
Nuwe aanstellings is onlangs by kykNET gemaak. En nou lýk kykNET ook anders. Naomi Meyer het vir Maryke Allers gevra wat dit beteken.
![]() |
|
Tim du Plessis (Bron: Die Burger)
|
Hallo Maryke, dis groot nuus dat Tim du Plessis by kykNET aangesluit het, en hy is bekend vir sy betrokkenheid by nuussake. Sal sy aanstelling kykNET se inhoud beïnvloed?
Ons is baie opgewonde om Tim in ons span te verwelkom, waar hy vir Karen Meiring gaan bystaan met die ontwikkeling van kykNET se aktuele inhoud.
Ek sien ook kykNET het ’n nuwe uitsaai-identiteit. Wat beteken dit?
Dit beteken die voorkoms van die kanaal op lug is verander en verfris. kykNET streef om voortdurend op dreef te bly met nuwe giere, en met die nuwe identiteit poog ons om die kyker se kyk-ervaring te verbeter. Die nuwe identiteit is baie vars en vang die oog – ons is baie trots op hoe ons kanaal lyk!
Dié nuwe identiteit beteken dat die programgenres nou met ’n unieke kleurpalet verbind is. Watter genres is daar op kykNET, aan watter kleure is elke onderskeie genre verbind en ressorteer alles saam onder een sambreel op een kanaal (kykNET)?
Die genres is:
- Aktualiteit
- Nuus
- Drama
- Realiteit
- Sepie
- Komedie
- Familie
- Leefstyl
- Gesels
- Jeugdrama
- Films
- Dokumentêr
- Natuur
- Sport
- Godsdiens
- Musiek
- Vermaak.

Kyk gerus na die “style guide” by onderstaande skakel.
Al hier genres word onder die kykNET-vaandel geïnkorporeer.
Daar is nie ’n ander manier om tussen kanale te wissel waarvan kykers met DStv-dekodeerders moet kennis neem nie. Hierdie nuwe identiteit is van toepassing op kykNET alleen.
Na watter nuwe programme kan kykers in die nabye toekoms uitsien?
Ons het ’n verskeidenheid opwindende programme vir hierdie jaar. Die grotes is:
- Pandjieswinkelstories: TX 15 Julie @ 20:00
- Die Nataniël Tafel (nuwe seisoen): TX 15 Julie @ 19:30
- Munisipaliteit van Gwarra Gwarra: 7 Julie @ 20:00
- Republiek van Zoid Afrika: 10 Julie @ 21:00
- Debra Deel
- Jan Braai
- Boer Soek ’n Vrou S7: TX 25 Sept @ 20:00
- Nege Maande: TX 7 Aug @ 20:00.



