geslote sisteem"?
Die Bybel se uitnodiging staan oop vir elke hart op aarde.
As uiters liberaal, hunker ek miskien sonder dat ek daarvan weet iewers in my diepste wese na iets geslote as deel van ’n sisteem in ons menswees – ek weet nie.
Ek nooi jou egter heelhartig tot ’n debat waarin jy jou redes kan aanvoer hoekom jy die Bybel, en al die verskillende godsdienste op aarde – as "geslote sisteme" beskou.
Baie dankie
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

