Wouter Ferns se Afrikanerhaat en Ingelse aktivisme

  • 2

Goeiedag.

Gesprek met sulke dekadente, promiskue, en liberale Boerehaters, is altyd 'n vermorsing van kosbare tyd - veral as hierdie tyd in die geselskap van intelligente mense met goeie morele waardes geniet kon word.

Die patetieke bleeksiel ( of te wel "nerd", soos hy graag na homself verwys), meen die volgende:

"Gereeld word die vraag gevra aan arme Wouter, wie was aan bewind?, die antwoord word dan nie deur my gelewer nie, maar deur die persoon wat die vraag vra, en antwoord, dit was mos die Engelse en kan die gruwelwet van 1913 na die Engelse herlei word en is die Afrikaner onthef van alle blaam. Laat dit duidelik gestel word dat die enigste rede hoekom ek as Afrikaner hierdie tipe brief skryf is omdat dit belangrik is om die verlede korrek te verwoord en nie onwaarhede wat met klokslag hier geplaas word te laat staan en moet dit daarom korrigeer word om die korrekte aanloop van 1913 bevestig. Dit is net my van wat van Engelse oorsprong is, klaarblyklik 'n steenmaker van Ierland eintlik."

Ja, Wouter Ferns se skynheilige opmerkinge; "as Afrikaner" en "dit is net my van wat van Engelse oorsprong is", kwalifiseer hom onteenseglik as 'n hanskakie.  Dis (hopelik) steeds dieselfde "Wouter Ferns"; die een wat met sy eerste aankoms hier so graag en gedurig sy vervelige Ingelse parsie op die werf kom spuit het (en siestog - die aksent daarby)!

Wouter Ferns se uitskeiding hierbo, is heel waarskynlik na aanleiding van my bydrae onder hoofde, 1913.

Die ironie is egter die algehele paradoksale en totaal oordrewe wanpersepsie wat Wouter Ferns daarin probeer skep en so die Britte se aandeel aan Apartheid probeer verontskuldig en verdoesel. Om hierdie eenvoudige rede is dit ook kwalik nodig om enige bron of inligting buite sy onsin aan te haal.

In die paragraaf na sy bisarre inleiding, druk die arme Wouter Ferns homself nog bleker en smetterig met:

"In minder as 'n dekade na die oorlog, het die nuwe Unie van Suid-Afrika tot stand gekom bestaande uit die voormalige republieke en kolonies. Binne 'n merkwaardige kort tydperk was daar 'n tipe van versoening tussen die wit "rasse". Hierdie versoening en die skikking tussen Brit en Boer was deels 'n produk van die geweldige onsekerhede deur die wittes ervaar wat ontketen was deur die oorlog."

Nieteenstaande die feit dat dit bloot Wouter Ferns se eie absurde veronderstelling hierbo is, hy tog duidelik daarin die Britte aan Apartheid skuldig maak - Brittanje, die grootste moondheid en koloniale mag in die wêreld - meteens as meelopers in Boere/Afrikaner aspirasies?   

Hoe belaglik!

Tog sou 'n mens kon vra; hoe gereeld dan erken en aanvaar die Ingelse kwansuis hul medeaanspreeklikheid aan Apartheid - sou Wouter Ferns se bespotlike analise hieroor korrek wees?

NOOIT NIE!

Die res van Wouter Ferns se twak daar gelaat.

Voor 1903, was rassisme ongekend Noord van die Oranje.

Die Ingelse - Groot Brittanje - was ten volle soewerein en in beheer, van Kaapstad tot by Messina, tussen 1903-1960.

Voor 1960, was daar onderhandelinge en gesprekke tussen Boer en Brit, maar die Afrikaner het eers onafhanklik regeer na 1960.

Eweneens die ANC se oorname van die Republiek van Suid Afrika.

Daar was onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die ANC voor 1994, maar die ANC het eers TEN VOLLE bewind en beheer sedert daardie datum.

Geskiedenis, soos in helde verhale onder meer van Hans Dons de Lange, Paul Kruger en Adam Kok, bewys die Boere se hart en meelewing met alle ander Afrikane. Dis sekerlik om hierdie rede ook dan dat Wouter Ferns en sy gebreinspoelde meelopers, te kenne gegee dat hulle nie in die geskiedenis voor 1910 belangstel nie.

Derduisende van ons mense is intussen vermoor ...

Nog derduisende krepeer vanweë regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, anti-wit rassisme, noem dit maar wat jy wil ...

Die Boere-Afrikanervolk is besig om uit te sterf ...

Ons word verdruk, vermoor, verguis ...

Vanuit Groot Brittanje en Amerika word ons nou in ons magteloosheid éérs met propaganda geslaan, nes dié van ene "Wouter Ferns" hierbo.

Dis asof die haatveldtog wat daar in die tagtigerjare deur kommuniste soos Joe Slovo en Ronnie Kasrils vanuit die buiteland teen ons gevoer is, vandag eers 'n hoogtepunt bereik.

Die Boere-Afrikaner is SKULDIG!

Die Boere-Afrikaner is 'n skurk!

Laat hulle verdwyn!

...  so gil die "Wouter Fernse" aanmekaar ... als, wyl daar op hierdie oomblik 'n volksmoord in ons land - kamstig die grootste demokrasie ter wêreld - plaasvind.

En dit wyl ons Boere-Afrikaners se eie drukpers en kerke, saamsmee in hul verraad teen ons!

Neem gerus weer 'n slag kennis van Totius se beskrywing van wat die Britse ryk in die Tweede Vryheidsoorlog die Afrikaner-Boerevolk aangedoen het. Hierdie profesie is lank na 1910, 1913, en selfs 1925 geskryf:

Vergewe en vergeet

Daar het ’n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
’n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer
agter ’n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly ’n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.

Gegewe die hel - die moorde op meer as drie-en-twintigduisend weerlose VROUE en KINDERS - en alles waardeur die Boerevolk voor en na hul stryd teen die wêreld se grootste onderdrukker is - die Grote Brittanje - dan is dit moeilik om nie naar te word met die lees van die propaganda deur 'n aktivis, soos dié van ene Wouter Ferns nie.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons Afrikanervolk genadig wees.

Boeregroete,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Neelsie

    Pleks om te galbraak oor die werklike en ook verbeelde ongeretighede van die verlede wat verewig verby is.  Wat is jou voorstel vir Afrikaner-samewerking om selfbeskikking vir die toekoms te bewerkstellig? 

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco,  

    Ek waardeer jou sinvolle belangstelling hierin ...  

    Dis gewis 'n uiters relevante vraag: "Wat is jou [Cornelius, of enige ander se] voorstel vir Afrikaner-samewerking om selfbeskikking vir die toekoms te bewerkstellig?"  

    Jaco, ek het reeds voorheen ooreenstemming dat nie een van ek of jy by enige Afrikaner-instansie ingereken sal word nie; jy weens jou homoseksualiteit, en ek weens my katolieke blydskap.  

    Nietemin, ek het niemand se toestemming nodig om myself as entoesiastiese Voortrekkernasaat en Afrikaner-Boer te beskou nie.  

    Yoti Loizos - die Griekse Boertjie (wie ek ook persoonlik al van kindsdae ken), en Manuel Escorcio, stel nogals 'n voorbeeld vir my daarin.  

    Van samewerking tussen Afrikaners, is daar sekerlik geen sprake van nie.  

    Maar, dieselfde geld in 'n mate vir die Jode. Sou jy enige Jode ken, sal jy gou besef dat die Afrikaner-Boere-twiste, soos klein brakkies se trap vir 'n tiet is.  

    Gegrond op 'n Israel/Joodse model, sal Afrikaner-samewerking veel moontliker wees met gewoon selfs net is 'n simboliese grondgebied (soos byvoorbeeld die Krugerwildtuin), en internasionale erkenning van ons besondere erfenis en geboorte in Afrika!  

    Voor daar egter sprake kan wees van luukses soos Afrikaner-samewerking, taal en kultuur, sal die huidige "demokratiese regeerders" ook eers die veiligheid van ALLE Suid Afrikaners drasties moet verbeter en die toekoms in kan verseker!  

    Die punt in my bydrae hierbo, is egter Wouter Ferns se laakbare vernieling van die geskiedenis net om die Afrikaner te belaster, en sy patologiese liberalisme te bevorder.  

    Wouter Ferns, is duidelik te lafhartig om sy redes naby my gereelde bydraes daaroor te voer. Ek sou wat wou gee om nog te lees hoe hy eendag sy "slim Johnny intellektualisme" verdedig met die valse propaganda dat Dr HF Verwoerd die vader van Apartheid is, wyl hyself 1913 en 1925 - laaaaank voor Dr Verwoerd - as mylpale vir Apartheid beskou.  

    Dankie nogmaals vir jou belangstelling.

    Boeregroete,  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top