Hello Cornelius
Sonder om te verwys na ’n woordeboek en dalk daardeur vasgevang te word en die bedoeling wat ek in my rede wou oorgedra het te laat skipbreuk lei, is die geslote sisteem waarna ek verwys het die idee, dat die Bybel moet onderwerp word aan studie wat die resultate van die fisika, biologie, geskiedenis onder andere van toepassing sal maak op dit wat formuleer word in die Bybel.
Dan sal dit gevind word dat fisika maak die vertelling van die oorsprong soos verwoord in die Bybel tot niet, biologie maak die idee van ’n Adam en ’n Eva tot niet net soos die historiese verloop van die werklikheid die historiese verloop soos verwoord in die Bybel ook tot niet maak.
Terwyl hierdie eksterne kennis ignoreer word en daar net in die geslotenheid van die Bybel funksioneer word, dan sal die ontleding daarvan in gebrek bly.
Hierdie argumente is al holrug gery, welbekend en nog steeds staande.
Die probleem daarmee is juis dat die gelowige nie kennis sal toelaat wat die fondasie van sy geloof sal vernietig nie.
Dit word aanvaar dat jy baie diep put uit die Bybel uit en dit tot ’n groot mate jou lewe vorm en omvorm.
Indien die werklikheid soos verwoord in die Bybel dan getoets sou word aan die hand van sisteme buite die Bybel en die waarhede in die Bybel dan verbrokkel aan die hand van daardie eksterne bevindinge, sal jy nog steeds toelaat dat dit inbreuk maak?
Volgens my oordeel sal jy (en ander) dit nie toelaat nie.
Neem die voorbeeld van die verwysing na Daniel. Hierdie is ’n Joodse teks wat gekaap is deur die latere Christen geloof en ander interpretasies en ontleding tot dit gebring het.
Om Daniel korrek te lees moet daar na die oorspronklike konteks gaan soek word.
Indien dit sou gevind word dat in kontradiksie tot jou huidige oortuigings sal jy jou huidige oortuigings laat vaar.
Neem die VVV's gevind in jou ontleding van Esegiël.
VVV's is nog nie eens bewys in die vakkundige lektuur van vandag nie. Dit beteken nie dat daar nie gesoek word nie, soos SETI & CETI as projekte wat bestaan, aandui nie, maar VVV's in die Bybel en die mensdom soek nog steeds vir bevestiging twee duisend jaar later is te dik vir ’n daalder. Dit is ook belangrik om te let dat die Bybel nie ’n onwrikbare verklaring maak dat VVV's bestaan nie, dit word juis paradoksaal verkeerdelik toegeskryf aan die Bybel in die ontleding aangebied deur jou.
Korrekte, eksterne kennis, sou jou skepties gelaat en selfs weerhou het daarvan om Esegiël se verhaal te ontleed as bevestigend van VVV's.
Daarom is die Bybel ’n geslote sisteem, dit verwerp die skerp lig van eksterne bevindinge, maar staan nie vry van vergrype waaraan ’n leser met voorbedagte rade hul skuldig kan maak nie.
Baie dankie
Wouter
Boeknotas: Esegiël aan die hand van Harold Bloom
Hello
Vir hierdie boekebrief word daar na die nuutste boek van Harold Bloom verwys, The Shadow of a Great Rock: A Literary Appreciation of the King James Bible. Daar word net verwys na die hoofstuk wat Esegiël behandel en Harold Bloom word gevolg in die volgende.
Esegiël behou ’n vreemdheid wat nie verminder word met die verloop van tyd nie, net soos die boek ook nie kan vermy word nie. Esegiël skep die beginsel van apokaliptiese en openbaring. Van die boek Openbaring tot en met die werke van Milton, Blake en Shelley, die simbolisme gevind in Esegiël onderskraag die digterlike en spirituele tradisie.
Dit word bevraagteken of die profeet, Esegiël, homself, volkome gesond van gees was, maar kan nogtans beskou word as die vader van Judaïsme en Christen openbaring. Die kontradiksie en paradoks word erken.
Om sin te maak van hierdie boek is nog steeds ten spyte van tweeduisend jaar se ontleding wat beskikbaar is.
Volgens Bloom, stel Herbert Marks dat Yahweh soos beskryf deur Esegiël, “a God in exile” is, net soos dit uitsonderlik moeilik is om Esegiël in eie reg te sien.
’n Patroon wat tog uitgemaak word is die van “splintering”. Teks, profeet, Jerusalem, God, alles val uitmekaar. Die middelpunt kan nie heel bly nie.
Esegiël is deel van diaspora en net soos Jeremiah word gekniehalter deur dieselfde las, naamlik alle hoop moet laat vaar word dat Zion gou herstel gaan word. Dit is slegs valse profete wat daardie valsheid sal verkondig, die enigste hoop vir restourasie, is in ’n tyd na tyd.
Die “chariot-throne” is ’n fantastiese metafoor en het as kern, Yahweh en nie die mense nie en toon ’n selfsugtige liefde vir sy eie naam en wil eer ontvang vir magtigheid en nie die verbond met die volk nie.
Dan dit wat deur sommige gesien word as ’n verwysing na VVV’s is volgens Bloom ’n “epiphany of Yahweh”
Indien daar gesoek word na ’n outentieke visie van God, dan is hierdie dinamiese warrelwind waarna gedraai moet word. Die klem is hier op ’n Yahweh wat poog om te oorweldig, wat bulder dat hy Yahweh is.
Die konteks van hierdie troon en briljante visie word in kontras geplaas tot die nederigheid van die “Holy of holies”, beskryf as a “bare place”.
Tesame met die visies van Jesaja en Amos is daar die volgende eienskap in die profesie gevind kan word, die van triomf.
Alhoewel die visie volgens Calvyn ook onverstaanbaar is, word dit aanvaar deur Calvyn dat die desperaatheid van die nood waarin Esegiël “a formidable form of God” vereis.
Die donker hart van Esegiël is die vernietiging, die woede teen die volk volbring en die berusting wat dit vir Yahweh bring.
Volgens Bloom, wie benodig so ’n God?
Die beeld waarmee afgesluit word is die vallei van die doodsbeendere. Al is die idee van die liggaam wat weer opstaan aanvanklike van Egiptiese oorsprong was en nou ’n Christen oortuiging ook is dit volgens Bloom nie wat Esegiël aangaan nie maar wel die idee van “exodus from Exile” as die ware betekenis.
Dit kan ook gesien word as ’n “trope for the political rebirth of Israel” (remaining figurative until 1948).
Die utopie van ’n herstelde Israel wat volg in die laaste hoofstukke. Teokrasie vorm die fondasie van hierdie nuwe Israel.
Bloom sluit af dat hierdie visionêre tradisie deurgetrek kan word vanaf Dante, na Milton tot en met Blake en Shelley en die esoteriese spekulasies die onderbou van die Kaballah daarstel.
Volgens Bloom sou die Westerse tradisie, digterlik en die mistiese radikaal anders daarna uitgesien as wat dit sou gewees het sonder die invloed van Esegiël.
’n Vreemde verhaal sonder enige twyfel en Cornelius korrek om die vreemdheid daarvan uit te wys.
Baie dankie
Wouter

