Medikasie vir Leon se toestand

  • 1

Die beste wat ek vir jou kan aanbeveel is om by ’n psigiater die regte medikasie te kry. Daar is deesdae uitstekende middels vir alle soorte psigiatriese toestande.

De Klerk wil hom nou weer verbeel hy is ’n deskundige, maar ek waarsku jou dis gevaarlik om na sy raad te luister. ’n Biddery gaan nie ’n psigose verbeter nie.

Ek is glad nie oortuig dat jou toestand skisofrenie is, soos De Klerk beweer nie. Om vroueklere aan te trek, as dit jou laat gelukkig voel, is seker nie die ergste ding om te doen nie, maar doen dit net by mense wat jy ken en vertrou. Die hoor van stemme kan ook deur ander toestande teweeg gebring word.

Waar ek gewerk het, was ’n kollega ’n bekende skisofreen. Sy toestand is goed beheer met medikasie, maar op ’n dag besluit hy hy gaan die medikasie stop en deur gebed genees word. Nodeloos om te sê, binne ’n kort tydjie moes hy weer hospitaal-toe.

Groete,

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Varkspek

    LitNet se medikus-cum-predikant-cum-psigiater-cum-regsman gaan jou braai oor jou ongevoelige ateistiese raad.Blykbaar mag ateiste niemand van raad bedien nie.Op die dorpsplein wag daar 'n brandstapel.Wees gewaarsku!

    Perdebytjie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top