As Varkspek geweet het waaroor die medikasie vir skisofrenie en soortgelyke psigoses gaan, selfs die tweede generasie atipiese antipsigotiese kalmeermiddels, sou hy hopelik nie sulke misleidende snert kwytraak, nie.
Die medikasie is onderdrukkers en het potensieel geweldig negatiewe newe-effekte want hulle probeer die natuurlike sekere neurochemiese balanse verminder of blokkeer, wat tot gevolg het dat die liggaam mettertyd net nog meer neurochemikalieë, soos dopamien, vervaardig, om die kunsmatige ingreep van die 'kalmeermiddel' teen te gaan. Meeste van die medikasie is onnatuurlike sintetiese verbindings en samestellings. Dan is daar ook die gevaar van merkbare senuwee versteurings, verminderde lewensverwagting, onbeheerste motoriese aktiwiteit, verminderende breinselle, pankreatitis, vermindering in witbloedselle, verhoogde risiko van hartsiektes, melkvorming en vergrote borste (ook by mans), suikersiekte, en relapse wat selfs erger psigose meebring as voor die behandeling begin, het (waarskynlik as gevolg van die selle wat al meer en meer teenreaktiewe neurochemikalieë vervaardig en vrystel om die effek van die medikasie te probeer teenwerk), hewige vermindering van nadenkendheid en motivering, met gepaardgaande bedruktheid, ens. Baie van hierdie newe-effekte kan sommer opmerklik, totdat dit gevorderd is, nie.
Veral die twee gesaghebbende sekulêre WHO studies toon dat in ontwikkelende lande, waar daar minder medikasie beskikbaar is, is die langtermyn prognose vir skisofrenie pasiënte baie beter as in die Eerstewêreldse lande, waar pasiënte met gereelde medikasie behandel word – dit het baie wind uit die pro-medikasie aansprake groep, se seile gehaal en is ook belangrik vir wat ek meen, die werklike oorsaak van daardie tipe psigose, is.
Kom ons laat staan my eie waarnemings uit ervaring - Prof John Nash, ’n onbevooroordeelde objektiewe voorbeeld, het reggekom nadat hy die medikasie gestaak het want hy het die spulletjie vir homself uitgeredeneer. Hy steeds die simptome (persoonlikhede) gehad, maar dit het hom nie meer gekniehalter nie, want hy het dit in die perspektief geëien waarin dit hoort - ’n persoonlike aanhangsel (demonisering). Die interessante is dat die simptome ('teenwoordigheid' van die persoonlikhede) al minder en minder geword het, omdat dit nie meer enige houvas of beheer oor hom kon vestig nie – juis sónder medikasie.
Die een studie toon dat die onttrekking van medikasie sy skisofrene juis ’n 'rapid onset psychosis' veroorsaak, maar as newe-effek van die medikasie en nié as gevolg van die onderliggende psigose, nie. Dit wil sê, die medikasie is gewoontevormend. En dus uiters gevaarlik. En daarmee tuimel varkspek se onkundige en ondeurdagte verwyt, oor die skisofreen wat hy sou ken, deur die mat. Die probleem was nie die onderliggende psigose nie, maar die newe-effek van die medikasie.
Die Guardian rapporteer ’n gevallestudie en die volgende word gesê "And now London NHS psychiatrist, Joanna Moncrieff, has similarly endeavoured to expose the "myth" of antipsychotics. Whereas Moncrieff has already highlighted antidepressant non-effectiveness, it is her research on antipsychotics that is more shocking. The evidence shows, she says, that antipsychotics not only do not work long-term they also cause brain damage - a fact which is being "fatally" overlooked. Plus, because of a cocktail of vicious side-effects, antipsychotics almost triple a person's risk of dying prematurely.
Moncrieff particularly strikes out at her own profession, psychiatry, claiming it is ignoring the negative evidence for antipsychotics. In her book, The Myth of the Chemical Cure, Moncrieff argues, effectively, that psychiatry is guilty of gross scientific misconduct.
Having examined decades of clinical trials, Moncrieff's first point is that once variables such as placebo and drug withdrawal effects are accounted for, there is no concrete evidence for antipsychotic long-term effectiveness. This is a radically different interpretation of the meta-analyses and trials Nice used to arrive at its opposite conclusion. But Moncrieff is confident her scrutiny of the evidence is valid.
At the heart of years of dissent against psychiatry through the ages has been its use of drugs, particularly antipsychotics, to treat distress. Do such drugs actually target any "psychiatric condition"? Or are they chemical control—a socially-useful reduction of the paranoid, deluded, distressed, bizarre and odd into semi-vegetative zombies?
…
For example, a US study last year in the Journal of Nervous and Mental Disease reported that people diagnosed with schizophrenia and not taking antipsychotics are more likely to recover than those on the drugs."
Die mees belangrike konsekwensie van Nash se ervaring, asook die gemelde bevindings van die WHO se studies, is dat dit die teorie bevestig dat die oorsaak van psigose, nie chemies is, nie, maar spiritueel. Daarom help chemiese behandeling nie en doen eventueel meer skade as goed. As dit suiwer chemies was, sou die kandidate dit nie sonder medikasie kon oorkom, nie en sou medikasie die toestand kom genees, wat hoegenaamd nie gebeur nie.
Dus, die ervaring daarvan (die psigose), nie die oorsaak (spiritueel) nie, waar die spirituele in die chemiese fisiologie moet manifesteer, word onderdruk. Dit is soos om in ’n fliek iemand te oë toe te druk, sodat hy nie die fliek sien nie, maar die fliek speel steeds af. Die fliek is die realiteit, die toegedrukte oë, die kunsmatige ingreep om die ervaring van die realiteit (fliek) te probeer onderdruk. Die oë is en veroorsaak nie die fliek, nie (nes die brein ook nie die spirituele ervaring is of veroorsaak nie), die oë is maar net die sintuie (soos die brein die orgaan is) waar die ligenergie golwe, deur die fliek gegenereer (soos die spirituele energie), fisiologies in die oog manifesteer tot iets herkenbaar vir die fisiologiese mens (soos spirituele energie in die brein).
Daarom sal gebed help, en help dit ook dikwels vir die onbevooroordeelde, want dit spreek die oorsaak aan en probeer nie net die fisiologiese manifestasie van die oorsaak onderdruk, nie.
Die enigste ervaring van Leon, wat nie vir hom ’n nagmerrie is nie, is die 'Michelle' psigotiese persoonlikheid wat uit die spirituele realm manifesteer. Wat baie duidelik is sovêr, is dat hy daardie 'persoonlikheid' as ’n leidende en moederlike figuur sien (juis weg van die vieslike erotiese seks waaraan hy onderwerp is, af weg) omdat daar geen mens is wat daardie liefdevolle, begripvolle en ondersteunende rol vir hom vervul, nie - hierdie 'persoonlikheid' voel hy, gee hom leiding (hy is emosioneel nog baie belemmerd en onvolwasse) en belangrikste van alles - deernis en liefde, wat hy by sy medemens nie kry, nie. Kyk byvoorbeeld na die reaksie van die meeste mense op hierdie forum...
Wat ook duidelik is, is dat Leon van God weet, maar nie ken, nie. Sodra hy die HERE ontmoet vir wie God is, sal die psigotiese 'persoonlikheid' van 'Michelle' eenvoudig mettertyd verdwyn is disfunksioneel. Intussen is dit die dienaars van die HERE wat hom in die liefde, leiding en bystand moet bystaan wat hy by sy psigotiese 'Michelle' soek en hom so na die HERE lei.
Leon het nie die verdere negatiwiteit en afbrekende betrokkenheid van die agnostici nodig nie - stel jou voor - die beste raad wat hulle vir hom het, is om in sy nagmerrie voort te lewe - sien byvoorbeeld die onnadenkende Perdebytjie se 'raad', Jaco se uitskellery in die kommentare tot Leon se briewe en Varkspek se eie stel van bevooroordeelde krukke wat sake net mettertyd sal vererger.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus,
Jou verwaande veronderstelling omtrent Leon se kliniese toestand is absurd ... nie eens die groenste of mees ervare kliniese en/of mediese kundige sal jou parakundige diagnose sommer so goedsmoeds waag nie (en dit nogals op grond van net twee briewe) ... hel, waartoe gaan jou sprituele intelligensie (die stemme in jou kop) jou nog dryf?... ja, en dan kom jy boonop met geloofsgenesing vorendag (nes 'n Jehovasgetuie wat bloedoortappings om lewe en dood verwerp) ... Kobus, jy's lankal vervelig verby - selfs jou "swart gat" humor val verby ... wat van 'n bietjie ketel stook oor die groot "Uhmmmm" hierdie Deser (as jy weet waarvan ek tik)? ... of is jy reeds te diep weggevoer met al die geraas in jou kop?
Jou amigo in Adam,
Ekke
Hoekom het (en kan) ons niks beter as dit wat jy hierbo doen, van jou verwag nie, Cornelius? Ons weet mos hoekom...
Kobus,
Kobus ek stem saam wat jy hierbo sê, en die groot vraag is ook ter aansluiting by bogenoemde of n’ wedergebore Christen wat sy siel en gees in ten volle oorgawe aan Jesus Christus onderwerp het , ook aan psigoses en skisofrenie kan ly? Kan n’ Heilige Gees vervulde mens en die siektes binne in een mens teenwoordig wees?Dieselfde vraag kan ook natuurlik gevra word oor mense wat aan Bipolêre, Post traumatiese stress en erge Depressie ly.
Cornelius aan die anderkant glo natuurlik glad nie dat ons Groot Geneser Jesus Christus is nie.
Groete
Henry
Henry,
Nee, ek glo onomwonde dat die Heilige Gees en die Woord wat by die ware gelowige woning maak (Johannes 14:23), nie woning deel met psigoses soos die wat jy noem, nie Dit is juis waarom Geestelike berading en volgehoue intersessie gebede so belangrik is en dit werk beslis.
Die lyer moet egter saamwerk en bereid wees om op die HERE te vertrou (Psalm 9:11) - die HERE is na alles die Verlosser en Groot Geneesheer, soos jy tereg sê. Die mens moet egter bereid wees om die geskenk van genesing in nederigheid te ontvang (Openbaring 3:20-21). Die HERE is volkome - 'n agterdeur vir medikasie herlei uiteindelik na wantroue in die HERE se vermoë om te verlos. Daarom is die ondersteuning in gebed en berading so nodig, sodat dei lyer mettertyd by die plek kom waar hy die HERE vertrou.
Groete,
Kobus de Klerk
Asb kan julle saam met my bid vir my Seun Coenie hy is 31 en ly aan Skitsofrenie. Dankie Mariana