Vir Piet van Rooyen, die digter van Kwansuis

  • 0

Piet van Rooyen se jongste digbundel Kwansuis bevat aangrypende mooi verse.

In "bitterlik beroemd" (p. 66) word onder meer Plath se dood beskryf (sy had ʼn seun en dogter; nie seuns nie!) en Anne Stevenson se biografie Bitter Fame geaktiveer. Frieda, die dogter, het later ’n bundel gepubliseer en die seun is Nicholas.

Sylvia Plath is immers iemand oor wie daar verskillende biografiese studies geskryf is. Aanvanklik was sy die slagoffer en Ted Hughes die booswig in die verhaal. Maar soos die tyd aangestap het en danksy Birthday Letters kry die leser ’n komplekser weergawe van ’n vertroebelde verhouding.

In hierdie verband is Janet Malcolm se The Silent Woman ’n insigryke biografie omdat daar verskillende weergawes van Plath is, afhangend van die persoon of ideologiese standpunt waaruit sy beskou word.

Piet van Rooyen se slot is dus reg. Die biograaf moet besluit wat behou word.

– Joan Hambidge

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top