LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar.
Izak de Vries antwoord:

Ek is baie amper klaar met Jacques Pauw se uitstekende boek The president’s keepers (Tafelberg).

Direk daaronder lê Joyce Kotzè se The runaway horses (Jonathan Ball).

Daarna wil ek vanjaar se US Woordfeesbundel se kortverhale takel (Wys, uitgegee deur die US Woordfees en geborg deur Du Toitskloof Wyne.) Dit lê al sedert Maart en wag!

