Die aanloop tot 1913 herbesoek

  • 7

Hello, 

Gereeld word die vraag gevra aan arme Wouter, wie was aan bewind?, die antwoord word dan nie deur my gelewer nie, maar deur die persoon wat die vraag vra, en antwoord, dit was mos die Engelse en kan die gruwelwet van 1913 na die Engelse herlei word en is die Afrikaner onthef van alle blaam. Laat dit duidelik gestel word dat die enigste rede hoekom ek as Afrikaner hierdie tipe brief skryf is omdat dit belangrik is om die verlede korrek te verwoord en nie onwaarhede wat met klokslag hier geplaas word te laat staan en moet dit daarom korrigeer word om die korrekte aanloop van 1913 bevestig. Dit is net my van wat van Engelse oorsprong is, klaarblyklik 'n steenmaker van Ierland eintlik. 

In minder as 'n dekade na die oorlog, het die nuwe Unie van Suid-Afrika tot stand gekom bestaande uit die voormalige republieke en kolonies. Binne 'n merkwaardige kort tydperk was daar 'n tipe van versoening tussen die wit "rasse". Hierdie versoening en die skikking tussen Brit en Boer was deels 'n produk van die geweldige onsekerhede deur die wittes ervaar wat ontketen was deur die oorlog. Die Republieke is genoodsaak om vrede te maak of dan in die woorde van Jan Smuts: 

"Twee wit Christen mense omring deur barbare wat op hul plek gehou moet word"

Wit versoening en die eenwording van die land is dus gesmee in die aangesig van die vrees van die Afrikaners gebring deur die oorlog vir die Afrikaan.

Brittanje se hoë kommissarisse na die oorlog was minder bang, alhoewel hulle ook oortuig was van die noodsaaklikheid vir 'n verenigde Suid-Afrika gegrond op wit heerskappy.

Soos Milner dit gestel het: 

‘The white man must rule, because he is elevated by many, many steps above the black man; steps which it will take the latter centuries to climb, and it is quite possible that the vast bulk of the black population may never be able to climb at all.'

Milner maak hiervan werk en gee uitvoering aan hierdie voorskrifte wat onder andere insluit die aard van politieke affiliasie en die daarstelling van nasionale identiteite. 

Die argument wat die meeste gewig dra is dat in Suid-Afrika die wit man se land is kan dit net bereik word deur middel van 'n wit arbeidbeleid en was hierdie beleid in die belang van die hele blanke 'gemeenskap', vroue sowel as mans. Alhoewel vrouens nie die reg gehad het om te stem nie. 

Die praktiese uitvloeisel hiervan is dat die vakbond leiers van die tyd 'gekleurde' arbeid uitgesluit het van die werk wat gedefinieer was as vaardige en beter betaalde werk en is James Riley, President van die Witwatersrand Trades en Arbeid Raad in 1907 'n voorbeeld van die denke wat die norm was: 

‘If this country is to be a white man's country and a home in a British colony for white people, then we must take seriously our attitude to the coloured question. With respect to the Indian and the Chinese I would absolutely exclude them  altogether. The 'black man' is a permanent factor here, and we cannot exterminate him.'

Maar James Riley was darem nie heeltemal onmenslik en stel voor: 

'The black man should be located on territories set apart according to their different races and let them come up to our civilised standard in their own particular territories. As soon as they wish to leave that and come into ours, then they must come up to both our standard of living and pay as ourselves, so that they shall not compete unjustly with the white workers.'

Hierdie dan die tydsgees en dan word die verwagting gekoester deur sekere deelnemers hier dat die Afrikaner apartheid van die Engelse teengestaan het. 

Dit was nie die werklikheid soos die volgende voorbeelde sal uitwys en is dit ironies genoeg die Kaap wat die meeste geskop het teen die nuwe bestel en rigting waarin die samelewing beweeg het aangesien daar politieke en sosiale bewegings en selfs 'n paar vakbonde wat volgehou het om te argumenteer vir 'n meer konsekwente nie-rassige posisie maar teen 1910 was die territoriale skeiding van swartes deel van die politieke manifes van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Arbeid Party. 

Hierdie het sonder verwyl die gemeenskaplike doelstelling van al Suid-Afrika se hoofstroom wit politieke partye geword. 

Het Volk, 'n Afrikaner politieke party, was die platform vir die bymekaar bring van 'n wye spektrum van die Afrikaner-gemeenskap in die soeke na self-regering. Die party se eweknie in die Oranjerivier-kolonie was die Oranje Unie gestig tussen 1904 en 1906. Dit het ook as doelwit self-regering en nie-rassig van aard. 

Voor daar gedink word, hier is dit nou, die Afrikaner as verlig in 1909. 

Nie-rassig het beteken gelykheid tussen die Britse en Afrikaner wittes. 

Hierdie is dan die agtergrond en was Afrikaner partye in beheer in drie van die vier provinsies op daardie stadium en begin Het Volk besef daar is voordele om saam met politieke teenstanders en die 'kindergarten' van die tyd oor uniewording te begin onderhandel. 

Hierdie bring die verloop dan tot die die Wet van die Unie in 1909. Dit is belangrik om daarop te let dat die Kaapse afgevaardigdes met die voorstel vir stemreg aan alle mans gekom het, histories, die Britse kolonie maar is heftig teengestaan ??deur die afgevaardigdes wat 'n totale beperking op stemreg vir swartes formuleer. 

'n Kompromis ooreengekom tussen Smuts en Merriman voor die konvensie, het gelei tot die aanvaarding van die bestaande koloniale reëlings. Dit het die Kaap se nie-rassige, maar gekwalifiseerde swart manlike stemreg in die Kaap behoue gebly, terwyl dit in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat, alle volwasse wit mans stemgeregtig was soos in Natal ook. Net soos die grondwet burgerskap uitgesluit het vir die oorgrote meerderheid van swart mans en alle vroue. 

Die mynmagnate, Milner se kindergarten (insluitend 'n paar met liberale gewetens), Engels-sprekende werkers, noordelike Afrikaners en wit Natallers veilig in die wete dat die nuwe grondwet swartmense en kleurlinge sou uitsluit van die politieke bestel. Vir hulle was hierdie segregasie die sement van die Unie. In die Kaap was daar diegene onder die wit elite wat minder seker oor die wysheid van die nuwe bedeling was en verskonend oor die nuwe toedrag van sake. 

Onze Jan Hofmeyr, Afrikaner van formaat, dui die rassisme van die vroeë-twintigste-eeuse Kaapse liberalisme goed aan: 

'I, however, hardly deserve their particular thanks, for … I did not think of their interests exclusively, but quite as much of those of my white fellow-South Africans. With a European population of only a million at the Southern extremity of a continent occupied by some two hundred millions, mostly barbarians and semi-barbarians, I cannot help feeling, whatever my own prejudices of colour and race may be, that the political and social security of white South Africa would be none the worse for retaining the goodwill of the five millions of coloured and aboriginal inhabitants, with whom we live interspersed and for reconciling them with our political institutions. When the political Union of all British South Africa shall have been fully established … it would be a bad day for the new Commonwealth if, in addition to protecting our Northern frontiers against the teeming millions of Darkest Africa, we had to be continually on our guard against a malcontented coloured and native population in our midst, outnumbering us by five or six to one.'

Maar aan die einde gee die Kaap die stryd gewonne en gee die geveg vir swart regte op om die oorheersende doelwit van 'n verenigde Suid-Afrika moontlik te maak in oorleg met die ander gebiede.

Die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het met die opening van die Parlement in November 1910, na 'n lang tydperk van onderhandeling tussen die vier selfregerende Britse kolonies in Suider-Afrika.

Hierdie is een van die min kere waar ek verwys na Wikipedia en doen net so omrede die spesifieke artikel die beste kort opsomming bied vir my doeleindes: 

The outline and foundation for the party was realized after the election of a 'South African party' in the 1910 South African general election under the leadership of Louis Botha. It was made up predominately of Afrikaner parties:

Het Volk from the Transvaal
Afrikaner Bond and South African Party from the Cape Colony
Orangia Unie from the Orange River Colony

Laat dit dan nie volgehou word die Afrikaner was nie betrokke in die bestuur van die land. 

Dana Snyman is goed en sy artikel bied geen oorsprong vir die wet nie, sekerlik om dit so algemeen bekend wat die oorsprong is, maar Politicsweb het onlangs 'n insiggewende artikel oor 1913 gehad onder die titel: The Natives' Land Act: Ten historical quotes en kan hier gevind word. 

En is dit veral John X Merriman, Engels, se waarskuwing wat gewig dra: 

In a speech on the second reading of the Bill, John X Merriman, the former Prime Minister of the Cape Colony warned:

As far as one section was concerned, the Bill was going to set up a sort of pale- that there was going to be a sort of kraal in which all the natives were to be driven, and they were to be left to develop on their own lines. To allow them to go on their own lines was merely to drive them back into barbarism; their own lines meant barbarous lines; their own lines were cruel lines...

A policy more foredoomed to failure in South Africa could not be initiated. It was a policy that would keep South Africa back, perhaps for ever. What would be the effect of driving these civilized Natives back into reserves? At the present time, every civilized man - if they treated him properly - every civilized man was becoming an owner of land outside native reserve, and therefore he was an asset of strength to the country. He was a loyalist. He was not going to risk losing his property. He was on the side of the European.

If they drove these people back into reserves they became our bitterest enemies. Therefore, he viewed anything that tended that way with the gravest suspicion. Again, in this Bill there was not sufficient distinction between those Natives who tried to educate themselves and the ordinary raw barbarian. They were all classed under the word "Native".
...
In the Free State the people had most excellent laws from their point of view for keeping out the Natives - stringent, Draconian, and violent laws, but they were not carried out, and the Natives had flooded the country.

All they wanted to do was to turn the Native from a tenant to a labour tenant, and then salvation would be at hand. He could not see very much difference between the two, except that one was a contented advancing man and the other a discontented man approaching very closely to the Russian serf - he was a soul. -  John X Merriman, MP for Victoria West, in the debate on the second reading of the Bill, House of Assembly, Hansard, May 15 1913

Hopelik sal hierdie gesprek in die toekoms ingelig en met nuanse benader word. 

Baie dankie

Wouter

  • 7

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Ellelange aanhalings, maar nie 'n enkele een wat uitwys dat een van die hoofredes vir die 1913-wetgewing was die grootskaalse wyse waarop grond wat deur swartes beset en besit was, deur wittes oorgeneem is - blykbaar soms sonder om te "koop'.  Dus is wittes verbied om grond te besit in die vasgestelde gebiede. En daardie grond is uitgebrei in 36.

     
    Ja, maar dit was maar net 13% van die grond, sal Wouter net uit die linkerkant van sy mond skreeu. Almiskie, maar dit was by die 50% van die vrugbaarste deel van die land met van die hoogste reënval. Dat groot dele daarvan toe reeds oorbewei was, was nie wittes se skuld nie.
     
    Dus: Wouter se moe..... Ons Afrikaners net niks om oor skuldig te voel nie.
  • Wouter met groot waardering vir hierdie studie..

    Die kernkwessie MARKKRAG waaroor die hele ABO grondroof en  1913 staatstigting en gevolglike rassisme gegaan het tot vandag toe was NIE vir politieke selfbeskikking of ander maatskaplike redes nie maar dit het primêr gegaan oor die beskikbaarstelling van goedkoop swart arbeid vir die nuwe verowerde myne .
     
    Alles het gegaan oor goedkoop arbeid. -  die res was slegs die werkswyse / die strategie  ter wille van die  industriele ambisie van die veroweraar en Koloniale eienaar.

    Ek glo dat die 1913 wet  so vanselfsprekend  so voor die hand liggend is dat mens maklik hierdie magtige markkrag as 'n gegewe vaste verwysing aanvaar. Dis egter 'n vals postulaat en Orania is besig met wetenskaplike oplossing daarvan  want almal se selfbeskikking hang van jou arbeid af.
     
    Ou Rooms gesegde:' The hand that rocks the cradle shall govern the world..." 
  • 1897 - White man's Africa deur  Poultney Bigelow (10 September 1855 – 28  Mei 1954) was 'n Amerikaanse Joernalis en skrywer. Hierdie boek maak  interessante leesstof in hierdie verband.

    Frontier War deur Noel Mostert sê dat Die Engelse, die Boere gekritiseer het met saam blyery en die verbroedering. Hulle kon nie verstaan hoe die "kaffir" / "barbare" (swart werkers) saam in een huis bly nie. Swartes in tradisionele klere mag nie in Grahamstad rond loop nie en moes "behoorlik geklee" wees as hulle in die dorp kom. Toe raak die "Barbaarse Boere" (Afrikaner) ook grênd nes die Engelse. Die Engelse het die boere mooi geleer met die apartheid ding.
     
    Mense wonder net hoe sou die "landskap" daarna uitgesien het sonder die engelse.
  • My vorige gedagtes is nie geplaas nie. 

    In die tyds konteks was die uitsluitlike doel van die 1913 wet die oprigting van 'n stabiele arbeidsmag vir die verowerde myne  ten einde die 'wantoestande'  waaroor die ABO aangevoer is naamlik die sogenaamde gewaande "Uitlander kwessie".reg te stel.

    Koud klinies en sinies het die Gewapende Rowers geweet dat die wittes sal sorg vir goedkoop arbeid vir hul myne. Daarom was hulle afhanklik van die Boere se samewerking soos enige trekos of slawedrywer.
     
    Die primêre doel van 1913 wet was suiwer industriele redes - al die ander menslikheids en kulturele redes was van absoluut geen belang vir die Mynbase nie.  Die swartes weet dit vir donkiejare al en haat hierdie onmenslikheid mynbase  passievol. 
     
    Die Boere-Afrikaners was die witboortjie slawe van die mynbase.
     
     
  • Etienne Marais

    Let ook op die 1797 'land act', dieselfde jaar wat Earl McCartney die paswette ingestel het :The first pass laws in South Africa were introduced on 27 June 1797 by the Earl Macartney in an attempt to exclude all natives from the Cape Colony.[1] They were designed to regulate movement of black Africans in white urban areas. Outside designated "homelands", black South Africans had to carry passbooks ("dom pas", literally meaning dumb pass) at all times in order to prove they were authorized to live or move in "White" South Africa.[2] -- Wikipedia

    Blykbaar was daar al in 1685 'n wet wat inter-ras huwelik verbied het (http://www.bbc.co.uk/worldservice/specials/1624_story_of_africa/page27.shtml) alhowel ek onder die indruk was dat inter-ras huwelik wettig was onder VOC beheer. Ek kry sovêr egter geen bronne vir die 1685 wet nie.

  • Hello, 

     
    Baie dankie vir die kommentare, beide die waarmee daar in ooreenstemming is asook Thys se wense aan my, van my moe..... en die wat op ander maniere die argument teenstaan. 
     
    Hierdie kommentare bevestig maar net weereens aan my hoe kompleks die argument is en dat daar 'n magdom strominge is  wat in berekening gebring moet word.
     
    Maar dit is die uitdaging. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
     
     
     
  • Hello, 

     
    Na die opdatering het daar 'n boodskap op gekom wat aangedui het dat die opdatering was onsuksesvol. 
    Verskoning dus indien my vorige opdatering herhaal maar het soos volg gegaan: 

    Baie dankie vir die kommentare en die aspekte uitgelig wat in eie reg verder ondersoek kan word tesame met alle strominge wat die tydperk kenmerk en sou ek graag die Cambridge History of South Africa Volume I tot my beskikking wou gehad het met die skrywe hiervan en het daarom grootliks staat gemaak op Volume II, net soos die kwessie van arbeid weens spasie ook dalk nie in groter detail beskryf is nie. 

    Beste wense aan Thys ook. 

    Baie dankie

    Wouter
      
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top