Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 0

Soms is rolmodelle positief
ander rolmodelle neig meer negatief
Martha was my kinders se bediende
soms was sy egter ook versiende

my baba het aan hoesstroop verstik
ek was as nuwe ma skoon verskrik
Martha het my te hulp gesnel
"gee hom" het sy benoud geprewel

langbeen het sy op die mat gaan sit
my gelaat was sommer bleekwit
sy het die baba onderstebo gedop
hy het hardop begin huil en skop

ek het die apteek gebel en gekla
die apteker sê toe jy mag maar pla
ek moes die hoesstroop eers verdun
dit maak toe vir my baie meer sin

Martha was ook my tweede ma
die een by wie ek kon raad vra
sy was ’n gelowige Xhosa-vrou
haar gunstelingkleur was blou

sy kon my soms baie kwaad maak
betroubaar egter as dit die kinders raak
as ons die kinders wou tug
het sy haar mening hardop gelug

sy het die huis vinnig ingestorm
die kind wat huil troostend omarm
by haar was die kinders tuis
lekker veilig by hul eie huis

Martha het later ’n kêrel gekry
die man het naweke kom vry
die twee het die arm begin lig
dan spreek ek haar aan, dit was my plig  

Martha was deel van die familie
vertroud met al die tradisie
by ons was haar naam groot
sy was enig in haar soort

die kinders onthou haar naam
in hul harte dra hulle haar saam
elke kind kort ’n rolmodel
wat hul harte soms laat swel

sy kon saam op die mat speel
heeldag in al hul lief en leed deel
Mamma en Pappa se plekke volstaan
wanneer hulle werk toe moes gaan

Martha was ’n regte planmaker
ook die gesin se staatmaker
sy bly ons vroueheld
sy het glad nie geglo aan geweld

een nag in haar dronkenskap onteer
’n jeugbende wou haar ’n les leer
my hart was skoon seer
wreed aangerand en erg beseer

dit het weke geneem voor sy ontdooi
as ek daaraan dink sien ek steeds rooi
Martha se lewenslus was geblus
sy was selde daarna vir iets lus

skielik was sy oud en broos
teen ses was sy immers weerloos
die insident het by haar gespook
sy het spirits gedrink en meer gerook

ek wou Martha help dat haar lig weer skyn
sy het voor my oë stadig weggekwyn
Martha was nooit ’n snobis
met tye egter ’n alkoholis

Martha het sestien jaar by my gewerk
haar gesondheid was goed, en sterk
Martha het die kinders bederf
sy het baie, baie geduld geërf

Martha was my steunpilaar
wanneer die lewe oorlog verklaar
sonder haar was ek verlore
oud word was haar nie beskore

Martha het later vigs gekry
van die man wat by haar bly
my hart was baie seer
ek kon die trane nie meer keer

die dag toe Martha wou aftree
wou ek heeldag daaroor skree
sy het egter die rus verdien
sestig het sy reeds lankal gesien.

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top